U dek elke dag my tafel
met heerlikhede
uit die skatkamer van U hart.
U sit oorvloedige genade mildelik voor
sodat ek dit kan geniet.
U omring dit met keurige blomme
uit die hemelse tuin,
en sit daarby rypgeworde wyn
uit die kelder van U liefde.
U laat lééf my die lewe in al sy faasette.
U skep in my drome om na te streef.
U laat my groei tot nuwe hoogtes.
Omdat U daar is,
kan my lewe 'n feesmaak
van sukses wees.
Ek loof U, Hemel-God!
[Mev. Marguerite Pienaar deel graag hierdie treffende gebed van Milanie Vosloo met al die lesers.]
Showing posts with label Milanie Vosloo. Show all posts
Showing posts with label Milanie Vosloo. Show all posts
Sunday, 10 February 2019
Sunday, 9 December 2018
Wat gee ek hierdie Kersfees vir Jesus?
Een van ons gereelde lesers, Marguerite Pienaar, deel hierdie treffende dagstukkie van Milanie Vosloo met ons - juis omdat Kersfees om die draai is. Almal is naarstiglik op soek na geskikte geskenke vir familie en vriende - geskenke wat beïndruk, maar darem nie 'n duik in jou bankbalans maak nie. Ons hardloop van winkel tot winkel op die wysie van Jingle Bells, terwyl ons die tafelversierings en spyskaart oor en oor in ons gedagtes verander.
"Saam met die koop van kersgeskenke, wonder ek wat ek hierdie Kersfees vir U kan bring. 'n Goudblink toegedraaide pakkie vol ... wat?"
As ons die kernvraag van Kersfees saam met Milanie lees, stuit dit ons in ons spore en draai dit vir dae in ons kop, want is hierdie kersinkopies nie 'n gejaag na wind nie?
Die antwoord lê in die treffende gebed opgesluit.
Gebed:
Hier staan ek
met leë hande:
Al wat ek het, is my
gelapte gedagtes,
krom woorde
en gebroke hart.
Sal U dit asseblief neem
en omtower in
'n sneeuwit lewe
toegedraai in suiwer kristal
waarin u heerlikheid
die heeljaar weerkaats?
Hier staan ek, Jesus.
Neem my."

Subscribe to:
Posts (Atom)