Showing posts with label Diamantveld. Show all posts
Showing posts with label Diamantveld. Show all posts

Friday, 24 May 2024

Terugblik: Diamantveld-gemeente se groeteboodskap


Diamantveld-gemeente is die jongste dogtergemeente wat in 1955 van Dutoitspan afgestig het en tydens ons gemeente se eeufeesvieringe was ds. VO Nel die leraar van Diamantveld. Hier volg sy groeteboodskap aan Dutoitspan:

Dit is vir my 'n besondere voorreg om namens die jongste dogtergemeente, Diamantveld, u hartlik geluk te wens, waar u tans die honderdjarige bestaan van u gemeente herdenk. Ons is saam met u dankbaar en bly.

As ons oor die honderd jaar terugkyk, wil ons die Here dank vir daardie manne en vroue - geharde Godsvresende mense wat die behoefte gevoel het en daadwerklik oorgegaan het tot die stigting van die gemeente Dutoitspan. Hierdie gemeente het gegroei en met trots sy plek ingeneem in die ry van gemeentes van ons kerk. Ander gemeentes is van hom afgestig met 'n eie karakter wat God aan hulle gegee het.  

Die gemeente van Dutoitspan het saam met ons kerk in wording, gely en gestry en krisistye deurgemaak, insinkings belewe, maar deur die genade van God staande gebly en sy deel bygedra om die geestelike erfenis sowel as die kultuurgoedere van ons volk en kerk in stand te hou.

Na honderd jaar bely ons saam met u dat die Here u gelei het na Sy raad, en dank ons Hom vir wat die Calvinisme, ons Gereformeerde leer en die Verbondsgedagte vir u beteken het. Ja, dat die kerk van ons vaders nog ons kerk is!

Ons glo dat u 'n verbondsgemeente is, en dat God 'n besondere doel met u as gemeente het.

Waar ons grootste dank in oorgawe geopenbaar word, wil ons met die oog op die toekoms saam met u bid, die gebed van Dawid in 11 Samuel 7:29: "Laat dit U dan nou behaag, en seën die huis van U kneg, sodat dit vir ewig voor U aangesig kan wees."

Klik HIER vir meer inligting.

Bron: Eeufeesalbum: Gous, HG. 1971. Die NG Kerk Dutoitspan-gemeente: Beaconsfield Kimberley 1872-1972

Monday, 18 April 2022

150 genadejare: Dogtergemeentes van Dutoitspan

In 1882 het die ring van Colesberg die wyke Duplooysburg, Ritchie, Modderrivier en Heuningneskloof aan die sorg van Dutoitspan toevertrou.

Dogtergemeentes:
Duplooysburg (1920) wat vroeg in die jare 50 na Plooysburg verander is. Lees HIER en ook HIER.
Modderrivier-Ritchie (1950) Lees verder HIER en ook HIER.
Diamantveld (1955)
Plooysburg
Modderrivier-Ritchie
Diamantveld
Dutoitspan

Friday, 10 April 2020

Covid-19-oordenking 15 - oggend

Luister gerus vanoggend na ds. Rian Jansen van Vuuren van Kimberley Christen Netwerk se bemoedigende oordenking en word versterk deur die boodskap. Klik slegs op die skakel "Oordenking" hieronder.

Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore 

Vandag se tema: Voetspore van Jesus na die kruis en die voetspore van die mense wat saam met Jesus geloop het.

Teksvers: Matt. 27:31
                 Lukas 23:26-27

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking van 10 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Dawie Scheepers te aktiveer)

Thursday, 9 April 2020

Covid-19-oordenking 14

Luister gerus vanaand na ds. Dawie Scheepers van Harmonie-gemeente in Kimberley se bemoedigende oordenking en word versterk deur die boodskap. Klik slegs op die skakel "Oordenking" hieronder.

Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore

Vanaand se tema: Die pad na Getsemane

Skriflesing: Lukas 22:39-53

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking van 9 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Dawie Scheepers te aktiveer)

Wednesday, 8 April 2020

Covid-19-oordenking 13

Luister gerus vanaand na ds. Pieter-Roux du Toit van Diamantveld-gemeente in Kimberley se bemoedigende oordenking en word versterk deur die boodskap. Klik slegs op die skakel "Oordenking" hieronder.

Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore

Vanaand se tema: Die voetewassing

Skriflesing: Johannes 13

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking van 8 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Pieter-Roux du Toit te aktiveer)

Sunday, 30 June 2019

Diamantveld, een van die dogtergemeentes van Dutoitspan ...

