Friday, 12 July 2024
Sunday, 17 December 2023
Grypers of gewers?
'n Gewer is iemand wat geleentheid soek om aan ander te gee en goed te doen. 'n Gryper is iemand wat op die uitkyk is vir geleenthede om vir homself iets in te palm. Soos watter een maak jy jou kind groot?
Tuesday, 4 July 2023
Saturday, 23 April 2022
150 genadejare: Piet Smit-optrede
Die naweek het afgeskop met Piet Smit se optrede Vrydagaand, 22 April, by die AGS TD Ouditorium. Ongeveer 'n 160 mense het hierdie besondere geleentheid bygewoon. Net voor pouse het Malan Smith vir Elsa, ds. Ensie en sy vrou bedank vir al die harde werk om die feesblad saam te stel. Op die foto verskyn Malan Smith, Elsa Minne, Annatjie Enslin, ds. Ensie Enslin en Piet Smit.
Klik HIER vir nog foto's.
150 genadejare: Schalk Pienaar - die langsdienende kassier (Julie 1961 - Julie 2016)
In die Noord-Kaapland eNuus skryf hulle 'n artikel oor die ononderbroke diens van Schalk Pienaar en verwys daarna as 'n besondere mylpaal in die geskiedenis van die NG Kerk.
Hoe het hy in die kerkkantoor van Dutoitspan beland?
Schalk en Jane Pienaar het in Julie 1958 in Dutoitspan-gemeente ingetrek. Nie lank daarna nie, het ds. Smit, die gemeente se predikant op daardie stadium, as argivaris na Kaapstad vertrek. Ds. WJ Steenkamp, van Olifantshoek, het ds. Smit as predikant opgevolg.
Die kassier op daardie stadium was Andries Combrinck. Hy was kassier van 1957
tot 1960. Hy word skielik verplaas en mnr. Saly Beukes neem as kassier oor.
Ongelukkig kon hy net 'n paar maande aangaan, tot Junie 1961, toe hy ook
verplaas word. Die skriba- en kassierwerk is deeltyds gedoen deur werkende
persone, sodat die kerk nie 'n salaris aan die persone hoef te betaal nie.
Hulle het slegs 'n honorarium gekry. Dutoitspan was nog nooit 'n ryk gemeente
nie en moes in die verlede, net soos nou, sy sente omdraai om al die gate toe
te stop.
Ds. Steenkamp het toe vir Schalk genader en gevra of hy bereid sal wees om oor
te neem as kassier, aangesien hy op daardie stadium die enigste een in die
gemeente was, wat 'n boekhouer was. Hy is aan die begin van Julie 1961 in die
pos aangestel.
Op daardie stadium was Piet Labuschagné, 'n onderwyser van beroep, die skriba
van Augustus 1955 af. Na Piet se aftrede, het Schalk ook die skriba-deel
gedoen. Tot en met 2011 was hy die skriba-kassier en het Schalk altesaam met 13
predikante saamgewerk. Elmie Bean het as skriba in Oktober 2011 by Schalk
Pienaar oorgeneem.
Hy het nie agtergebly toe rekenaars opdaag nie en in 1989 al ingespring en geleer om daarmee te werk. Daar was nie eintlik baie ouer mense wat daarvoor kans gesien het nie; te meer nog om by die kollege in te skryf vir rekenaarkursusse. Hy was die oudste student wat die N4- tot N6-rekenaarpraktykeksamens geslaag het en toe mense hulle oë uitvee, het Schalk ál sy kerkwerk gerekenariseer gehad voor Finkerk en Winkerk, die huidige rekenaarsagteware, opgedaag het.
Hy was 'n ywerige blogger. Vanaf 2013 het hy begin om Dutoitspan se kerkgeskiedenis op te teken. Hy het op daardie stadium besef dat die gemeente nie 'n webwerf het nie en dat geskiedenis verlore kan gaan. Maar hy wou steeds die ruimte vir die kerk laat om ter gelegener tyd hulle eie webwerf te begin en daarom het hy die blog net Dutoitspan Kimberley genoem en nie NG Kerk Dutoitspan Kimberley nie. Gaan kyk bietjie by https://dutoitspan.blogspot.com/. Schalk het dus in Clint Eastwood se liga gespeel wat gesê het: "Soos ons ouer word moet ons onsself dissiplineer om aan te hou leer en ons gedagtes en breine aktief te hou."
