Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie.
Galasiërs 5:22-23
Monday, 26 October 2026
Sunday, 25 October 2026
Evaueer jouself: Watter soort lidmaat is jy?
Presies 'n jaar terug het ons hierdie selfde vraag gestel. Het jy toe besluit watter soort lidmaat jy is? Het jy verander, verbeter of dieselfde gebly. Lees gerus weer deur die moontlikhede.
* Die kruiwa-tipe: nutteloos tensy iemand anders jou stoot.
* Die kano-tipe: jy moet gedurig geroei word voor jy beweeg.
* Die vlieër-tipe: aan 'n lyn vasgebind anders raak jy weg.
* Die voetbal-tipe: niemand weet watter kant toe jy gaan spring nie.
* Die ballon-tipe: vol wind en gereed om enige oomblik te ontplof.
* Die sleepwa-tipe: doen niks tensy jy getrek word nie.
* Die neonlig-tipe: nou aan die brand en dan weer dood.
Of: soos 'n betroubare horlosie: 'n Oop gesig. Suiwer goud. Altyd stilweg besig. En propvol goeie werke!

[Geleen]
Oesmaande: Oktober
Dankie aan elkeen wat gereeld produkte gee vir die oesmaande.
Saam maak ons 'n GROTER verskil!!
Hierdie is meer as net kospakkies, dit is ook pakkies van liefde en HOOP wat uitgedeel word.
Mossiestilte: Jos. 21:45
Geen woord van die goeie woorde wat die Here met die huis van Israel gespreek het, het onvervuld gebly nie; alles het uitgekom.
Jy kan versekerd bly in die woord van die Here wat Hy oor jou uitgespreek het.
Jy kan elke dag jou toekoms in die vrede en rus van God se woord bou.
Daar mag dalk uitdagings in jou lewe opduik maar God se woord verander nooit en bly jou versekering.
Net soos Josua, sal jy oorwinning op oorwinning kry, want jou vyand is verslaan.
Dankie Here, U het my van alle kante rus gegee net soos U aan my beloof het. Ek het die troue versekering dat elke woord en belofte van U, in vervulling in my lewe sal kom en ek sal nie op een van hulle uit mis nie. My vyand is reeds oorwin in Jesus Naam. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
Saturday, 24 October 2026
Huisgenotjies: Mike en Vandermerwe sit dikwels 'n glimlag op mense se gesig
* Mike kom die kroeg ingehardloop en skree vir Vandermerwe dat iemand nou net sy kar gesteel het.
Vandermerwe: "Het jy gesien wie dit gedoen het?"
Mike: "Nee, maar ek het gelukkig die registrasienommer gevat."
* Verlede jaar het ek een van daardie sonpanele laat installeer en vandag bel die kontrakteur my en gaan gal af oor hy dit al 'n jaar terug geïnstalleer het, maar nog geen betaling ontvang het nie.
Nou kyk, ek mag blond wees, maar ek is nie dof nie. Ek onthou woord vir woord wat die verkoopsman gesê het en ek herhaal dit toe ook vir die ou en sê: "Jou verkoopsman het gesê: 'Die panele is so cool hulle sal binne 'n jaar vir hulleself betaal.' Soooo, dis nou 'n jaar, dan moes hulle mos nou al klaar betaal het." Daar was net 'n doodse stilte aan die ander kant van die lyn - nie 'n woord of 'n asem nie, so toe sit ek maar die foon neer. Ek dink hy voel seker nou soos n idioot!

* Vandermerwe vermoed sy vrou het 'n skelmpie en besluit om haar nie te konfronteer nie, maar sommer drastiese stappe te neem. Hy vra vir 'n verplasing na 'n ander dorp, omtrent 900 km van waar hulle nou bly. Groot was sy verbasing dat die man wat hulle swembad by hul nuwe huis skoonmaak, dieselfde man is as by hulle ou huis. Dis wat hy nou goeie diens noem.
