Showing posts with label Waarhede. Show all posts
Showing posts with label Waarhede. Show all posts

Saturday, 25 January 2025

Kerkgenotjies: Waarheid - naarheid

* Die vakansie van 'n leeftyd begin dikwels met 'n stukkende waaierband.

* Geen probleem is ooit so groot dat jy nie iemand anders daarvoor kan blameer nie.

* 'n Mens gebruik veel minder spiere om te glimlag as om te frons. ... en nog minder om iemand heeltemal te ignoreer. (??)

* Die getroude lewe is soos vlieë by 'n venster. Dié wat buite is, wil binne wees en dié wat binne is, wil buite wees.

[Dankie, Anoniem, vir hierdie waarhede.]

Saturday, 25 May 2024

Kerkgenotjies: Waarhede om te onthou

Hoeveel kante het 'n kerk?
Drie.
  • 'n Binnekant,
  • 'n buitekant en
  • 'n predikant. 

***
Die kinderlose ou dame wat besig is om haar huis op te ruim om na die aftreeoord te trek, stuur haar familiebybel wat al geslagte lank in hul familie is, na haar broer in die Kaap. Hy moet dit weer op sy beurt vir sy oudste seun gee. Die klerk by die poskantoor vra haar: “Is daar enige iets breekbaars binne-in die pakkie?” waarop sy antwoord: "Net die tien gebooie."