Showing posts with label Omgeemense. Show all posts
Showing posts with label Omgeemense. Show all posts

Thursday, 12 March 2026

Dink hieroor: Groot dinge het 'n klein begin

"Geseรซnd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word."

Matteus 5:9 AFR83

In 1976 is die Nobelprys vir Vrede aan Betty Williams en Mairead Corrigan toegeken vir hul aandeel aan die beรซindiging van die geweld in Noord-Ierland. Williams en Corrigan het in Wes-Belfast kragte saamgesnoer toe 'n vrou en drie kinders, wat in hul woonbuurt gaan stap het, deur 'n wegholmotor getref is. Die kinders is dood en hul ma kritiek beseer.

Die motor se bestuurder, wat 'n lid van die Ierse Republikeinse Leรซr was, is deur Britse soldate geskiet. Hierdie tragedie het vroue in Belfast - insluitend Williams, 'n huisvrou, en Corrigan, die kinders se tannie - gemotiveer om die geweld stop te sit. Die twee vroue het ๐˜ž๐˜ฐ๐˜ฎ๐˜ฆ๐˜ฏ ๐˜ง๐˜ฐ๐˜ณ ๐˜—๐˜ฆ๐˜ข๐˜ค๐˜ฆ gestig en in die daaropvolgende weke het meer as 30 000 mense teen die geweld betoog. Ten spyte van lewensbedreigende teenstand het hulle vredespogings vermoedelik die dodetal van die konflik met die helfte verminder.
 
Elke dag stuur God ons die wรชreld in om Sy vredemakers te gaan wees, om daar waar ek leef en werk, 'n verskil te maak. 

Om vrede te maak, selfs wanneer dit moeilik is, is om Christus se voorbeeld te volg. Hy het vrede op aarde gebring tussen God en ons, Sy kinders, en tussen ons as mense.
 
Ek kan nie 'n vredemaker wees as ek nie vrede in my eie lewe het nie en ware vrede is eers moontlik, wanneer daar vrede tussen my en my Skepper bestaan. Dit begin deurdat ek Jesus as my Redder aanvaar. Wanneer ek dan elke dag met gebed en Sy woord begin, verander Hy my lewe om meer soos Hy te word. Daar rus Hy my toe om Sy vredemaker te gaan wees.

Op my beskeie manier kan ek dan uitgaan gaan om Sy vredeswerk in seergemaakte gevoelens en komplekse verhoudings te doen. Soms in my eie familie of gesin of vriendekring of dalk by die werk tussen kollegas.
 
Paulus herinner daaraan dat, al probeer ons alles in ons vermoรซ om in vrede met ander mense te leef, dinge nie altyd sal uitwerk soos ons graag sou wou nie. (Romeine 12:18, DB). ‘n Vriendin vertel hoe sy en haar suster jare gelede na haar ma se dood ‘n uitval gehad het. Ten spyte daarvan dat sy alles in haar vermoรซ gedoen het om vrede te maak, het die suster alle kontak verbreek. Die vriendin het aangehou bid vir die herstel van die verhouding. Eers na 8 jaar het die suster weer kontak gemaak en is hulle verhouding herstel.

