Showing posts with label Hebreërs. Show all posts
Showing posts with label Hebreërs. Show all posts

Wednesday, 3 June 2026

Mossiestilte: Heb. 1:9 en 10

U het u geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God, U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle; 
en: 
U, o Here het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande.

In die begin het God die aarde met sy woord geskep, die Skepper, Elohim, en Elohim, onderhou ook die skepping en herstel dit.
Hy word deur God gesalf met vars vreugde-olie bo sy metgeselle, want God het die geregtigheid lief.
God het jou geskep na sy beeld en sy gelykenis en sy Gees in jou ingeblaas.
Sy Seun se troon is tot in ewigheid en so ook joune, omdat Christus jou gereinig en geheilig het deur sy bloed.

O Here, in die begin het U die aarde gegrondves en die hemele is die werke van u hande en u woord. Omdat ek vlees en bloed deelagtig geword het, het U dit ook deelagtig geword en deur die dood het U hom tot niet gemaak, wat mag oor die dood het (vers 14). U het my kom bevry wat vrees vir die dood gehad het (vers 15). U het self versoeking gelei, sodat U my kon help wat versoek word (vers18). Amen

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Monday, 30 March 2026

Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...

MAG die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape , naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het, julle volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur in julle te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid toekom tot in alle ewigheid! Amen.

Hebreërs 13:20-21

Sunday, 28 December 2025

Mossiestilte: Heb. 13:5&6

Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my 'n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal 'n mens aan my doen?
Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het: Want Hy hy gesê: Ek sal julle nooit begewe nie en jou nooit verlaat nie.

Vandag het Jesus reeds vir jou die gawe van lewe gegee om vooruit te loop, maar sy oog sal jou beskerm.
Moenie rondgeslinger word deur allerhande en vreemde leringe nie; want dit is goed dat die hart versterk word deur genade, nie deur voedsel nie, waarvan die wat daarin gewandel het geen voordeel gehad het nie. (vers 9)

Here, maak my hart sterk en onwankelbaar vanoggend, en nie vatbaar vir allerhande ander leringe as wat U my leer nie. Laat ek gedurig aan U 'n lofoffer bring, dit is die vrug van my lippe wat U Naam bely (vers 15). 
Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Wednesday, 12 November 2025

Mossiestilte: Heb. 13:21

julle volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur in julle te werk wat welbehaaglik is in Hom deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid toekom tot in alle ewigheid! Amen

God wil jou volmaak tot die beste, in goeie werke wat jy kan dien. 
Vader het jou uitgekies, om in sy wil te wees in elke goeie werk.
Hy sal in jou werk, en laat doen wat welbehaaglik is vir Hom deur sy Seun, Jesus Christus.
Hy sal groter dade deur jou doen as wat Hy self gedoen het, soos Hy gespreek het. 

Dankie, Here, dat U my uitverkies het, iets wat ek nie verdien het nie. U het my egter kom haal uit my sondige natuur en met barmhartigheid beklee met u geregtigheid. U het my sodanig herstel, dat ek nou U werktuig is om goeie werke te doen wat U welbehaaglik is. Aan U, Jesus, kom toe die eer en heerlikheid, tot in alle ewigheid. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Sunday, 24 August 2025

Mossiestilte: Heb. 1:9

U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle;

Hier moet biejie dieper gekyk word, of ons verloor die draad; "o God, u God U gesalf ..."
Een van die aannames wat veral die Moslems deurmekaar maak en kwaadwillig laat stry met Christene deur te sê: Jesus is nie God nie. 
Daar is net een God - maar drie-enig; Jesus is God, die Seun van God en die God die Vader, Vader van Jesus, sy Woord; Die Heilige Gees is God se Gees teenwoordig in ons harte. 
Selfs Dawid het dit gesien en gesê: My God het vir my God gesê ...
God wil jou ook met sy vars vreugde-olie salf vanoggend. 

Dankie, my Vader, dat U my vanoggend salf met u vars vreugde-olie. Ek is bly in die Heilige Gees. In my hart sal ek sing, om hulde te bring aan die Naam van Jesus my Heer. Amen. 

