Showing posts with label Aftree-oord. Show all posts
Showing posts with label Aftree-oord. Show all posts

Wednesday, 20 August 2025

'n Moderne weergawe van Psalm 23 vir elkeen in die werkplek

PSALM 23 (AANGEPAS)

Die Here is my eintlike baas ek kom niks kort nie.
Hy maak my rustig, al is daar chaos rondom my.
Hy bring my by waters waar daar vrede is,
al woed die kantoorpolitiek rondom my.
Hy gee my telkens nuwe krag
wanneer die werklas en die verantwoordelikhede my wil oorweldig.

Wanneer die gevaarlike weë van korrupsie vir my wink,
lei Hy my tot sy eer op die regte pad.
Selfs al gaan ek deur die donker dieptes van

ontelbare e-posse, rekenaars en netwerke wat "oppak,"
die rugstekery van kollegas, bestuurders, begrotings en
'n moeë liggaam wat ek soggens uit die bed moet sleep,
sal ek nie bang wees nie, want U is met my.

In u hande is ek veilig.
U laat my by die feesmaal van u liefde aansit,
selfs al dreig die regering met verdere "regstellende aksie"
of al is daar praatjies van afskaling en afdankings in die maatskappy waarvoor ek werk.
U ontvang my soos 'n eregas
selfs al word ek telkens deur my bestuurders oor die hoof gesien.

Ek word oorlaai met u hartlikheid
al ontvang ek weinig erkenning vir my harde werk.
U goedheid en liefde is vir my meer werd,
as enige bonustjek, want dit sal my lewe lank by my bly.

Al is my mediese voordele en my pensioen maar skraps,
sal ek tot in lengte van dae by U tuis wees,
in die Ewige Aftree-oord wat U vir my beloof!

(Geleen HIER. Skrywer van aangepaste Psalm 23: Onbekend.)

* Lees Psalm 23 HIER

Wednesday, 9 July 2025

Moderne Psalm 23 vir almal wat werk

Die HERE is my eintlike Baas
Ek kom niks kort nie.
HY maak my rustig,
Al is daar chaos rondom my.
HY bring my by waters waar daar vrede is,
al woed die “situasies” rondom my.

HY gee my telkens nuwe krag
wanneer die werk/las en die
verantwoordelikhede my wil oorweldig.
Wanneer die gevaarlike weë van korrupsie vir my wink,
lei HY my tot SY eer op die regte pad.

Selfs al gaan ek deur die donker dieptes van
ontelbare e-posse, rekenaars en
netwerke wat ‘oppak’
die rugstekery van kollegas,
bestuurders, begrotings en persoonlike seer aangeleentheid,
‘n Moeë liggaam wat ek soggens
uit die bed moet sleep,
en wat skynbaar nie meer so
skerp is soos voorheen nie,
sal ek nie bang wees nie,
want U is met my
IN U HANDE IS EK VEILIG.

U laat my by die feesmaal van
U liefde aansit,
selfs al dreig die wêreld my
met die ekonomie
of wat ook al die situasie,
U ontvang my soos ’n eregas
selfs al word ek telkens oor
die hoof gesien deur medekollegas of selfs mense na aan my,
Ek word oorlaai met U hartlikheid
al ontvang ek weinig erkening
vir my harde werk
U goedheid en liefde is vir my meer werd,
as enige bonustjek,
want dit sal my lewe lank by my bly.

Al is my mediese voordele en
my pensioen maar skraps,
Sal ek tot in lengte van dae by U tuis wees,
IN DIE EWIGE AFTREE-OORD
WAT U VIR MY BELOOF.

[Geleen by Glo die Bybel - klik HIER]

* Lees Psalm 23 HIER