Showing posts with label Uitreik. Show all posts
Showing posts with label Uitreik. Show all posts
Wednesday, 26 August 2026
Friday, 21 August 2026
Oorvloed kom van Bo
Eendag vra 'n man vir 'n ander man wat soveel goed doen aan ander: "Hoe is dit dat jy so baie het, terwyl jy so baie weggee?"
Daarop antwoord hy hom: "Soos ek uitskep, so skep die Here weer in, en Hy het 'n baie groter graaf as ek".
Mag Hy vandag vir jou met 'n laaigraaf skep!
Daarop antwoord hy hom: "Soos ek uitskep, so skep die Here weer in, en Hy het 'n baie groter graaf as ek".
Mag Hy vandag vir jou met 'n laaigraaf skep!
Wednesday, 19 August 2026
Sunday, 2 August 2026
Eghon Francis: "Wanneer laas en soek jy daarna?"
WANNEER laas het jy regtig 'n ontmoeding gehad met die Vader?
WANNEER laas was jy regtig in die Vader se teenwoordigheid?
WANNEER laas het jy regtig die salwing en teenwoordigheid ervaar van die Heilige Gees?
WANNEER laas was daar vir jou gebid en hande opgelê?
WANNEER laas het jy welkom gevoel tussen mense, en kon jy net jouself wees?
WANNEER laas was die Woord in sy volle waarheid aan jou verkondig?
WANNEER laas was jy regtig gelukkig en kon weer ten volle lewe?
WANNEER laas was jy en jou familie en vriende, gelukkig by 'n gemeente?
WANNEER laas het jy vry gevoel om jouself en jou talente te ontdek en ten volle uit te leef?
WANNEER laas was jy betrokke by 'n geestelike uitreiking?
WANNEER laas het jy regtig welkom gevoel by gemeente?
WANNEER laas is daar uitnodigings en geleenthede gegee, in jou gemeente, vir mense om hulle saak reg te maak met die Here?
[Aangestuur deur Ann]
WANNEER laas was jy regtig in die Vader se teenwoordigheid?
WANNEER laas het jy regtig die salwing en teenwoordigheid ervaar van die Heilige Gees?
WANNEER laas was daar vir jou gebid en hande opgelê?
WANNEER laas het jy welkom gevoel tussen mense, en kon jy net jouself wees?
WANNEER laas was die Woord in sy volle waarheid aan jou verkondig?
WANNEER laas was jy regtig gelukkig en kon weer ten volle lewe?
WANNEER laas was jy en jou familie en vriende, gelukkig by 'n gemeente?
WANNEER laas het jy vry gevoel om jouself en jou talente te ontdek en ten volle uit te leef?
WANNEER laas was jy betrokke by 'n geestelike uitreiking?
WANNEER laas het jy regtig welkom gevoel by gemeente?
WANNEER laas is daar uitnodigings en geleenthede gegee, in jou gemeente, vir mense om hulle saak reg te maak met die Here?
- SOEK JY NA GELEENTHEDE?
- SOEK JY NA ANTWOORDE?
- SOEK JY NA AANVAARDING?
- SOEK JY NA VREDE?
- SOEK JY NA OPLOSSINGS?
- SOEK JY NA WARE LIEFDE?
- SOEK JY NA HULP?
- SOEK JY NA DIE WAARHEID ?
- SOEK JY NA REDDING ?
- DIE GOEIE NUUS IS ...
Wees getrou om die eredienste van jou gemeente by te woon en
wees JY die verskil wat jy graag wil sien en beleef!
Wednesday, 29 July 2026
Wednesday, 17 June 2026
Uitreik: God is getrou
In Augustus 1917 is hy onder hewige bombardemente in die been gewond, so erg dat sy linkervoet aan 'n draad gehang het toe hy by die noodhulpstasie kom. "Gee daardie voet 'n kans, dokter," het hy gesê voordat hy die chloroform geneem het. En, toe hy later weer bykom, was die voet nog daar.
Twee dae later, by die Algemene Hospitaal in Rouen, sê die dokter vir hom: "Ek kan jou voet laat bly, maar jy mag bloedvergiftiging opdoen, en dit kan noodlottige gevolge hê. Of ek kan die voet afsit, en jy sal heeltemal goed vorder.Laat my môreoggend weet wat jou besluit is."
Hy het die dokter bedank vir sy openhartigheid; en die saak verder in gebed aan die Here opgedra. Later in die dag neem hy sy Daily Light om 'n stukkie daaruit te lees, en toe hy die boekie oopslaan by 10 Oktober, lees hy: "Want die Here sal jou vertroue wees, en Hy sal ou voet bewaar vir die strik."(Spreuke 3:26).