Hy was die gentleman met die das, baadjie en die Engelse pet. Passie, toewyding, geloof en opregtheid was die pilare waarop sy liefde vir sy werk gerus het. Hy het altyd gesê dat hy hierdie werk vir die Here doen en nie vir mense nie. Ds. Richard Holloway het gesê dat Schalk Pienaar 'n mentor vir menige predikant was, sonder dat hy dit geweet het. Hy was inderdaad 'n man wat sy geloof in dade uitgeleef het.
![]() |
Johan Genis (kassier), Elsa Minne (koster), Elmi Bean (skriba) ds. Kobus Klopper en Schalk Pienaar. Boonste foto: Joe Fredericks (jarelange tuinier) |
Monday, 18 April 2022
150 genadejare: Dankie aan elkeen wat die feesvieringe moontlik en makliker maak
* Elsa Minne en almal wat 'n bydrae tot die feesblad gelewer het.
* Jet West vir skenking van verf.
* Bakgat vir skenking van verf.
* Kimberley Wardrobes vir skenking van verf.
* Liesl Brown en Selma Slabbert vir die kerk se tuin.
150 genadejare: Dogtergemeentes van Dutoitspan
Duplooysburg (1920) wat vroeg in die jare 50 na Plooysburg verander is. Lees HIER en ook HIER.
Modderrivier-Ritchie (1950) Lees verder HIER en ook HIER.
![]() |
| Plooysburg |
![]() |
| Diamantveld |
![]() |
| Dutoitspan |
150 genadejare: Feesnaweek
Die program skop Vrydagaand, 22 April 2022, om 18:30 af met Piet Smit wat in die AGS-Taberna Dei optree. Kaartjies is by die kerkkantoor beskikbaar.
Moenie hierdie besondere post-Covid-geleentheid misloop nie.
2. 08:45 – AANKONDIGINGS – DS ENSIE ENSLIN
3. 09:00 – EREDIENS EN NAGMAAL – DS RICHARD HOLLOWAY
4. SANGITEM – DEON BOTHA
5. GROETEBOODSKAPPE - OUDLERAARS
6. GROETEBOODSKAP - LEIEROUDERLING - MALAN SMITH
7. 11:00 – SAAMKUIER
8. 12:30 – ETE
9. BEDANKINGS – DS ENSIE ENSLIN
10. TAFELGEBED VIR ETE WORD IN DIE KERK GEDOEN
Sunday, 17 April 2022
Saturday, 16 April 2022
150 genadejare: Die orrelis met die langste jare diens in Dutoitspan-gemeente
'n Kort terugblik na Dutoitspan se orrelistes voordat daar iets oor mev. Remerta (AR) van der Westhuizen, die orrelis wat sinoniem met Dutoitspan-gemeente was, gesê word.
1940 staan uit in Dutoitspan-gemeente se musiek-annale. Dit is die jaar wat die orreltjie geëlektrifiseer is en na die nuwe kerk verskuif is. Die orrelis op daardie stadium was mej. Collard wat tot Mei 1945 die gemeente begelei het en die kerkkoor afgerig het.
Tussen Junie 1945 tot einde April 1947, toe mev. Van der Westhuizen aangestel is as orrelis, het mejj. Lorna Bothma, Lena Anema, asook mevv. Van der Merwe en Van Rensburg, tydelik die orrel bespeel.
Met die gemeente se eeufeesvieringe in 1972, was mev. Van der Westhuizen vir meer as 25 jaar lank die orrelis en was sy nie alleen een van die knapste orrelistes in die land nie, maar sy het ook die gawe besit om kore af te rig soos min haar dit kon nadoen. Die kerkkoor het dikwels uitnodigings gekry om by spesiale geleenthede op te tree. Sy het selfs die kerkkoor aan talle kunswedstryde laat deelneem, en die strawwe kompetisie ten spyt, het hulle sonder uitsondering, altyd met die louere weggestap.