“๐˜œ๐˜ฏ๐˜ญ๐˜ฆ๐˜ด๐˜ด ๐˜ต๐˜ฉ๐˜ฆ ๐˜ญ๐˜ฐ๐˜ท๐˜ฆ ๐˜ฐ๐˜ง ๐˜Ž๐˜ฐ๐˜ฅ ๐˜ช๐˜ด ๐˜ง๐˜ฐ๐˜ถ๐˜ฏ๐˜ฅ ๐˜ช๐˜ฏ ๐˜ฐ๐˜ถ๐˜ณ ๐˜ฉ๐˜ฆ๐˜ข๐˜ณ๐˜ต๐˜ด, ๐˜ข๐˜ญ๐˜ญ ๐˜ต๐˜ฉ๐˜ช๐˜ด ๐˜ต๐˜ข๐˜ญ๐˜ฌ ๐˜ข๐˜ฃ๐˜ฐ๐˜ถ๐˜ต ‘๐˜‰๐˜ญ๐˜ฆ๐˜ด๐˜ด๐˜ฆ๐˜ฅ ๐˜ข๐˜ณ๐˜ฆ ๐˜ต๐˜ฉ๐˜ฆ ๐˜ฑ๐˜ฆ๐˜ข๐˜ค๐˜ฆ๐˜ฎ๐˜ข๐˜ฌ๐˜ฆ๐˜ณ๐˜ด ๐˜ง๐˜ฐ๐˜ณ ๐˜ต๐˜ฉ๐˜ฆ๐˜บ ๐˜ด๐˜ฉ๐˜ข๐˜ญ๐˜ญ ๐˜ฃ๐˜ฆ ๐˜ค๐˜ข๐˜ญ๐˜ญ๐˜ฆ๐˜ฅ ๐˜ต๐˜ฉ๐˜ฆ ๐˜ด๐˜ฐ๐˜ฏ๐˜ด ๐˜ฐ๐˜ง ๐˜Ž๐˜ฐ๐˜ฅ’ ๐˜ธ๐˜ฐ๐˜ถ๐˜ญ๐˜ฅ ๐˜ฐ๐˜ฏ๐˜ญ๐˜บ ๐˜ฃ๐˜ฆ ๐˜ข ๐˜ฅ๐˜ณ๐˜ฆ๐˜ข๐˜ฎ ๐˜ฃ๐˜ฆ๐˜ค๐˜ข๐˜ถ๐˜ด๐˜ฆ ๐˜ช๐˜ต ๐˜ช๐˜ด ๐˜ช๐˜ฎ๐˜ฑ๐˜ฐ๐˜ด๐˜ด๐˜ช๐˜ฃ๐˜ญ๐˜ฆ ๐˜ต๐˜ฐ ๐˜ข๐˜ฑ๐˜ฑ๐˜ญ๐˜บ ๐˜ต๐˜ฉ๐˜ช๐˜ด ๐˜ต๐˜ฆ๐˜ข๐˜ค๐˜ฉ๐˜ช๐˜ฏ๐˜จ. ๐˜ˆ ๐˜ต๐˜ฐ๐˜ต๐˜ข๐˜ญ ๐˜ต๐˜ณ๐˜ข๐˜ฏ๐˜ด๐˜ง๐˜ฐ๐˜ณ๐˜ฎ๐˜ข๐˜ต๐˜ช๐˜ฐ๐˜ฏ ๐˜ฐ๐˜ง ๐˜ฐ๐˜ถ๐˜ณ ๐˜ฃ๐˜ฆ๐˜ช๐˜ฏ๐˜จ ๐˜ฉ๐˜ข๐˜ด ๐˜ต๐˜ฐ ๐˜ต๐˜ข๐˜ฌ๐˜ฆ ๐˜ฑ๐˜ญ๐˜ข๐˜ค๐˜ฆ. ๐˜ž๐˜ฆ ๐˜ฏ๐˜ฆ๐˜ฆ๐˜ฅ ๐˜ต๐˜ฐ ๐˜ฃ๐˜ฆ ๐˜ณ๐˜ฆ๐˜จ๐˜ฆ๐˜ฏ๐˜ฆ๐˜ณ๐˜ข๐˜ต๐˜ฆ๐˜ฅ ๐˜ฃ๐˜บ ๐˜Ž๐˜ฐ๐˜ฅ.”
- Yves I-Bing Cheng

[Geseรซnd is die vredemakers deur Elmarie van die Westhuizen - klik HIER]

Thursday, 30 October 2025

Dink hieroor: Matteus 5:9

“Geseรซnd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.”

Die Boodskap: “Gelukkig is almal wat vrede maak tussen mense wat in vyandskap met mekaar lewe. God sal op die laaste dag voor almal sรช dat hulle sy kinders is.”

Is jy ‘n vredemaker? 'n Aktiewe vredemaker? Dit is nie genoeg om net oor vrede te praat nie. Jy moet daarin glo en dit daagliks op alle terreine van die lewe uitleef. 

Moeder Teresa: “As ons geen vrede het nie, is dit omdat ons vergeet het ons behoort aan mekaar. Vrede en oorlog begin in die huis. As ons waarlik vrede wil hรช, laat ons begin deur mekaar in ons eie families (en gemeente) lief te hรช.” 

Thursday, 11 September 2025

Dink hieroor: ‘n Rare talent

Vanoggend besef ek, mense se talente is nie altyd sigbaar nie. Nie almal dra goue medaljes nie. Of het ‘n trofeekas nie. Om net ‘n omgeehart te hรช, is al klaar ‘n talent. Om te gee sonder om iets terug te verwag, is ook ‘n talent. So gaan soek vandag binne-in hart jou na jou talent. 