Friday, 23 October 2026
Terugblik: Jeug
Groot voorspoed aan almal van ons jeug met die eksamen. Ons hou vir elkeen styf duim vas. Veral ons matriekleerlinge wat reeds skryf. Ons skryf aan julle en bid vir julle almal.
Liewe SKJA-maats
In gelowige gebed kan jy jouself nou beskikbaar stel om te begin meewerk aan die uitbreiding van die Koninkryk van God.
Jy sal dit graag wil doen nie waar nie?
Doen dit nou en begin met die grootste taak van jou lewe.
* Dra sorg dat jou daaglikse lewenswandel voor alle mense 'n duidelike getuienis van die vernuwende genadewerk van God in jou lewe is, deur oomblik na oomblik deur die Gees te wandel.
* Bid elke dag vir die persone teenoor wie jy volgens jou plan van aksie wil getuig.
* Getuig teenoor hulle, moet nie wag totdat hulle na jou kom nie, want Jesus se opdrag is: Gaan!
* Moet nie die geleenthede om te kan getuig onnodig by jou laat verbygaan nie.
Verkondig Jesus, moet nie net mense kerk toe nooi nie en help ander om die lewe in Christus te vind.
Groete
Valerie Groenewald
[Uit: Dorstfontein NG Gemeente Dutoitspan Maandblad Oktober 1986]
Labels:
Dorstfontein,
Jeug,
Jongmense,
Maandblad,
Nuus,
SKJA-maats,
Terugblik,
Terugflits,
Valerie Groenewald
Thursday, 22 October 2026
Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 25 - Donderdag)
5.2.4 Die koninkryk is geregtigheid, vrede en vreugde (Die koninkryk: teenwoordig, nog nie voltooi)
Videotoeligting tot:
Klik HIER en kyk na die video.
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 5.2.4
Hoofstuk 5: Leef Verkondigend (kerygma)
Week 2: Die koninkryk: nou teenwoordig, nog nie voltooi nie.
Dag 4: Die koninkryk is geregtigheid, vrede en vreugde in die Heilige Gees - só lyk lewe onder God se heerskappy.
Lees: Rom. 14:13–19
Introspeksie – sou jy vrymoedig kon sê dat jou leefstyl nooit ander gelowiges se geloofsreis benadeel nie, maar eerder ondersteun?
Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.
Klik HIER.
Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Think about it: The secret
A marble cutter working on his knees was transforming a stone into a statue.
A preacher looking on said, "I wish I could deal such changing blows on stony hearts."
The craftsman replied, "You could, if you worked like me, upon your knees."
[Cincinatti Enquirer]
Wednesday, 21 October 2026
Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 25 - Woensdag)
Klik HIER en kyk na die video.
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 5.2.3
Hoofstuk 5: Leef Verkondigend (kerygma)
Week 2: Die koninkryk: nou teenwoordig, nog nie voltooi nie.
Dag 3: Die koninkryk groei stadig maar seker — God werk selfs wanneer ons dit nie raaksien nie.
Lees: Mat. 13:31–33
Waar en hoe sien jy tekens van die mosterdsaad-effek van God se koninkryk as jy na die gebrokenheid rondom jou kyk?
Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.
Klik HIER.
Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Mossiestilte: Rig. 13:17+18
Daarop vra Manoag die engel van die Here: Wat is u Naam, dat ons u kan vereer as u woord uitkom?
En die Engel van die Here sê vir hom: Waarom vra jy dan na my naam terwyl Hy Wonderbaar is?
Die Engel het geen verering vir homself toegelaat nie. Dis asof die engel nie kan verstaan, hoe kan die mens dit nie insien nie.
Ons wil so graag aansien verkry van die bonatuurlike en kragte van engele.
Mense aanbid engele. Niemand mag engele aanbid nie, hulle is dienende geeste, aan God afgesonder en hulle reageer slegs op God se bevel.
Liewe Here, aan U alleen bring ek my lofoffer en dankoffer. U is my God die Vader en ek kom na U deur u Seun. Die Heilige Gees lei my om te weet en te doen wat die Vader verlang.
