Showing posts with label Vrywillige werker. Show all posts
Showing posts with label Vrywillige werker. Show all posts

Sunday, 9 February 2025

Mossiestilte: Stille werkers - lees Kolossense 4:10-18

Hy (Epafras) ... bid altyd erstig vir julle ... (v 2)

In die slot van die brief aan die Kolossense lees ons van Paulus se persoonlike vriendekring en medewerkers. Een van hulle, Epafras, die stigter van die gemeente Kolosse, het Paulus in die gevangenis geskryf waarna Paulus hierdie brief aan die Kolossense gerig het. Epafras was waarlik besorg oor die gemeente en 'n steunpilaar wat opreg vir hulle gebid het. Hy was 'n vriend wat die gemeente liefgehad het. Hy was ook saam met Paulus in die tronk - 'n gevangene ter wille van Jesus Christus.

Elke gemeente het vandag mense soos Epafras nodig:

* DADERS van die Woord van God (v 13)
* BIDDERS wat by God intree vir die gemeente.
* GEESTELIK VOLWASSE mense wat gehoorsaam is aan die wil van God

Mag die voorbeeld van Epafras in die kerk van Christus voortleef!

Gebed
Dankie, Here, vir opregte voorbidders en bidders. Dankie vir die stille werkers wat sonder fanfare en vertoon in u diens staan. Dankie vir die sin wat hulle gebede, optrede en offers in ander se lewe bring.
Dankie vir hulle wat geestelik volwasse en volkome gehoorsaam aan u wil is. Hulle dien U in elke beroep onder die son.
Dankie vir elkeen wat 'n taak getrou en goed verrig, wat dit as diens aan die Here sien, wat voltooi wat begin is. Ons kan ons so blind staar teen die negatiewe nuus van elke dag, dat ons nie die stille werkers rondom ons raaksien en waardeer nie. Hulle haal ook nie die nuusberigte nie.
Dankie dat ons kan voel dat daar vir ons gebid word. En wanneer ons stil word voor U, bring U saggies die nood van ander onder ons aandag.
Dankie vir u Gees wat in ons spreek wanneer ons bid. Bewaar ons daarvan dat die gejaagde lewe ons gebedslewe verskraal. Gebruik ons soos u vir Epafras gebruik het.
Here, leer ons elke dag bid.
Amen

Aletta Lübbe - net 'n gebed ver, gedagtes en gebede vir elke dag pp. 61-62

[Dankie, Elmari vir die deel hiervan.]   

Tuesday, 13 August 2024

Gelukkige verjaardag, liewe tannie Rina ...

Tannie Rina is 'n ywerige en hardwerkende vrou
en dit is vir ons 'n voorreg om na u op te kyk.
Mag die Here al u gebede verhoor en u gee wat u graag wil hê.
Mag die pad nooit vir u te steil wees nie.
Mag God u in die holte van Sy Hand hou.
en mag u verjaardag vol seën en baie vreugde wees.
Dankie vir u voetspore in ons lewe.
Liefde!
Sally Aucamp-inwoners

Saturday, 3 August 2024

Verjaardagwense

Oom Hennie, mag Hy vir jou die krag en die genade gee om elke dag met al sy baie uitdagings te kan hanteer. Dankie dat jy tannie Rina met ons deel en dankie vir al die kere wat jy vir ons by Sally Aucamp kom help het. Ons waardeer dit. Geniet jou spesiale dag. 
Liefde!
Sally Aucamp-inwoners

Thursday, 1 August 2024

Augustus-verjaardae

3 Augustus - Hennie Groenewald (Vrywillige werker)
12 Augustus - Jan (Sally Aucamp)
13 Augustus - Rina Groenewald (Vrywillige werker)