Showing posts with label !XUN ALFA-gemeente. Show all posts
Showing posts with label !XUN ALFA-gemeente. Show all posts

Monday, 9 June 2025

Handevatprojek: Terugvoering

Coen Visser het vanoggend saam met dr. Herman Steyn van Fichardtpark-gemeente (Bloemfontein) die !Xun Alfa Kerk-gemeente besoek sodat hy kan terugvoer gee oor die werk wat Dutoitspan twee jaar gelede onderneem het om vir hulle te doen.

Natuurlik sou die oefening nutteloos wees sonder om erkenning aan Rinus Slabbert te gee wat grotendeels die werk georganiseer, uitgevoer en befonds het. 'n Foto van Rinus is tydens die besoek voor in die kerk geplaas, omdat hy Donderdagnag onverwags oorlede is.

Hierdie slegte nuus het die gemeentelede van die !Xun-kerk diep geskok, aangesien hulle vir weke skouer aan skouer met Rinus gewerk het tydens die herstel van die vloer. Hulle het onmiddellik gevra dat hulle ook by die roudiens teenwoordig wil wees. Hulle wil ook die foto van Rinus raam en in hulle kerk ophang as 'n blyk van respek en waardering. 


Klik HIER en HIER vir foto's tydens die werkery.

Foto's & inligting: Coen Visser

Thursday, 3 April 2025

Platfonteinnuus: Die A-span is 'n wenspan


Ons wil graag vir Rinus Slabbert, sy energieke A-span en Coen Visser bedank vir die uitreik, die uitstekende liefdesdiens wat hulle gedoen het om die Xhun Kerk-vloerprojek te voltooi in 'n rekordtyd. Julle bereidwilligheid, toegeneentheid en goeie samewerking het nie ongesiens verby gegaan nie. Vyf Xhun-manne het hulle sweet saam met die sement in die kerkvloer ingewerk. 

Dankie klink na só 'n klein woordjie vir so 'n groot taak.

[Foto: Coen Visser]

Tuesday, 1 April 2025

'n Handevatprojek word 'n genade-werklikheid


Coen Visser: "Ons het vandag klaargemaak met Xhun Alfa se vloer. Die koste was sowat R72 000. Eer aan die Here wat ons daartoe in staat gestel het en groot dank aan ons boukontrakteur, Rinus Slabbert en die span Xhun-manne wat elke dag hard gewerk het."

Wednesday, 26 March 2025

Handevatprojek - !XUN ALFA-gemeente (vordering)


Die werk aan !XUN ALFA-gemeente se kerkvloer vorder en dit is vir ons aangenaam om te kan sê dat teen gistermiddag 5 blokke van die vloer reeds voltooi is. Dankie aan elkeen wat op welke wyse hierdie handevatprojek moontlik maak.

Foto: Coen Visser

[Klik HIER om na die beginfoto's wat op 11 Maart geplaas is, te kyk.]

Wednesday, 12 March 2025

Handevatprojek: !XUN ALFA-gemeente - 'n suksesverhaal


DANKIE aan elkeen wat op die advertensie gereageer het, asook elke Sondag se afkondiging! Julle het die handevatprojek werklikheid gemaak. 

Tuesday, 11 March 2025

Handevatprojek - !XUN ALFA-gemeente

Hierdie week het die diensgroep begin om !Xhun Alfa Kerk se vloer te herstel.

Met die hulp van donasies uit eie geledere, NG Kerk Harmonie Kimberley en Fichardtpark in Boemfontein, gaan hulle die wa deur die drif kry met die R70 000 wat hulle tot op hede ingesamel het.

Rinus Slabbert en sy kompressor het hierdie projek met 'n knal aan die gang gekry. Ywerige !Xhun-manne doen self die ding!!!

'n GROOT dankie aan elkeen wat eenmalig of maandeliks bygedra het tot hierdie hartsprojek. Dit word opreg waardeer.


Foto's: Coen Visser & Elsa Minne 

Sunday, 5 May 2024

!XUN ALFA-gemeente van Platfontein besoek Dutoitspan-basaar


In die sinode in Noord-Kaapland is twee gemeentes vir die San te Platfontein, net buite Kimberley. Die Ned. Geref. Kerk Kimberley-#Gacan (Khwê-gemeenskap) en die Ned. Geref. Kerk Kimberley-!Xun-Alfa (!Xun-gemeenskap). Ds. Petrus Manu (Kimberley-#Gacan) en ds. Mario Mahongo (Kimberley-!Xun-Alfa) is die onderskeie leraars. 

Lede van die !Xun-gemeenskap het hulle unieke kunswerke by die basaar kom uitstal. Hulle het ook die basaargangers na die amptelike opening op 'n tradisionele dans vergas. 

Dutoitspan is aktief betrokke by die restourering van die kerkvloer by Platfontein. En hiervoor het hulle die R100-uitdaging begin. Elkeen wat op 'n indirekte wyse betrokke wil raak, kan gerus hier klik en 'n meer as welkome bydrae maak.    

Wednesday, 11 October 2023

Handevatprojek: !XUN ALFA-gemeente


Kom ons as 'n gemeente vat hande en help die !XUN ALFA-gemeente om hulle kerk se vloer te herstel. Slegs 'n R100,00 per gesin uit ons gemeente, kan 'n verskil in hulle gemeenteprojek maak.

Thursday, 28 September 2023


Kom ons as 'n gemeente vat hande en help die !XUN ALFA-gemeente om hulle kerk se vloer te herstel. Slegs 'n R100,00 per gesin uit ons gemeente, kan 'n verskil in hulle gemeenteprojek maak.

Thursday, 14 September 2023

Handevatprojek: !XUN ALFA-gemeente


Kom ons as 'n gemeente vat hande en help die !XUN ALFA-gemeente om hulle kerk se vloer te herstel. Slegs 'n R100,00 per gesin uit ons gemeente, kan 'n verskil in hulle gemeenteprojek maak.

Thursday, 7 September 2023

Handevatprojek: !XUN ALFA-gemeente


Kom ons as 'n gemeente vat hande en help die !XUN ALFA-gemeente om hulle kerk se vloer te herstel. Slegs 'n R100,00 per gesin uit ons gemeente, kan 'n verskil in hulle gemeenteprojek maak. 

Thursday, 31 August 2023

Handevatprojek: !XUN ALFA-gemeente


Kom ons as 'n gemeente vat hande en help die !XUN ALFA-gemeente om hulle kerkvloer te herstel. Slegs 
'n R100,00 per gesin uit ons gemeente, kan 'n verskil aan hulle gemeenteprojek maak.