Aan U alleen, bring ek my aanbidding en danksegging. Ek dank U, dat U, u engele opdrag gee om na my om te sien en my te versorg. Amen.

[Aangestuur]
Tuesday, 20 October 2026
Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 25 - Dinsdag)
5.2.2 Die koninkryk is kosbaar — dis die skat (Die koninkryk: teenwoordig, nog nie voltooi)
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 5.2.2
Hoofstuk 5: Leef Verkondigend (kerygma)
Week 2: Die koninkryk: nou teenwoordig, nog nie voltooi nie.
Dag 2: Die koninkryk is kosbaar — dis die skat wat alles werd is om te vind.
Lees: Mat. 13:44–46
Hoe sou jy vir iemand verduidelik waarom God se heerskappy in jou lewe meer waarde het as enigiets anders?
Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.
Klik HIER.
Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Mandjie Hoop: Wat is liefde?
Liefde is nie wat jy kan kry nie,
[Dankie, Rosetta, vir die deel!]
maar wat jy kan gee.
Liefde is nie wat ander vir jou kan doen nie,
maar wat jy vir ander kan doen.
Liefde is 'n glimlag, nie 'n frons nie.
Liefde is 'n drukkie, nie 'n klap in die gesig nie.
Liefde is om die sambreel vir iemand in die storm te wees
Liefde is 'n glimlag, nie 'n frons nie.
Liefde is 'n drukkie, nie 'n klap in die gesig nie.
Liefde is om die sambreel vir iemand in die storm te wees
en die reënboog na die storm.
Liefde is om iemand se trane af te vee,
Liefde is om iemand se trane af te vee,
nie dit te veroorsaak nie.
Liefde is om boek te hou van goeie tye,
Liefde is om boek te hou van goeie tye,
nie die slegte tye nie.
Liefde vergewe nog,
Liefde vergewe nog,
voor iemand jou seergemaak het.
Liefde maak van jou 'n ligtoring wat ander die rigting wys in die donker.
Liefde maak van jou 'n boom wat koelte gee vir die wat rus nodig het.
Liefde word nie gespreek nie, maar gewys.
Liefde kan genees, vertroos, versterk al het jy niks om iemand te bied nie.
Maar jy het die liefde wat geld nie kan koop nie, dan het jy alles.

Monday, 19 October 2026
Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 25 - Maandag)
5.2.1 Hoe mooi die voete van dié wat goeie nuus bring (Die koninkryk: teenwoordig, nog nie voltooi)
Videotoeligting tot:
Klik HIER en kyk na die video.
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 5.2.1
Hoofstuk 5: Leef Verkondigend (kerygma)
Week 2: Die koninkryk: nou teenwoordig, nog nie voltooi nie.
Dag 1: Hoe mooi is die voete van dié wat goeie nuus bring — God se vrede en heerskappy kom nader.
Lees: Jes. 52:5–10
Hoe verstaan jy jou roeping as ʼn gestuurde wat moet getuig van God se Koningsheerskappy?
Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.
Klik HIER.
Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...
in DANKBAARHEID,
en jou siel in HOOP!
Mag jy die Here se GENADE
vandag oorvloedig ervaar.
Sunday, 18 October 2026
Mossiestilte: 1 Pet. 5:8
Wees nugter en waaksaam; want julle teestander die duiwel loop rond soos 'n brullende leeu en soek wie hy kan verslind
Dag en nag soek die duiwel jou siel om dit van Christus af te neem.
Satan wil jou bevrees maak met wêreldoorloë, siektes (virusse), kankers, ens.
Wees nugter want jou genesing het jy aan die kruis gekry toe Jesus daarvoor betaal het.
Jou geregtigheid het jy aan die kruis gekry toe Jesus al jou ongeregtighede weggeneem het my sy geregtigheid in die Vader.
Aan die kruis het jy genesing gekry.
Daar het jy verlossing gekry van jou sondes.