Dit was genoeg! Hy het die boek toegemaak en God gedank vir 'n Verlosser en vir 'n Woord wat soos 'n lig op ons pad is.
Vandag het hy nog sy linkervoet en is ook nog aan die leër verbonde. Maar wat meer is, hy getuig nog steeds van sy wonderlike Verlosser en van die wyse waarop sy voet behoue gebly het.
* Lees gerus HIER van nog wedervaringe van Lt. Gen. Sir Arthur Smith
[Bron: Uit die Getuienis van Lt. Gen. Sir Arthur Smith]
Getuienis-uitreik:
Wanneer: Getuienis-uitreike vind Sondae direk na die erediens plaas.
Kontak Coen by: 082 821 0217 vir verdere inligting.Friday, 12 June 2026
Uitreik: Wat moet ons doen?
Ons moet mekaar liefhê
met die Liefde wat God vir ons gee.
Ons moet mekaar vergewe
soos God ons vergewe.
Ons moet vir mekaar bid,
sodat God ons kan beskerm
teen die gevaar dáárbuite.
Ons moet die Woord deel
met hulle wat ons pad vandag kruis.
Labels:
Beskerming,
Bid,
Coen Visser,
Evangelie,
Getuienis,
Liefde,
Straatuitreik,
Uitreik,
Vergewe,
Vergifnis,
Voetspore
Thursday, 11 June 2026
Uitreik: Plakkerskind
Ek deel 'n kamer met my pa, ma en boeties
die ryk mense noem ons die wit plakkerskamp
met hul groot karre bring hul pakke kos en klere
altyd mooi aangetrek en baie vriendelik
staan dan in 'n ry en wag ons beurt af
ons kinders sal opgewonde aan mekaar stamp.
Pappa kry nie werk nie
en mamma huil as ons slaap
dan dink ek aan die tannie
met die mooi klere
huil sy ook
is haar seuntjie ook af en toe honger
speel hy ook met plastiek gewere
ek hoor baie die woord "Armoede"
seker ons bont klere en sinkplaathuisies
daar is dae wanneer ons lekker speel en lag
dan vergeet ek van die mooi, ryk tannie
tot op ‘n dag wanneer almal uit hul huisies skarrel en bondel.
Nou gaan ons weer in 'n lang ry wag
ek is hier gebore, en dit is al wat ek ken
hier is 'n hondjie
maar is almal se hond
by my is sy naam Jasper
ander roep hom anders.
My voete is kaal en vuil
want dit het my skoene gewen
ek is baie lief vir my twee boeties
al maak ons mekaar seer
pappa en mamma het ook vir ons baie van JESUS se LIEFDE geleer.
@tertius
[Geleen op FB]
Getuienis-uitreik:
Kontak Coen by: 082 821 0217 vir inligting.
die ryk mense noem ons die wit plakkerskamp
met hul groot karre bring hul pakke kos en klere
altyd mooi aangetrek en baie vriendelik
staan dan in 'n ry en wag ons beurt af
ons kinders sal opgewonde aan mekaar stamp.
Pappa kry nie werk nie
en mamma huil as ons slaap
dan dink ek aan die tannie
met die mooi klere
huil sy ook
is haar seuntjie ook af en toe honger
speel hy ook met plastiek gewere
ek hoor baie die woord "Armoede"
seker ons bont klere en sinkplaathuisies
daar is dae wanneer ons lekker speel en lag
dan vergeet ek van die mooi, ryk tannie
tot op ‘n dag wanneer almal uit hul huisies skarrel en bondel.
Nou gaan ons weer in 'n lang ry wag
ek is hier gebore, en dit is al wat ek ken
hier is 'n hondjie
maar is almal se hond
by my is sy naam Jasper
ander roep hom anders.
My voete is kaal en vuil
want dit het my skoene gewen
ek is baie lief vir my twee boeties
al maak ons mekaar seer
pappa en mamma het ook vir ons baie van JESUS se LIEFDE geleer.
@tertius
[Geleen op FB]
Getuienis-uitreik:
Kontak Coen by: 082 821 0217 vir inligting.
Wednesday, 3 June 2026
Uitreik: VGK Ring van Kuruman se jeugleiers
Die oplei van Sondagskoolleiers in Suid-Afrika is van kardinale belang om 'n Bybelse grondslag vir die volgende generasie te lê. Op 23 Mei het ds. Ensie en Annatjie Enslin 'n uitreik na die VGK Ring van Kuruman se jeugleiers gehad.