Die volgende belangrike musiekdatum was Maart 1956 toe die herboude en vergrote orrel waarvan die koste 3 000 pond (R6 000) beloop het, ingewy is. Die 457 pype van die ou orrel is tot 'n totaal van 1 209 pype aangevul. Die fondse vir die klokkespel wat later spesiaal ingebou is, is ingesamel deur die koorlede. Hulle het konserte, opvoerings en met spesiale optredes die nodige geld ingesamel. Hulle was nie verniet so gesog in Kimberley nie. Tydens die inwyding het mev. Van der Westhuizen, saam met haar koor vir 'n pragtige kantate-uitvoering en musiekprogram gesorg.Mev. AR van der Westhuizen was tot aan die begin van 1979
die orrelis van Dutoitspan. Na 33 jaar agter haar geliefde orrel, besluit sy en haar man om na
'n aftree-oord in die Strand te verhuis, om nader aan hulle seun te wees. Haar
liefde vir kore en koormusiek, het haar Strand toe gevolg. Sy het o.a. 'n koor
in die aftreeoord op die been gebring, die orrel tydens eredienste bespeel en
musiekprogramme in die aftreeoord gereël. Mev. Van der Westhuizen was baie diep in haar
negentigs, toe sy nog musiek aktief beoefen het.
Sy het al die jare by Diamantveld Laerskool musiek gegee
en baie van die kinders wat musiek geneem het, het die skool gekies omdat mev.
Van der Westhuizen die musiekonderwyseres was. Natuurlik het sy ook die
skoolkoor afgerig en hulle het met die een prys na die ander op
musiekkompetisies weggestap.
Mev. Van der Westhuizen se seun, Pieter, was deel van die
komitee wat verantwoordelik was vir die vernuwing van die 1978-Psalm- en
Gesangboek. Op daardie stadium was hy verbonde aan die Universiteit van
Stellenbosch. Haar kleindogter, Pieter se dogter, is die wêreldberoemde Anmari
van der Westhuizen, medeprofessor en hoof van die OSQ by die Universiteit van
die Vrystaat.
Mev. Van der Westhuizen het lank voor Google geleef, maar koerantberigte en YouTube-video's van haar kind en kleinkind is maklik opspoorbaar.
Friday, 15 April 2022
150 genadejare: Kerkraadslede - Toe en nou
Monday, 11 April 2022
150 genadejare: Terugblik - kassiere
3. J Vivier (1927-1931)
4. PR Botha (1931-1935)
5. J Lubbe (1935-1939)
6. HG Gouws (1939- Jan. 1957)
7. AJ Combrink (1957-1960)
8. SJ Beukes (1960-net vir 6 maande)
9. SW Pienaar (vanaf Julie 1961-Julie 2016)
Saturday, 9 April 2022
150 genadejare: Ons Huis - die tehuis vir bejaardes
Ons Huis val binne ons gemeentegrense en met 'n ryke bron van stories, is dit die moeite werd om teetyd daar te gaan inloer en met die inwoners te gesels en te kuier. Covid-19 se grendeltyd is verby en uitreik op hierdie manier, verrig wondere vir iemand wat verlang na sy familie en kinders wat nou in 'n ander land sit. Ons Huis is juis begin omdat die nood na so 'n instansie baie groot was.
Ons Huis is die breinkind van die ACVV-tak in
Beaconsfield o.l.v. die destydse presidente, mev. N Powell. Hulle was slegs 'n
handjievol lede, maar met ongekende ywer, het hulle die besef dat daar 'n
dringende behoefte aan 'n tehuis vir bejaardes is, 'n werklikheid gemaak.
Die deure van Ons Huis, wat op die hoek van Rosestraat en Dyerplek geleë was, word in 1943 oopgesluit. Dutoitspan Kerk was baie nou betrokke by die ouetehuis wat op daardie stadium regoor die kerk geleë was. Die gebou het egter spoedig te klein geword en in 1957 het die inwoners na die gebou in Ariadnelaan verhuis. Volgens inligting was hierdie tehuis die heel eerste van sy soort wat deur bemiddeling van die ACVV tot stand gekom het met die finansiële steun van Departement Volkswelsyn en Pensioene.
Die waglys het bly groei, sodat daar vroeg in die sestigerjare weer 'n vertoë gerig moes word om uit te brei. Hierdie uitbreidings is in 1966 voltooi, Nog later is die vleuel vir die verswakte bejaardes aangebou.