Daar is jy herstel tot seunskap in die Almagtige Vader.
Die Heilige Gees gee jou die denke en wysheid van die Vader. Die Heilige Gees weet presies hoe die Vader aanbid moet word.
Dankie Vader, dat ek nou deur genade nader aan U kan kom, tot in die allerhoogste. Ons sit in allerhoogste plekke saam met God. Jesus, ek bid dat ek deur u wysheid, die geloof sal hê om myself met U gelyk te stel. Niks kan my aanraak nie, elke woord teen my, word in die Vader se hand vergruis en het geen gevaar nie. Ek is genees, en ek is vol goddelike wysheid. U Heilige Gees gee aan my die oorwinning om op water te loop. Net hy, wat genoeg olie saambring, kan die bruilofsfees bywoon. Koop nou en koop genoeg ekstra olie in gebed, by die voete van Jesus. Amen.
[Aangestuur]
Saturday, 17 October 2026
Kerkgenotjies: Mike, Kallie en Vandermerwe
* Vandermerwe se buurman is sommer 'n spoggerige man. Hy spog op 'n daaglikse basis oor dinge wat hy het wat sy buurman nie het nie. Die laaste keer het hy oor sy "slim huis" gespog. Die tegnologie gebruik hy tot sy voordeel en al hierdie gespoggery gee vir Vandermerwe sommer 'n pyn.
Wel, vandag is hy reg vir sy buurman. Voordat sy buurman sy mond oopmaak, gaan hy hom vertel dat sy huis nog altyd slim is. Dit weet presies wanneer dit betaaldag is, want dan breek al die goed gelyk in die huis.
* Mike kla by Kallie dat sy beursie net soos 'n ui is. Elke keer as hy die ding oopmaak, begin sy oë traan.
* Mike weet sommer met die eerste koppie koffie of sy Maandag blou gaan wees of nie.
As hy die eerste sluk vat en die koffie sê: Jammer, maar ek kan nie wonderwerke verrig nie."
Friday, 16 October 2026
Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 24 -Vrydag)
Klik HIER en kyk na die video.
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 5.1.5
Hoofstuk 5: Leef Verkondigend (kerygma)
Week 1: Die hart van verkondiging: Jesus as Here
Dag 5: Die kern van die evangelie: Christus het gesterf, is begrawe, en opgestaan volgens die Skrifte. Dit bly die hart van elke vorm van verkondiging.
Lees: 1 Kor. 15:1–7
Hoe bring Paulus die kern van die evangelie saam in Christus se dood en opstanding, en watter plek behoort hierdie boodskap daarom in jou eie getuienis te hê?
Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.
Klik HIER.
Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Fietsrit saam met my Vader
Vandag gee ek hierdie fiets aan jou.
Nadat ek die eerste keer vir Jesus Christus ontmoet het, het die lewe vir my gevoel soos 'n fietsrit op 'n tandemfiets, en Jesus het op die agtersitplek gesit en Hy het my gehelp trap.
Ek weet nie mooi wanneer dit was dat ons plekke omgeruil het, maar sedert Hy die voorsitplek ingeneem het was die lewe nooit weer dieselfde nie.
Toe ek in beheer was, het ek die pad geken; dit was redelik voorspelbaar - altyd die kortste pad op my manier tussen twee punte. Maar vandat Jesus Christus die stuurstokke oorgeneem het, is die hele pad sommer interessant en opwindend, al hou ek soms asem in.
Hy neem ons oor asemrowende bergpaaie, deur rotsagtige plekke, afdraandes teen nekbreek-snelhede en al wat ek kon doen was om vas te hou. Selfs wanneer dit gelyk het na skone malligheid, het Hy aangemoedig met 'n "hou aan met trap!"
Ek het bang en paniekerig geraak en uitgeroep: "Waarheen neem U my?"
Hy het nie geantwoord nie, en ek het geleer om Hom te vertrou.
