Showing posts with label Louise Hattingh. Show all posts
Showing posts with label Louise Hattingh. Show all posts

Friday, 3 May 2019

Pretdag: Werkers agter die spookasemgordyn


'n Paar dankies solank vir die besige en bedrywige werkers agter Dutoitspan se spookasemgordyn vir die jeug. Elmarie Delport  by gesigverf, haarkleur en naels vir die dogtertjies wat hulle graag vir die naweek wil optooi. Liesl Brown en Mari Matthysen by die kosstalletjies. Geen mens kan die pretdag op 'n honger maag aanpak nie. Annatjie Enslin saam met Marina by speletjies en handwerk - die pret in die pretdag.  Ds. Ensie wat oral betrokke is - hy maak spookasem, ry koeldrank aan, bou mini-putt-puttbaan en maak speelgoedjies reg. Oom Flip Opperman bak pannekoek en Fredolien du Plessis help oral. Hannes en Louise Hattingh is by die kaskarre en Christelle Hattingh het 'n vinger in elke "pie". Dankie vir die kerkkantoor wat altyd op hulle pos is - julle is 'n belangrike skakel.

'n Groot dankie aan elkeen, ook aan diegene wat in stilte meer as hulle kant gebring het. Niks gaan ongesiens verby nie.

Pretdag: 'n Lusmakertjie vir Saterdag ...





Die jeug "clown" Saterdag! Sien jou daar!


Christelle Hattingh


Thursday, 2 May 2019

Duidelike reëls neergelê vir Saterdag se pretdag!

Ds. Ensie: "Onthou asb. net die reëls. Enige kosse moet vooraf getoets word - net vir die  kinders se veiligheid ... En jy kan mos nie die regter in jou eie saak wees nie, dus is ek meer as bereid om hierdie moeilike & moontlik gevaarlike rol te vervul ..."

Hierdie is 'n herder wat werklik die ekstra myl in alle omstandighede loop - en dit het natuurlik niks met 'n moontlike soettand te doen nie.

Na wat verneem word, is daar op werkersdag geswoeg en sweet voor oonde en stowe! 990 mini-choc chips en 520 mini-romany creams is onder andere gebak ... Dit sal beslis op post-werkersdag verpak moet word, want die pretdag is 'n oogknip weg!!

Verder is daar ook allerlei verpakkings wat gedoen is vir die handwerktafel waar kinders self geskenkies vir Moeders- en Vadersdag sal kan maak. 'n Geskenkie waaraan tyd spandeer is en wat met liefde gemaak is, is mos ekstra spesiaal. 'n Hele klomp pretdagwerkers is besig om die laaste dinge te reël om van hierdie eerste poging 'n sukses te maak. 




Pretdag: Sien jou daar!!!



Foto's: Christelle Hattingh

Saturday, 27 April 2019

Tyd raak min ... 'n dag vol pret om die draai!

Dutoitspan-jeug nooi die jeug van Kimberley uit om Saterdag, 4 Mei 2019, hulle gewone Saterdagroetine te breek en 'n bietjie pret in hulle saai Saterdae te sit! Kom wys julle slag en krag in die kaskarkompetisie. Koop 'n pannekoek vir pa en 'n muffin vir ma!