Lees gerus ook vers 8, en sien dit nou in die lig met die kennis wat jy nou besit. 

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Sunday, 11 May 2025

Mossiestilte: Heb. 1:7-10

En nou van sy engele sê Hy wel: Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme;
Maar van die Seun: U troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is 'n regverdige septer. 
U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het o God u God U gesalf met vars vreugde-olie bo u metgeselle;
en: U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is die werk van u hande.

Dis die Jesus, Seun van God, wat vir jou gesterf het om vir jou 'n plek te berei in Die Vader se tempel.
En Hy kom weer terug en kom jou haal, sodat jy by Hom kan wees.
Die engele van vuur staan reg om op die woord van die Vader, engele uit te stuur om vir jou te hulp snel en jou te bekragtig.
Jesus sê duidelik in Joh. 14 Moenie bekommerd wees nie, want Ek gaan om vir julle 'n plek te berei. En Ek kom weer terug en kom julle haal sodat julle kan wees waar ek is.
God die Vader laat jou nou op die nuwe en lewendige weg wandel wat Hy, vir jou ingewy het, deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees.

Vader deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, het U vir my die weg berei, 'n nuwe en lewendige weg wat U vir my ingewy het. (Heb. 10:20). Nou sing ek en juig ek in u voorhowe. deur die genade van Jesus Christus. Ek gee U al die ere. Amen.

Sunday, 26 January 2025

Mossiestilte: Heb. 11:1

Deur die geloof is Henog weggeneem om die dood nie te sien nie; en hy is nie gevind nie, omdat God hom weggeneem het; want voor sy wegneming het hy getuienis ontvang dat hy God behaag het.

Jou geloof is gebou op dinge wat jy nie kan sien nie.
Ons weet ook dat die wêreld deur God toeberei is deur sy woord, nie dinge wat ons kan sien nie, maar sy woord (vers 3) Ongelowiges en ateïste sal hieroor stry, maar geloof stry nie. Dis 'n vaste vetroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie (vers 1).
Jesus het keer op keer verwys na geloof, geloof wat red, of geloof wat te kort kom. Menige gelowiges is gedood oor hul geloof in Christus, sommige omdat hulle Jesus gesien het, met 'n verwagting op die ewige lewe en vergifnis van sonde. Ander omdat hulle glo wat hulle nie gesien het nie, maar met dieselfde verwagting en hoop.

Dankie Here vir die mate van geloof waarmee U my geseën het. Ek glo U is die Almagtige, alwetende God. Ek glo U woord het die skeppingswerk gedoen en U onderhou dit. Ek glo U Seun het vir my sondes met sy bloed betaal. Ek glo Jesus is die woord van God, wat by God is en in God is en lewendig geword en by ons kom woon het. Met my hart glo ek en met my mond bely en getuig ek, dat Christus die Here is en dat die bloed van die lam my oorwinning is. Mag ek U behaag deur die krag van Jesus. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Wednesday, 27 November 2024

Mossiestilte: Heb. 6:19-20

en ons het dit as 'n anker van die siel wat veilig en vas is en ingaan tot binnekant die voorhangsel 
waar Jesus as voorloper vir ons ingegaan het, Hy wat volgens die orde van Melgisédek 'n hoëpriester geword het vir ewig.

Die voorhangsel het van bo tot onder geskeur en die bloed van Jesus het vir ons 'n plek verseël, wat hoog en heilig is in die teenwoordigheid van God die Vader. Deur die bloed van Jesus het ons die reg om by God se voorhangsel in te gaan en tot in die voorportaal van God se koninkryk te mag staan. Ons sondige natuur is versoen, vir ewig, deur die Slagoffer, die Lam van God. 

Dankie ons hemelse Vader vir die redding van ons siele wat deur U bevestig is. Jesus het vir ons die weg berei en het vir ons 'n woonplek gaan berei volgens sy belofte. Aan ons is die Heilige Gees as pand gegee, met die belofte van Jesus, wat weer sal terugkeer en sy bruid kom haal. Dankie Vader, dat U my uitverkies het. Aan U kom toe al die lof en eer en aanbidding, in Jesus Naam. Amen

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]

Saturday, 5 January 2019