Die ACVV is 'n nie-winsgewende organisasie wat o.a. dienste lewer aan ouer persone. Ten einde volhoubaarheid te verseker is hulle hoofsaaklik afhanklik van goedgunstige donasies. Verskillende kerke, besighede en individue in Kimberley en omstreke is die rede dat Ons Huis se deure ten spyte van bitter moeilike ekonomiese tye, nog oop kan bly. Langs hierdie weg wil die ACVV Ons Huis hulle opregte dank en waardering uitspreek. Dis hierdie donateurs wat die finansiële las van die tehuis ligter maak.
Ons Huis skenk aandag aan die versorging van ouer persone, asook die versorgingsbehoeftes van mense wat leef met Alzheimers en Dementia.
Ons Huis se gekwalifiseerde personeel is 24 uur beskikbaar om hulp te verleen met daaglikse behoeftes en tydens die Covid-19-tyd is die ekstra myl geloop. Hulle eerste prioriteit is die inwoners en hulle behoeftes. Hulle bied sekuriteit, hoop, lewenskwaliteit en ‘n menswaardigheid aan elke inwoner. 'n Inhuis-biblioteek en -haarsalon is van die geriewe wat beskikbaar is.
Ons Huis is bekend in die Noord-Kaap en volgende jaar vier dié instansie sy 80ste jaar van diens aan die gemeenskap. In mensjare is dit reeds 'n gevorderde ouderdom, maar saam met die ouderdomspyne, (dit sluit ook die groeipyne in die beginjare in), het wysheid, insig en kennis van die digitale era ook gegroei.
Wednesday, 6 April 2022
150 genadejare: Die orreliste vanaf 1949 ...
|
Orreliste vanaf die
eeufeesviering tot nou |
||
|
1. |
Mev. AR vd
Westhuizen |
April
1947-Feb 1979 |
|
2. |
Mev. R Brand |
1979 |
|
3. |
Mev GA de
Ronde |
1979-1982 |
|
4. |
Mnr. D du
Toit |
1983-1984 |
|
5. |
Mnr. TL Holmgreen |
1984-1985 |
|
6. |
Mev. Cohen |
1985-1986 |
|
7. |
Mnr. D du
Toit |
1986-1989 |
|
8. |
Mev. MP
Coreejes |
1990-1996 |
|
9. |
Mnr. T
Blignault |
1996-2020 |
|
10. |
Mev. B le
Roux |
2020 - tans |
|
|
|
|
Moenie wag nie, kom koop dadelik!
Wees saam met ons bly! NG Kerk Dutoitspan vier 22-24 April ons 150ste jaar van God se Genade oor ons gemeente! Groot maskers @ R30 & klein maskers @ R20 elk. Goeie gehalte materiaal met 'n 2de fyn laag binne.
Monday, 4 April 2022
150 genadejare: Potjiekosete by Rooifontein
Saturday, 2 April 2022
150 genadejare: Dankie aan elkeen wat die feesvieringe moontlik en makliker maak
* Ds. Ensie en Annatjie Enslin vir die saamstel van die feesblad.
* Elsa Minne en almal wat 'n bydrae tot die feesblad gelewer het.
* SWIFT PRINT vir die druk van die blad, sowel as die ruim borg.
* Die AGS vir die gebruik van die Taberna Dei Ouditorium.
* Mandior Manor gastehuis
* Vermeulens vir skenking van verf.* Jet West vir skenking van verf.* Bakgat vir skenking van verf.* Kimberley Wardrobes vir skenking van verf.* Liesl Brown en Selma Slabbert vir die kerk se tuin.* Rinus Slabbert vir die herstel van geboue.
* Ds. Richard Holloway vir Sondagoggend se erediens.
In ligter luim: 'n Man met 'n plan
Met alles wat gereël moet word om die feesvieringe glad te laat verloop, moet jy soms onverwyld van punt A na punt B of selfs E verskuif. En reëls bly reëls. Valhelm is verpligtend ... Op die foto's kan duidelik gesien word dat die twee haastige manne nog steeds gehoor gee aan reëls - selfs gemasker, al is hulle in die buitelug. Aan stuur van sake is Neels Loots en die agterryer, wat eers 'n draai in die kerkkombuis gaan maak het, is ds. Ensie.
.png)







.png)








%20kerk%20van%20Rosestraat.jpg)













