Showing posts with label Simpatie. Show all posts
Showing posts with label Simpatie. Show all posts

Saturday, 5 September 2026

Voorbidding vir oom Essie en sy gesin

Dit is met die groot leedwese dat ons van Annatjie Esterhuyzen se afsterwe verneem het. As 'n jarelange Dutoitspanner het sy haar plek vir baie jare op vele terreine volgestaan op haar stil vriendelike manier. 'n Staatmaker wat nie geskroom het om haar deel te doen nie. 

Oom Essie en familie, mag die Almagtige julle dra wanneer julle voete te swak is om self te loop. Mag die mooi herinneringe aan haar julle bybly en troos."

Woorde skiet te kort in hierdie tyd van hartseer. Weet egter dat ons as gemeente aan julle dink en vir julle bid. Baie sterkte in die moeilike tyd.

Monday, 2 June 2025

Gebed: Help ons om verder te kyk as die tonnel voor ons

Help ons ...
om wanneer ons eensaam voel,
ander eensames op te soek;
om wanneer ons hulp nodig het,
ander te help wat hulp nodig het;
om wanneer ons min het om van te leef,
die bietjie wat ons het te deel met ander wat nie het nie;
om wanneer ons ongeduldig en ongelukkig voel,
ander ongeduldiges en ongelukkiges by te staan;
om wanneer ons 'n geliefde aan die dood afgegee het,
meegevoel te betoon met ander wat dit ook moet deurleef;
om wanneer ons moeg is,
ander wat moeg is, op te beur.

[Aletta Lübbe]