Daar is aan die kursusgangers gewys hoe om interessante, maar goedkoop hulpmiddels te maak om die aanbieding van Sondagskoolklasse meer pret te maak. Hoe om kinders geïnteresseerd te kry, hulle aandag te behou en aktiewe deelname te verseker.
Daar is aan die kursusgangers gewys hoe om interessante, maar goedkoop hulpmiddels te maak om die aanbieding van Sondagskoolklasse meer pret te maak. Hoe om kinders geïnteresseerd te kry, hulle aandag te behou en aktiewe deelname te verseker.
Ons het ook baie pret gehad met die aanleer van toepaslike speletjies, hoe om kinders aan te moedig om te bid en die aanleer van Bybelteksverse.
Die kursusgangers moes hul kinderskoene aantrek en deelneem aan die pret en plesier.
Friday, 8 May 2026
Uitreik: Onbelangrik
In een van ons stede het 'n jong getroude vrou - intelligent, ryk en baie populêr - haar begin kwel oor die toestand van die wêreld, en sy het gewonder wat sy daaraan kan doen. Gewildheid gee vir 'n mens 'n sekere soort platform wat nie almal het nie. Om daardie platform ten goede te benut, is nie elkeen se begeerte nie.
Eindelik het sy iets gedoen wat baie merkwaardig was vir 'n vrou met haar wêreldwyse agtergrond. Sy het na haar naaste buurvrou toe gestap en gesê: "Marie, jy kan vir my lag as jy wil, of jy kan weier as jy so voel, maar ek het net kom hoor of ons nie gereeld kan saamkom om vir die wêreld te bid nie. Dit mag vir jou onbelangrik klink, maar iets dryf my om dit te doen.
Haar buurvrou het haar verbaas aangekyk. Sy het eers vermoed dat dit 'n grap kan wees. Maar toe sy sien dat die ander een ernstig is, het sy ingewillig om aan die versoek te voldoen.
So het die twee vroue dan gereeld saamgekom vir gebed, en ander het mettertyd by hulle aangesluit.
Nadat hulle 'n geruime tyd vir die wêreld gebid het, het dit egter vir die vroue duidelik geword dat hulle geen hoop het om die wêreld te hervorm nie. Daarom het hulle besluit om die euwels in hulle onmiddellike omgewing en woonbuurt in die gebed te begin bekamp.
Hulle het mense geteiken en vir hulle by die naam gebid.
* Mense vir wie gesinswaardes nie belangrik is nie.
* Hulle wat daarvan gehou het om partytjies te hou.
* Hulle wat die elmboog te hoog te lig ten koste van hulle gesin.
* Diegene wat graag naweek na naweek in klubs en kroeë deurgebring het.
Een vir een het diegene wat hulle geteiken het in gebed en gesprek tot bekering gekom.
Immoraliteit, buitensporige probleme, gesinsgeweld, gesinsverwaarlosing en hartseer in die omgewing het gaandeweg minder geword en die gemeenskap het ongemerk 'n verandering ondergaan.
Hierdie aanvanklik poging van 'n aarselende individu wat nie presies geweet het waar om te begin nie, het uiteindelik 'n omwenteling in tientalle lewens in haar onmiddellike omgewing tot gevolg gehad.
Onbelangrik? JY??
Jy weet nie hoe belangrik jy kan wees nie.
[N.V.P.]
Wednesday, 6 May 2026
Wednesday, 29 April 2026
Wednesday, 22 April 2026
Wednesday, 15 April 2026
Thursday, 26 March 2026
Uitreik: Enigste hoop vir die toekoms
In hoofstuk 1:16 skryf Paulus aan die Romeine: "Ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek."
In Paulus se dae het die Grieke meer in poësie en filosofie belanggestel as in iets anders. Dié soort godsdiens wat hulle maklik kon aanvaar, was "verlossing deur kennis," omdat hulle gehou het van enigiets wat met wysheid te doene gehad het. Toe Paulus dus gespreek het oor verlossing deur geloof in Jesus Christus wat gekruisig is, het die Grieke hom vir 'n dwaas aangesien.
Die Jode daarenteen, het belanggestel in die leerstelling van die "verlossing deur werke." Hulle het gedink dat hulle as uitverkore volk gered sou word deur die formele nakoming van die tien gebooie en seremoniële wette. Toe Paulus hulle op die dwaling wys en dit beklemtoon dat hulle slegs deur geloof in Jesus Christus gered kon word, het hulle hom gehaat. Vir hulle was die evangelie 'n struikelblok.