Ds. en mev. Vidius Nel
Uit die argiewe:

Ds Vidius Nel was Diamantveld-gemeente se predikant tydens Dutoitspan se eeufeesvieringe. Hy was ook die konselentleraar en daar was goeie samewerking tussen Diamantveld-gemeente en Dutoitspan. Verenigings het mekaar oor en weer besoek. Daar was tye dat Diamantveld hulle basaar op 'n Vrydagmiddag en -aand gehou het en Dutoitspan hulle s'n die Saterdag daarna. Alle bederfbare produkte wat hulle nie tydens hulle basaar verkoop het nie, het hulle dikwels aan ons geskenk - grootkoeke was gewoonlik bo-aan hierdie lysie. 

In Junie 1986 kry ds. Nel 'n hartaanval op die kansel terwyl hy 'n huweliksbevestiging lei. Hy tree op 30 Augustus 1986 met vervroegde pensioen af en lewer op 31 Augustus, vier dae ná sy 62ste verjaardag, sy afskeidspreek. Hy en sy vrou gaan vestig hulle in die Strand, waar hulle die laaste agt maande van sy lewe in die Altena-aftreeoord woon. Hier is hy oorlede op 31 Maart 2007. Ds. Dawie Scheepers lei die roudiens op 4 April 2007.

Gesinslewe

Mev. Deidré Nel lewer 'n
groeteboodskap tydens
Dutoitspan se eeufees
.
Ds. Vidius en mev. Deidré Nel toe hulle die pastoriepaar op Somerset-Wes was. Ds. Nel is op 3 Junie 1950 in die Groote Kerk in Kaapstad met Deidré Schoombie in die eg verbind. Hulle was 57 jaar getroud. Uit die huwelik is vier seuns gebore. Ten tyde van ds. Nel se dood het Coligny, genoem na sy oom, op Secunda gewoon, Johan in Johannesburg (hy was op sy dag die jongste landdros in die land en het later as regsadviseur by Sasol gaan werk), Ovidius in Welgemoed, Kaapstad, waar hy sedert 1997 'n stelsel-ingenieur by die Foschini-groep was, en Marius in Francistown, Botswana.

Op 24 Januarie 1971 word die NG gemeente Diamantveld, wat in 1955 van die NG gemeente Dutoitspan afgestig het, sy sesde gemeente. Dit was die begin van 'n besonder vrugbare bediening in die Diamantstad. As medeleraar van Diamantveld was dit veral ds. Nel se taak om 'n deel van die gemeente voor te berei op afstigting, want reeds twee jaar voor dit eindelik sou gebeur, het Diamantveld se lidmate meer as 1 500 getel. Diamantveld se
Mev. Deidré Nel van Diamantveld-
gemeente links voor,
kerkraad het in Februarie 1979 besluit om 'n beplanningskommissie te benoem met die oog op die afstigting van die woonbuurte Monumenthoogte, South Ridge, Ronaldsvlei en Rustic. Op 12 Oktober 1979 lees ds. Nel 'n konsepbrief aan die kerkraad voor, gerig aan die skriba van die Ring van Dutoitspan, waarin hy vra dat Diamantveld mag voortgaan met die afstigting. Uit die geskatte 700 lidmate van die te stigte nuwe gemeente, steun 491 die afstigting. Ná stemming is op die naam Kimberley-Suid vir die nuwe gemeente besluit.

Ds.Vidius Nel gee 'n groeteboodskap
van die dogtergemeente tydens die
eeufeesvieringe in 1972.
Die Ring keur die afstigting op 15 Oktober 1979 goed en die gemeente Diamantveld besluit om R50 000, die kerkperseel en pastorie by Kekewichrylaan 31 Kimberley, waar ds. Nel en sy gesin gewoon het, as bruidskat te gee. Die afstigting vind op 13 November 1979 plaas, waarna die eerste kerkraad nog die selfde dag verkies en op 18 November in hul amp bevestig word. Net mooi sewe dae later beroep hulle ds. Nel as die gemeente se eerste leraar. Hy neem die beroep aan en spit saam met sy vrou, Deidré, die eerste sooi van die nuwe kerkgebou op 4 April 1981. Op 1 Augustus 1982 is dit ook hy wat die hoeksteen onthul. 'n Week later lei hy die eerste Nagmaalsviering toe die gemeente bestaan het uit 396 huisgesinne, 480 skoolgaande kinders, 130 voorskoolse kinders en 300 in die N.J. Heynsskool. Die sieletal was destyds 1 670.

[Mev. Deidré Nel (nooi Schoombie) was 'n gemeentedogter van Dutoitspan.]