Ek het my voorspelbare leefstyl vergeet en het gewoond begin raak aan die avontuur van op die agterste sitplek ry en saamtrap maar geen stuurstok in my eie hande nie.
Wanneer ek soms begin bang raak, dan het Hy teruggeleun en my hand aangeraak. Hy het my geneem na mense met gawes wat ek nodig gehad het ... gawes van genesing, aanvaarding, vriendelikheid.
Hy het my beveel:"Gee jou gawes weg, dis te veel bagasie, te veel gewig."
So het ek weggegee aan mense wat ons ontmoet het op die pad, en ek het ontdek dat deur weg te gee, ek al hoe meer ontvang het, maar my vrag het nie swaarder geraak nie, die las is lig.
Aanvanklik het ek Hom nie vertrou nie, en ek was self in beheer van my lewe. Toe ek begin agter ry het, het ek gedink: Hy gaan ons verongeluk! Stelselmatig het ek egter agtergekom dat Hy fietsrygeheime ken ...
Hy het geweet hoe om deur 'n skerp draai te beweeg, hoe om te klim oor rotse wat heeltemal te hoog gelyk het vir my, en ook waar om te jaag sodat ons vinniger deur die gevaarlike plekke kon gaan. Ek het geleer om my mond te hou en net saam te trap, dikwels op die mees ongewone plekke; ek het begin ontspan en selfs geleer om die natuurskoon rondom my te geniet ... en ook die koel wind in my gesig in die permanente kameraadskap van iemand wat my nooit begewe en verlaat nie - die Heilige Gees.
En elke keer wanneer ek seker was dat ek aan die einde was van my eie kragte, glad nie instaat om verder te gaan nie, dan het Hy my aangemoedig: "Trap, My Kind, Trap!"

Vrydagterugblik: 3 Oktober 2026
Op die foto verskyn van die gaste wat die heuglike dag
saam met Adriaan en Jade gedeel het: Fanie en Elsa Minne,
Maans en Anna van Wyk en Pieter en Yolande Britz.
Thursday, 15 October 2026
Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 24 - Donderdag)
Klik HIER en kyk na die video.
Videotoeligting tot:
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 5.1.4
Hoofstuk 5: Leef Verkondigend (kerygma)
Week 1: Die hart van verkondiging: Jesus as Here
Dag 4: Gelowiges verkondig omdat hulle nie anders kan nie - die waarheid van Christus dring ons om te getuig.
Lees: Hand. 4:13–20
Waaruit spruit die vrymoedigheid van die apostels om van Jesus te getuig, en wat laat dit jou verstaan oor die verhouding tussen geloof en verkondiging?
Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.
Klik HIER.
Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Tiendemaand: Gee en ontvang
So leer Jesus ons in Lukas 6:38: "Gee en aan julle sal gegee word."
* Gee vriendelikheid en jy sal vriendelikheid ontvang.
* Bied hulp aan iemand wat dit nodig het, en op 'n dag sal jy weer hulp ontvang.
* Glimlag vir iemand op straat en jy sal 'n glimlag ontvang.
"Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai."
Dit geld veral met betrekking tot wat ons aan God gee. God het geen behoefte aan ons geld of ons besittings nie, maar Hy eer ons gewilligheid om vir Sy saak by te dra; en Hy gee ver meer aan ons terug as wat ons bereid is om aan hom te gee.
Hy sal nooit toelaat dat ons meer gee as wat Hy gee nie, want God is niemand se skuldenaar nie. In Maleági 3:10 daag Hy ons selfs uit om Hom op die proef te stel en te kyk of Hy 'n waarmaker is van Sy Woord.
In die Nuwe Testament is daar geen duidelike bevel wat die gee van tiendes betref nie. Christus het die "moet" van die Wet tot niet gemaak en ons vrygestel om uit liefde te gee, elkeen soos sy hart hom aan drywe om te doen. Dit staan ons vry om veel meer as 'n blote tiende van ons inkomste aan Hom te wy.
