Showing posts with label Bederfoggend. Show all posts
Showing posts with label Bederfoggend. Show all posts

Sunday, 2 June 2024

Nuus van Ons Huis


Die inwoners van Ons Huis se dag is opgevrolik, korter gemaak en in 'n lag-Saterdag verander toe die Angels daar aangevlieg kom. Uit die sakke het ure en ure se handewerk te voorskyn gekom! Elke stekie is met liefde gebrei en gehekel. Hierdie maandelikse Saterdag-kuier is 'n omgee-uitreik wat die hoogtepunt in die maand vir baie inwoners is. 


Klik HIER om die res van die foto's te sien.
Foto's: Millie Mouton

Saturday, 16 September 2023

'n Heerlike lentefunksie

 






Klik HIER vir nog meer foto's.
[Fotograaf: Elsa Minne - baie dankie!]

Geniet die lentefunksie


Wednesday, 6 September 2023

Die meer volwasse gemeentelede van 60 jaar en ouer

'n Spesiale lekker lente-bederfoggend vir al die gemeentelede wat in die lente van hulle lewe is. Kom kuier oor 'n koppie koffie of tee, kom gesels oor die ou dae, diep staaltjies en stories van weleer op en kom giggel oor die guitighede van die jongere geslag.

Sien jou daar - onthou net om vroegtydig te bespreek. 

Friday, 1 September 2023

Lente 2023


Die eerste dag van 'n heerlike nuwe seisoen - lente - nie net in die natuur nie, maar ook in ons harte. Lente beteken meer sonlig, meer energie, meer lewenslus, warmer dae, plante wat uitloop en blom. Bome wat vrugte dra. Mag lente 2023 deursuur en vir ons gemeente geestelik ook `n tyd word van nuwe lewe, nuwe geleenthede en nuwe diensbaarheid in Sy Koninkryk - die nood rondom ons is groot ... die uitreikaksies daar ... die gewilliges ... nie altyd baie nie ... 

Mag ons elkeen deel wees van hierdie nuwe seisoen waarin die Lewendmakende Gees van God ons lewens sal laat bot sodat ons vrug kan dra!