Monday, 5 October 2026

Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...

Die Here is voor jou om die pad gelyk te maak.
Die Here is langs jou om jou hand vas te hou.
Die Here is agter jou om die Bose te verslaan.
Die hand van die Here is onder jou om jou te dra as jy swak is en jou op te help as jy val.
Die Here is rondom jou om jou te beskerm.
Die Here is bokant jou om jou te seën.
Die Here is binne-in jou, want Hy lei jou deur sy Heilige Gees.
Die Here is vir jou, want Jesus pleit vir jou.
Die Drie-enige God is by jou, van nou af tot in ewigheid.
Amen.

Sunday, 4 October 2026

Flitsgedagte: 'n Stukkie hemel

Mossiestilte: 2 Sam. 16:9

Maar die koning sê: Wat het ek met julle te doen seuns van Serúja? As hy vloek, en as die Here aan hom gesê het: Vloek Dawid! Wie mag dan vra: Waarom maak jy so?

Die satan versoek jou om te reageer op sy aanvalle; om sodoende jou aandag van die Here af te trek.
Maar wat as die Here die bose toelaat om jou te vloek, of aan te val soos vir Job? 
In beide gevalle is dit goed om eers stil te bly en te sien watter uitkomste die vloek het.
Dit mag meerendeels goeie gevolge vir jou hê. As dit Satan is, weerstaan hom en hy sal van jou wegvlug. Toon geen vrees en vertrou God, om die vloek om te draai of niks te kan uitrig.
As dit die Here is wat dit toelaat sal Hy sy soewereine krag tot stand laat kom. 
Hoe dit ook al sy: Daar sal van alles goeie dinge vir jou na vore gebring word, om jou tot voordeel te wees en God te verheerlik.

Dankie Here en God, vir u goedheid wat U oor my wil uitstort elke dag. Daagliks staan ek op deur u genade. Ek staan op u woord wat my beskerm van elke bose mag. Ek het klaar u geregtigheid. Ek het klaar u genade. U het vir my guns en krag en wysheid gegee om in oorwinning op te tree. My verwagting is van U. U sal my nooit alleen los nie en my nooit begewe nie. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Oesmaande: Oktober

Jy kan dit enige tyd van die week kerkkantoor toe bring
of Sondae in die houer in die voorportaal sit.
Vir meer inligting, kontak gerus die kerkkantoor by:
053 842 1100

Saturday, 3 October 2026

Kerkgenotjies: ’n Senior moment

’n Bekende vrou (kom ons los maar die naam!) vertel van ’n senior moment: ’n Paar jaar gelede het ek na afloop van ’n vergadering in ’n hotel desperaat na my motorsleutels gesoek. Hulle was nie in my handsak nie. ’n Vinnige soektog in die lokaal het ook niks opgelewer nie. 

Skielik het ek besef dat ek hulle in die motor gelos het. Waansinnig het ek na die parkeerplek gestorm. 
 
My man was al by tye baie kwaad omdat ek die sleutels in die aansitter los. My teorie is die beste plek om sleutels nie te verloor nie, is om hulle in die aansitter te los. My man se teorie is dat die motor gesteel kan word. Toe ek deur die deur van die parkeergarage bars, het ek tot 'n skrikwekkende gevolgtrekking gekom. Sy teorie was reg. Die parkeerplek was leeg! 

Ek het dadelik die polisie gebel. Ek het hulle van my ramp vertel en bely dat ek die sleutels in die motor gelos het en dat dit gesteel is.  

 Toe het ek die moeilikste oproep van almal gemaak: “My liefie,” het ek gestamel, ek noem hom altyd “my liefie” in tye soos hierdie. “Ek het my sleutels in die motor gelos en dit is gesteel.”  

Daar was ’n paar oomblikke van stilte. Ek het gedink dat ek die oproep verloor, maar toe hoor ek sy stem. “Maak jy dalk ‘n grap?” blaf hy, “ek het jou afgelaai!” 

Nou was dit my beurt om stil te bly. Na ’n rukkie sê ek skaam:  “Wel, jy kan my nou maar kom haal.” 
Hy antwoord: “Ek sal, sodra ek hierdie polisieman kan oortuig dat ek nie jou motor gesteel het nie!” 