Daar is vandag nog 'n groep mense wat soos die Grieke van destyds bloot belangstel in die sogenaamde wetenskap, en die filosofie aanhang wat God ignoreer. Daar is hulle wat liewer die evolusieleer ondersteun en grade toeken aan mense omdat hulle sulke leuens glo, as om God as Skepper te erken en te gehoorsaam. Hulle verag die Kruis-evangelie en beskou die Christelike geloof as dwaasheid.
'n Ander groep glo dat Jesus Christus 'n geskiedkundige persoon en profeet was, maar omdat hulle gemaklik wil lewe en die wêreldse dinge wil geniet, weier hulle om Hom as Verlosser aan te neem.
Daar is ook diegene wat 'n hekel het in mense wat die waarheid van die evangelie aan hulle wil openbaar, omdat dit hulle rus verstoor. Die evangelie is vir hulle 'n struikelblok.
Tog bly die evangelie die enigste hoop in die deurmekaar wêreld en vir die toekoms.
Ons is die draers van die Evangelie en as ek nie 'n aktiewe dissipel is nie, hoe gaan hierdie verlossingsboodskap by my familie, my buurman en my medemens uitkom nie.
Daar is nie meer tyd om te sit en wag vir ander om dit te doen nie - die tyd is min!
Getuienis-uitreik:
Wanneer: Getuienis-uitreike vind Sondae direk na die erediens plaas.
Kontak Coen by: 082 821 0217 vir verdere inligting.
[The Railway Messenger July 1985 - Tekens van die tye]
Thursday, 12 March 2026
Uitreik: 'n Treffende preek
In Nu-Mexiko loop die spoorlyn deur talle Indiaanse nedersettings, en by elke stasie word die treine oorval deur Indiane wat hulle produkte te koop aanbied.
Terwyl 'n paar passasiers besig was om die ware van 'n Indiaanse meisie te koop, het iemand skertsend opgemerk: "Toeriste word oral berowe. Maak julle klaar om bedroë daarvan af te kom."
"Ek bedrieg niemand nie," het die meisie geprotesteer. "Ek maak self hierdie mandjies, en dit neem my baie dae om hulle klaar te kry."
"Toemaar," het die persoon ongeërg voortgegaan, "almal sê dieselfde. En waarom sal julle ook nie kul nie? Ek sou dieselfde gedoen het as ek in julle plek was."
Sonder aarseling het die meisie se antwoord gekom: "'Wat sal dit 'n mens baat as jy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly? Of wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?' Dit is wat ons in die Sendingskool geleer het, en ek sal nie lieg nie, al moet ek ook honger ly."
"Dit was nie 'n lang preek nie, maar dit het getref," was die kondukteur se opmerking toe die trein uit die stasie beweeg.
Getuienis-uitreik:
Wanneer: Getuienis-uitreike vind Sondae direk na die erediens plaas.
Kontak Coen by: 082 821 0217 vir verdere inligting.
Tuesday, 24 February 2026
Uitreik: Die eerste in twintig jaar
Een koue wintersaand (so verhaal dr. Cuyler) het ek my eerste besoek afgelê by 'n ryk koopman in New York. Toe ek by die voordeur uitgaan en 'n snerpende windjie daar inwaai, sê ek: "Wat 'n vreeslike nag vir die armes!"
Die man het teruggegaan en bring my toe 'n rol banknote met die woorde: "Gee tog asseblief hierdie geld aan die armes wat u ken."
'n Paar dae later het ek aan hom 'n dankie sê-brief geskryf namens die dankbare armes wat deur sy milddadigheid gehelp is. "Hoe kom dit tog," het ek daarby gevoeg, "dat 'n man wat so vriendelik teenoor sy medemens kan wees, tog altyd so onvriendelik is jeens sy Saligmaker, deur Hom sy hart te weier?"
Hierdie vraag het hom diep in sy binneste getref. Hy het vir my 'n boodskap gestuur om hom te kom spreek, en dit was nie lank nie, of hy het hom aan Christus oorgegee. Van toe af was hy 'n baie nuttige en entoesiatiese Christen gewees. Skokkend was egter die feit dat hy vir my vertel het dat ek die eerste persoon was die afgelope 20 jaar wat met hom oor sy siel gepraat het.
[Dr. Theodore Ledyard Cuyler (1822-1909) uit Die Wekker]
Getuienis-uitreik:
Wanneer: Getuienis-uitreike vind Sondae direk na die erediens plaas.
Kontak Coen by: 082 821 0217 vir verdere inligting.
Monday, 9 February 2026
Uitreik: Kom net soos jy is ...
'n Bekende filmbaas het eendag 'n bedelaar op straat raakgeloop, en omdat hy gedink het dat die man besonder geskik sou wees vir filmdoeleindes, het hy vir hom geld gegee en aangesê om vir diens by die ateljee aan te meld.