Gaan sit en dink bietjie ... vergeet van jou sondes of dit wat jou pootjie om vir ‘n oomblik blind te wees en sien jouself soos God jou sien ... wees eerlik met jouself. Sien jouself deur sy oรซ ... wat sien jy dan?

Ons is almal talentvolle wesens wat net meer in onsself moet glo en ophou om ons aan ander se talente te meet. Wees die beste jy wat jy kan wees, alle skulpies op die strand is mooi en uniek, al is party dalk gebreek of beskadig deur al die getye van die lewe ... so wees ‘n opregte omgeemens ... dis ‘n rare talent!

Wednesday, 26 July 2023

Allan Visagie se onderhoud


Helena Barnard het 'n onderhoud met Allan gevoer oor sy omgee vir sy medemens, waar hy vandaan kom en wat sy lewensiening is. Lees gerus die artikel in hierdie week se Noordkaapbulletin op bl.3. 

[Klik op die artikel om dit te vergroot.] 

Dankie, Rina, dat jy hierdie berig met ons lesers deel, veral diegene wat buite die grense van ons land woon en getroue lesers is.
Gaan lees ook sy 67-minute vir Mandela-dag HIER.
'n Rolmodel van hoop kan HIER gelees word.

Wednesday, 4 January 2023

'n Rolmodel van hoop

Goedvoelstories moet 'n mens deesdae gaan uitvis tussen al die misdade, moord, motorongelukke en mediese probleme, maar hulle is daar ... hartklopstories ... hoendervleisstories ... genadestories.

Een so 'n wonderlike storie is die hartsgehoorsaamheid van Allan Visagie, 46 jaar oud en 'n inwoner van Sally Aucamp in Cassandra in Kimberley. Hierdie boorling van Upington het geluister toe hy 'n opdrag van Bo gekry.

Allan ry altyd oor die brug om sy benodigdhede by die winkelsentrum te kry en hierdie week was dit nie anders nie. Die enigste verskil is dat toe hy Maandag na PEP toe wou gaan, die winkel toe was. 'n Gevoel van dringendheid het hom egter vandag na PEP gedryf en daar loop hy "sy opdrag" raak. Die Here het die afspraak gereรซl en Allan moes net opdaag. 'n Kind wat 'n weldoener in sy lewe nodig gehad het en nie geweet het waar sy hulp vandaan sou kom nie.      

Allan het sy hand diep in sy sak gesteek en vir die outjie skoolklere en ander skoolbenodigdhede gekoop. Hy vat hom toe huis toe en daar hoor hy dat albei ouers van hierdie kind oorlede is en dat sy ouma na hom kyk.

'n Opdrag van Bo wat gehoorsaam uitgevoer is. Allan, jy is 'n ster en om Mathys Roets, die sanger, se woorde in die nuwe Bruis-tydskrif aan te haal: "Ons ouens in rolstoele is rolmodelle vir mekaar."  Maar ons wil so 'n stukkie bylas - jy is 'n rolmodel vir elke leser van hierdie blog.

Sunday, 8 December 2019

Dankie vir elkeen ...

Ons Hemelse Vader het ons weer eens ryklik geseรซn tydens die Kersmark. Dankie vir almal se ondersteuning en harde werk ... sonder julle sou die mark nie suksesvol kon wees nie. Ons waardeer julle!

Saturday, 14 September 2019

'n Beroep op al die omgeemense in die gemeente ...



Briefie van ACVV Ons Huis:

Ons hier by Ons Huis het harte en hande nodig.

Daarom vra ons met groot vrymoedigheid vir die Dutoitspanners om ons te help.

Die tyd raak min vir ons eerste basaar. 5 Oktober 2019 is om die draai en ons wil julle graag daar sien. Maar meer nog, ons wil graag mense hรช wat by die tafels betrokke raak.

Ons besef dat julle 'n maand terug self  'n basaar gehad het, dus sal julle raad, idees, hulp en skenkings van onskatbare waarde wees.

Kontak my gerus vir enige navrae:

Cindy: 079 697 6336 of 053 831 5815

Die bedrywigheid gaan op die hoek van Longstraat en Hollandweg wees ... julle sal dit nie kan miskyk nie!!

Besoek ons faceboek of Ons Huis se blog vir meer inligting.

Van ons klomp hier by Ons Huis!