Friday, 2 October 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 22 - Vrydag)

4.5.5 Jesus se lewe was volkome aan die wil van God toegewy (Aanbidding as Oorgawe: ’n Lewe vir God) 

Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 4.5.5 
Hoofstuk 4: Leef Verheerlikend (leitourgia) 
Week 5: Aanbidding as Oorgawe: ’n Lewe vir God 
Dag 5: Jesus se lewe was volkome aan die wil van God toegewy — ware aanbidding is ’n lewe wat Hom gehoorsaam. 

Lees: Heb. 10:5–10 


Oordink: 
Wat beteken Jesus se volmaakte gehoorsaamheid aan God se wil vir my eie bereidheid om my lewe aan Hom toe te vertrou?
 
Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Ons lewens is soos kombuisvloere ...

Ek was vanoggend die kombuisvloer en 'n gedagte neem vorm in my kop. 

Is ons lewens nie maar soos kombuisvloere nie? 
* Ons word gewas, want ons is vuil.
* Soms is ons nog "nat" en terwyl ons nat is, stap iemand oor ons pad en los 'n modderspoor, en God kom en was ons weer skoon. 
* Maar soms los ons die vloer vuil en ons laat toe dat baie meer vuil ingetrap word en eendag dan gaan ons op ons knieë en dan vra ons Jesus, was my Lewe Skoon, en die harde mop word ingespan en die ou vuilgoed word afgeskrop en die trane rol en die pyn is groot maar die vloer kom skoon. 
* Dan word dit jou keuse - ‘n keuse of jy die vloer gaan skoon hou en of jy gaan toelaat dat die vuil spore weer ingetrap word.
* Maar wees nie bekommerd, want wanneer jy die vloer weer laat vuil word, draai Jesus die Krane van Genade weer oop en Hy skrop jou weer skoon. So groot is Sy genade en die ammoniak wat uit Sy woord vloei en jou ontsmet en skoon was, maar wees gewaarsku, as jy die emmer nie vol hou en die waslap byderhand hou en op die knieë gaan en "was" nie, gaan nog vuil voete oor jou vloer trap ...

Wees geseënd ... wees nederig ... wees dankbaar ... en onthou ... 
Jou Bybel is jou onuitputlike bron van skoonmaak ... 
Moenie jou botteltjie cleaner in die kas bêre, toegemaak vir die vuilste vloer of vuilste bak skottelgoed nie, haal dit gereeld uit en maak elke dag skoon ... elke dag Bybel lees ... elke dag bid ... elke dag vertrou op Jesus, want Hy is by jou elke dag.

[Aangestuur]

Terugblik: Ons stel voor ...

Baie welkom aan die persone wat met bewys van lidmaatskap oorgekom het na hierdie gemeente. Die kerkraad nooi u hartlik uit om dadelik in te skakel by die werksaamhede van hierdie gemeente - word 'n aktiewe lidmaat wat groei in u Geestelike Lewe. Ons het so baie name ingeskryf in die lidmaatregister, en tog is die bywoning van die eredienste en bidure nie altyd 'n getroue weerspieëling van ons lidmaattal nie. Skakel asseblief in en word so deel van die kern van hierdie gemeente. 'n Groeiende gemeente het aktiewe lidmate.

Na die verwelkoming volg die name van 12 lidmate wat van ander gemeentes en dorpe gekom het.
 

[Uit: Dorstfontein NG Gemeente Dutoitspan Maandblad Oktober 1986]

Afkondiging: Uitnodiging na eerskomende Sondag se erediens

Thursday, 1 October 2026

Statistiek: 725 000 gewaardeerde e-kuiergaste

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 22 - Donderdag)

4.5.4 Aanbidding vra soms ’n werklike prys. (Aanbidding as Oorgawe: ’n Lewe vir God)
 
Klik HIER en kyk na die video. 

Videotoeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 4.5.4 
Hoofstuk 4: Leef Verheerlikend (leitourgia) 
Week 5: Aanbidding as Oorgawe: ’n Lewe vir God 
Dag 4: Aanbidding vra soms ’n werklike prys. 

Lees: 2 Sam. 24:19-25 


Oordink: 
Wat sien jy in jou lewe as die grootste prys wat van jou gevra word? 
Is jy bereid om dit te betaal?

Skakel na WhatsApp-groep vir daaglikse Bybelstudie-inligting:
Klik HIER.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou

Dink hieroor: Tiendemaand

Nie wat ons aan God GEE nie, 
maar wat ons van Hom TERUGHOU, 
dit maak ons arm. 

Oktober-verjaardae