Toe die bedelaar op die bepaalde tyd sy verskyning maak, was hy skaars herkenbaar. Hy was geskeer, en sy hare netjies geknip vir sy nuwe loopbaan. Tot sy teleurstelling moes hy egter verneem: "Ek is jammer maar ek kan jou nou nie meer gebruik nie."
Baie mense doen dieselfde met betrekking tot hul saligheid. Hulle wil hulself eers verbeter, terwyl die Here Jesus gekom het om sondaars te red. Die Here wil hê dat jy kom net soos jy is ...
Getuienis-uitreik:
Wanneer: Getuienis-uitreike vind Sondae direk na die erediens plaas.
Kontak Coen by: 082 821 0217 vir verdere inligting.
Tuesday, 16 December 2025
Bybelskool raak kinderharte
Kinders van Dutoitspan-gemeente en van oral oor Kimberley het vanaf 1 tot 5 Desember aktief deelgeneem aan die Bybelskool wat deur Dutoitspan aangebied is. Aan stuur van sake was ds. Ensie en sy vrou, Annatjie, wat nie net 'n passie vir God se Woord het nie, maar ook vir kinders.
3. Rooi – NET die bloed van Jesus kan ons skoonmaak van die sonde, sodat ons saam met God in die hemel kan wees.
4. Wit – deur Jesus se sterwe aan die kruis is ons heeltemaal skoon gewas en God stuur die Heilige Gees om ons te help
5. Groen – wanneer ons Jesus as ons Verlosser aanvaar het, moet ons soos ‘n lewende plant bly groei deur: Geloof, gebed en Bybel lees; Gemeenskap met die heiliges (kerk toe gaan); Gee, Gaan, Getuig.
'n Entoesiastiese groep van 64 kinders is gedurende die week geleer hoe om die Evangelie aan ander te vertel met behulp van die kleure van die SA vlag.
Die groepleiers was hoërskooltieners en 4 volwassenes (betrokke by 'n nasorgsentrum en 'n kinderhuis) en ds. Enslin het die speletjies aangebied. Die kinders het 'n vol program gehad, en hulle het met oorgawe deelgeneem.
Elke dag is een van die kleure van die vlag behandel en het al die aktiwiteite van die dag gedraai om die spesifieke kleur, insluitend die Bybelverhaal, die Bybelteksvers, liedjie, skriftelike werk soos blokraaisels en woordsoek, die verskillende speletjies, handwerkaktiwiteit en selfs die verversings!
Elke dag is een van die kleure van die vlag behandel en het al die aktiwiteite van die dag gedraai om die spesifieke kleur, insluitend die Bybelverhaal, die Bybelteksvers, liedjie, skriftelike werk soos blokraaisels en woordsoek, die verskillende speletjies, handwerkaktiwiteit en selfs die verversings!
1. Goud/geel laat dink ons aan ‘n kroon van ‘n koning. God is ons Koning, Skepper en Onderhouer. Hy is Heilig en baie lief vir ons, daarom wil Hy graag hê dat almal van ons saam met Hom in die hemel sal wees. (Ons verversings was geel kaaskrulle.)
2. Swart/donker kleur laat dink ons aan die sondeval en die feit dat ons, as gevolg van ons sonde, nie in die hemel kan kom nie.
Met behulp van verskeie Kimberley-inwoners, is meer as 600 blare gedroog en gepars vir hierdie aktiwiteit!
6. Blou – Jesus het opgevaar hemel toe en sal weer daarvandaan terugkom om ons te kom haal.
6. Blou – Jesus het opgevaar hemel toe en sal weer daarvandaan terugkom om ons te kom haal.
Ons moet gereed wees as Hy weer kom.
Ons maak bottels van “orbeez” van al 6 kleure en gaan hierdie bottels gebruik om vir ander te vertel.
Dit is ons gebed dat elke kind wat die Bybelskool bygewoon het, die Goeie Nuus van Jesus wat hulle gehoor het, sal deel met hulle maats wat nie die geleentheid gehad het om die Bybelskool by te woon nie.Dat hulle soos Koning Salomo in 1 Konings 8:23 sal sê: “Here, God van Israel, in die hemel of op die aarde is daar nie nog ’n God soos U nie.”
Maats, geniet julle vakansie, mag julle Kersfees geseënd wees en onthou die ware rede wat agter al die Kersfeesliggies, vrolikheid en geskenke is.
Mag 2026 vir elkeen van julle 'n vlag-jaar wees!
Subscribe to:
Posts (Atom)
































