Sunday 22 March 2015

Wildsvleis vir ete...

'n Sondagmiddagmiddagete - rol af tot aan die einde van die bladsy.

Ice Cream is good for the soul sometimes...


Read more about ice cream and a child's prayer...

Saturday 21 March 2015

Sunday 15 March 2015

Saturday 14 March 2015

We need to love God!


"No, God does not need us to love Him.
But oh, how we need to love God!
For what we love determines what we seek.
What we seek determines what we think and do.
What we think and do determines who we are -
and who we will become."

[Dieter F. Uchtdorf, "The Love of God"]

Sunday 8 March 2015

Dié pos het my gekies ...

Hoe het ek in hierdie pos beland?
Schalk Pienaar in die kantoor met 'n basaar!!


Ons het in Julie 1958 in Dutoitspan-gemeente ingetrek. Nie lank daarna nie, het ds. Smit na Kaapstad as argivaris na Kaapstad vertrek. Ds. WJ Steenkamp het hom as predikant opgevolg toe hy die beroep na Dutoitspan-gemeente aanvaar het. Hy het van Olifantshoek af gekom. en het sy intreepreek op 5 Februarie 1960 gegee - my verjaardagdatum!!

Die kassier op daardie stadium was mnr. Andries Combrinck. Hy was kassier van 1957 tot 1960. Hy word skielik verplaas en mnr. Saly Beukes neem as kassier oor. Ongelukkig kon hy net 'n paar maande aangaan, tot Junie 1961, toe hy ook verplaas word. Die skriba- en kassierwerk is deeltyds gedoen deur werkende persone, sodat die kerk nie 'n salaris aan die persone hoef te betaal nie. Hulle het slegs 'n honorarium gekry. Dutoitspan was nog nooit 'n ryk gemeente nie en moes in die verlede, net soos nou, sy sente omdraai om al die gate toe te stop.

Ds. Steenkamp het my genader en gevra of ek bereid is om oor te neem as kassier, aangesien ek op daardie stadium die enigste een in die gemeente is, wat 'n boekhouer was. Vir elke verskoning wat ek gemaak het, het hy 'n oplossing gehad. Op die ou end is ek sedert Julie 1961 in die pos aangestel en moes ek myself leer wat aangaan. My salaris was vir baie lank R15,00 (7 Pond 10) 'n maand, maar ek het dié werk met groot liefde gedoen.

Op daardie stadium was mnr. Piet Labuschangné, 'n onderwyser van beroep, die skriba van Augustus 1955. Na sy dood, het ek ook dié werkie gedoen. Tot en met 2011 was ek die skriba-kassier en het saam met verskeie predikante saamgewerk. Elmie Bean het by my oorgeneem as skriba.

As ek vandag terugkyk oor 'n leeftyd van diens, dan besef ek dat alles net genade is. Na 54 jaar is ek nog steeds in diens van die Dutoitspan-kerk.

Saturday 7 March 2015

Die Google-toets

Die uitslag!
Sommige webwerwe en blogs is nie verbruikersvriendelik nie. Dutoitspan Kimberley is vandag getoets en die uitslag is duidelik - hierdie blog is verbruikersvriendelik!

Lees en geniet die gebeure in en om die gemeente, van toeka tot nou!!

Foto's uit die eeufeesalbum van die gemeente van 1972

Schalk en Jane Pienaar, saam met hulle kinders, Alda en Ronell. Op daardie stadium was Schalk die leierdiaken en hy het ook in beheer van die optog van sierwaens gestaan, terwyl Jane vir baie van die blommeruikers verantwoordelik was, saam met mev. Wagner.

Geniet foto's uit die vergete album.

Wednesday 4 March 2015