Daar is baie mense wat reeds die Here se uitdaging aanvaar en Hom "beproef" het; en Hy het sonder uitsondering bewys dat Hy 'n waarmaker is van Sy Woord. En hoe meer hulle in die geloof gewaag het, hoe magtiger het God sy belofte nagekom. Ons dink byvoorbeeld aan 'n man soos Robert Gilmour Le Tourneau van die Verenigde State wat, in 'n toestand van bankrotskap, hom op hierdie teks in Maleági beroep het. Hy het besluit om nege tiendes van sy inkomste aan die Here af te staan, en EEN-tiende vir homself te hou. God het sy geloof ryklik beloon, en binne afsienbare tyd was hy 'n multimiljoenêr. Mense en kollegas het van hom gepraat as “God’s businessman.”
Dit is moontlik dat die skades wat mense somtyds ly, toegeskrywe kan word aan hul versuim om aan God die deel te gee wat Hom toekom. Hierdie pligsversuim stel hulle nie alleen bloot aan aan materiële verlies nie, maar beroof hulle ook van die seën en die glimlag van God oor hulle lewe.
[AJ Steyn]
Wednesday, 14 October 2026
Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 24 - Woensdag)
5.1.3 Verkondiging gaan nie oor die verkondiger nie ... (Die hart van verkondiging: Jesus as Here)
Videotoeligting tot:
Klik HIER en kyk na die video.
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 5.1.3
Hoofstuk 5: Leef Verkondigend (kerygma)
Week 1: Die hart van verkondiging: Jesus as Here
Dag 3: Verkondiging gaan nie oor die verkondiger nie, maar oor die lig van Christus wat deur ons skyn. Ons leef om Hom sigbaar te maak.
Lees: 2 Kor. 4:1–6
Kyk hoe Paulus die lig van Christus teenoor die verkondiger self stel: wat openbaar dit oor hoe God mense gebruik om Christus sigbaar te maak?
Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.
Klik HIER.
Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Mossiestilte: Ps. 95:1-2
Kom laat ons jubel tot eer van die Here, laat ons juig ter ere van die rots van ons heil!
Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof, met lofsange Hom toejuig!
Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof, met lofsange Hom toejuig!
As jy toegang tot die aangesig van God soek in jou lewe, moet jy sy Naam verheerlik en Hom lofsange toejuig; doen dit veral in moeilike en swaar tye.
Dis die moeite werd, waar God Hom vestig onder die lofsange van sy volk.
Die Here is jou God en jy is die volk van sy weide en skape van sy hand (vers 7)
Here, ek kom nou in aanbidding en buig neer voor U. Ek kniel voor die Here wat my gemaak het. (vers 6). Want die Here is 'n grote God en die groot Koning bo alle konings en gode (vers 3). Majesteit en heerlikheid is voor sy aangesig en sieraad in sy heiligdom (Ps. 96:6). Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
Tuesday, 13 October 2026
Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 24 - Dinsdag)
Klik HIER en kyk na die video.
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 5.1.2
Hoofstuk 5: Leef Verkondigend (kerygma)
Week 1: Die hart van verkondiging: Jesus as Here
Dag 2: Die evangelie is gewortel in ’n historiese Persoon: Jesus wat gesterf het en opgewek is. Ons verkondiging is Christus-gefokus, nie mens-gefokus nie.
Lees: Hand. 2:21–28
Wat maak die dood en opstanding van Jesus die onmisbare hart van die evangelie, en hoe verander dit die boodskap wat jy geroep is om te verkondig?
Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.
Klik HIER.
Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Mandjie Hoop: God se liefde
Het jy al ooit daaraan gedink hoe lief GOD vir jou is?
HY stuur vir jou blomme elke lente ...
HY stuur vir jou sonskyn elke oggend ...
Wanneer jy ookal wil gesels, luister HY na jou ...
HY kan in enige plek op die aarde bly,
maar HY het JOU hart verkies ...
HY is so lief vir jou ...
GOD belowe nie dae sonder pyn nie ...

