Showing posts with label Veiligheid. Show all posts
Showing posts with label Veiligheid. Show all posts

Thursday, 28 May 2026

Het jy al jou GROEN strikkie gekoop?

Nasionale Kinderbeskermingsweek word vanjaar vanaf 28 Mei tot 5 Junie 2026 gevier. 

Die doel is om die bewusmaking vir kinderbeskerming te kweek, sodat geweld teen, en uitbuiting van kinders voorkom en aangespreek kan word.

Vanjaar se nasionale veldtog se tema is: 

"Werk saam om geweld teen kinders te beëindig."

Hierdie is so 'n belangrike saak en elkeen van ons moet die dag van môre se belange op die hart dra. 

Koop 'n groen strikkie en dra dit vir hierdie week by die werk of sommer net dorp toe en as iemand jou uitvra oor die groen strikkie, is dit die ideale geleentheid om oor kindermishandeling, boelie en beskerming te praat.   

Kontaknommer
om van die strikkies te bekom:

053 831 2413

Moenie uitstel nie, kry sommer NOU jou groen strikkie!

Sunday, 24 May 2026

Elke kind verdien dit om veilig en geliefd te voel

Kinderbeskermingsweek in Suid-Afrika word van 29 Mei tot 5 Junie 2026 gevier. Dit val onder die breër, maandlange viering van Kinderbeskermingsmaand. 

Die doel is om die bewusmaking vir kinderbeskerming te kweek, sodat geweld teen, en uitbuiting van kinders voorkom en aangespreek kan word. 

Vanjaar se nasionale veldtog se tema is: 

"Werk saam om geweld teen kinders te beëindig."

Hierdie is so 'n belangrike saak en elkeen van ons moet die dag van môre se belange op die hart dra. 

Koop 'n groen strikkie en dra dit vir hierdie week by die werk of sommer net dorp toe en as iemand jou uitvra oor die groen strikkie, is dit die ideale geleentheid om oor kindermishandeling, boelie en beskerming te praat.   

Kontaknommer om van die strikkies te bekom:

053 831 2413

Moenie uitstel nie, kry sommer NOU jou groen strikkie!

Monday, 1 July 2024

By U is ek veilig

Ek het gevra vir krag
sodat ek kon presteer,
Toe maak Hy my swak sodat ek kan leer.

Ek het gevra vir gesondheid
sodat ek groot dinge kon verrig,
Toe gee Hy genade sodat ek kan besef daar is 'n beter plig.

Ek het gevra vir rykdom
sodat ek geluk kon koop,
Toe gee Hy armoede om my van my hoogmoed te stroop.

Ek het gevra vir mag
sodat ander my kan prys,
Toe gee Hy my die wysheid om Sy liefde te kan wys.

Ek het gevra vir alles in die lewe
sodat ek dit kon geniet,
Toe gee Hy my 'n hart wat ten spyte van die lewe vreugde kan bied.

Ek het niks ontvang
waarvoor ek gevra het nie,
Maar in Sy oneindige wysheid, liefde en genade,
het Hy my meer gegee as waarvoor ek ooit kon hoop. 
Want selfs al gaan ek deur donker dieptes,
hoef ek nou nie meer bang te wees nie.
U is by my. By U is ek veilig.
U goedheid en liefde is my huis en my hart.
Nou kyk ek op na die berge en weet U is daar.
U sal my beskerm teen alle gevaar

[Dankie, Anoniem]

Monday, 24 June 2024

Die Here se Komma-Kind!

Klik HIER om na die pragtige gebed te luister!
Klik HIER om Katrienkie se verhaal in die Kerkbode te lees!

[Dankie Rina Groenewald wat hierdie besondere boodskap met ons deel.]

Wednesday, 10 August 2016