HY belowe nie son sonder reën nie ...
HY belowe nie lag sonder hartseer nie ...
Maar HY belowe krag en bystand vir elke dag ...
HY belowe troos wanneer daar trane is ...
En HY belowe lig op die pad.
HY belowe nie lag sonder hartseer nie ...
Maar HY belowe krag en bystand vir elke dag ...
HY belowe troos wanneer daar trane is ...
En HY belowe lig op die pad.
Monday, 12 October 2026
JY IS KOSBAAR IN JESUS SE OË
'n Gedig vir die Boesman-kinders van Platfontein
Op Platfontein, daar waar die son warm skyn,
waar kindergesiggies soms hartseer verdwyn,
het meer as honderd klein hartjies kom hoor:
"Julle is kosbaar, geliefd deur die Heer!"
Hulle ogies het geglinster, hul laggies weerklink,
met speletjies, lekkers en koeldrank om te drink.
Worsbroodjies vir middagete, geskenkies daarby,
en vir 'n rukkie was daar net vreugde en bly.
Want agter daardie glimlag, so helder en breed,
lê daar soms 'n wêreld van honger en leed.
Waar liefde en leiding nie altyd genoeg is,
waar môre se brood soms 'n groot bekommernis is.
Daar is huisies waar kindertjies stilletjies droom,
van 'n lewe vol liefde, waar vrede kan woon.
Waar mamma en pappa hul handjies sal vat,
en sê: "My liefste kind, jy is my grootste skat."
Maar vandag het 'n boodskap hul hartjies bereik,
'n boodskap van liefde wat nooit sal verdwyn:
Daar is Iemand wat jou ken, wat jou naam altyd onthou,
'n Hemelse Vader wat oneindig lief is vir jou.
Sy Naam is Jesus, die Lig in die nag,
die Een wat jou liefhet, wat jou trane afdroog.
Hy het aan die kruis ook vir jóú kom ly,
sodat jy deur Sy liefde vir ewig kan bly.
Hy sê: "Kom na My toe, kom net soos jy is,
My liefde vir jou sal nooit minder wees nie.
Ek sien al jou seerkry, Ek ken elke traan,
Ek sal jou nie los nie, Ek sal met jou gaan."
Jy hoef nie ryk te wees, of mooi klere te dra,
om Jesus se liefde en genade te vra.
Jy hoef nie groot te wees, of alles te verstaan,
Sy arms staan oop - jy mag na Hom gaan.
En wanneer die wêreld jou dalk laat vergeet
dat jy waardevol is, en jou hartjie seer het,
onthou dan, my kind, deur die donkerste nag:
Jesus het jou lief, en Hy gee jou nuwe krag!
Want geld kan verdwyn en geskenkies kan breek,
en lekkergoed se soet smaak kan later ontbreek.
Maar Jesus se liefde bly altyd bestaan,
Sy beloftes sal nooit soos die wind wegwaai nie.
En al is daar net hierdie een dag in die jaar
waar soveel liefde en vreugde bymekaar is daar,
mag die saadjies wat geplant is diep in julle hart
'n hoop laat ontkiem wat die donkerte tart.
Mag julle eendag onthou, wanneer die lewe druk:
"Ek is nie vergete nie, ek is nie net geluk
wat kom en weer gaan soos 'n dag in die son nie;
ek is 'n kind van die Koning — ek behoort aan Hom!"
Want julle is kosbaar, elkeen apart,
deur Jesus bemin met Sy hele hart.
Hy het vir julle 'n toekoms, 'n hoop wat bly staan,
'n ewige lewe vir dié wat in geloof na Hom gaan.
En wanneer julle speel en jul laggies weerklink,
mag jul harte van vreugde en dankbaarheid sing.
Mag julle altyd onthou, waar julle ook gaan:
Jesus is lief vir my - ek is nooit alleen nie,
want ek is 'n kind van die Hemelse Koning!
Geskryf deur: Chrisna Piek

Subscribe to:
Posts (Atom)