Saturday, 23 May 2026

Kerkgenotjies: Honde

* Die man van Courier Guy staan met ’n pakkie voor die deur, toe ’n blaffende hond skielik om die hoek van die huis aangestorm kom. 
Kerplaks! laat hy die pakkie val. 
Hy snel soos ’n pyl uit ’n boog deur die voortuin en spring soos ’n hoogspringer oor die voorhekkie. Voorwaar 'n nuwe Suid-Afrikaanse rekord.
Intussen gaan die deur oop en die vrou van die huis sê laggend: “Haai, meneer, blaffende honde byt nie, jy ken mos darem die spreekwoord, of hoe?”
“Kan so wees, mevrou” hyg die man uitasem, “maar wie sê daai hond ken die spreekwoord?”

* ’n Boerboel is besig om in vullisdromme rond te snuffel. Hy kan egter beswaarlik beweeg, want hy balanseer terselfdertyd ‘n telefoonpaal op sy nek.
‘n Windhond kom daar aangewaai en vra: “En dié affêre op jou nek nou?”
“Dis om die wolwe weg te hou,” sê die boerboel.
Windhond: “Jy’s besimpeld, man, daar’s mos nie wolwe in Suid-Afrika nie.”
Boerboel: “Wys jou net hoe goed die taktiek werk.”

* Ek staan verlede Saterdag in die ry by Midas. Twee ouens verder af in die ry is druk in gesprek. Sê die een vir die ander: "Ek haat mense wat honde aanhou. Hulle is 'n klomp sissies wat nie genoeg guts het om iemand self te byt nie."

Friday, 22 May 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 3 - Vrydag)

Week 1.3.5 - Die skepping sug saam met ons.

Klik HIER en kyk na die video

Video toeligting tot:
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 1.3.5
Hoofstuk 1:
Die Groot Toneel
Week 3: Gebrokenheid van die Groot Toneel - die aanbreek van wanorde
Dag 5: Die skepping sug saam met ons - maar hoop bly lewendig.

Lees Romeine 8:18-25 

Oordink:
Hoe verander die hoop van God se toekomstige herstel die manier waarop jy na gebrokenheid, hartseer en lyding in die wêreld kyk?

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou.
https://dieplan.org

Gedagte uit 'n koevert: Dankbaarheid leef in aksies

Dankbaarheid is egter nie net ‘n emosie nie,
maar gaan altyd oor tot aksie.
Dankbaarheid inspireer my om my geloof uit te leef,
om saam met ander gelowiges Sondae God te loof
en te dank vir Sy genade,
lief te wees vir God se kinders,
iets van die baie wat ek ontvang,
terug te gee met my tiende,
en elke dag met vreugde te leef!

Afkondiging: Uitnodiging na eerskomende Sondag se erediens

Wat sê ons vir God?

Gabs Malan het die  volgende stukkie geskryf wat vandag nog net soveel waarde het en veral hier rondom Pinkstertyd.

"My laatlam meisiekind het 'n manier gehad om klein-klein briefies vir my te laat rondlê. Ek het al hierdie briefies in 'n album gebêre. Ek het onlangs weer deur die album geblaai en my daaraan verkneukel. Ek deel graag so drie van die briefies:

* 'Ek hou baie van mamma, want ma is so goet vir ons almal,'

* 'Liewe Muis, ek is so jammer ek het nie my tand nie. My ma het hom weggegooi, maar ek het my brief in my beste skoene gesit vir jou. Muis, sal jy asb vir my 'n bietjie geld gee vir my tand. Liefde Lindi .'

* 'Mamma is die beste mamma wat ek nog ooit gehad het. Ek het mamma baie lief.'

Hoe baie beteken hierdie soort briefies nie vir ons as ouers nie? Dis daar om te lees as die dae koud word en die nagte lank - in die dae van eensaamheid en vertwyfeling - dan gee dit my weer mooi herinnerings en moed - hierdie uitdrukkings van liefde van my dogter ...

Wat sê ons vir God?

Sê ons vir Hom hoe lief ons Hom het??

Sê ons ook vir Hom dat hy die beste God en Vader is?

Of is die meeste gesprekke met Hom slegs versoeke?
* Here, help my asseblief ...
* Maak tog my kind gesond ...
* Help tog my man ...
* Bring ons dogter veilig terug ...
* Seën ons gesin ...

Hoeveel DANKBAARHEID is daar in ons gebede? 

Watter wonderlike oomblikke is daar vir ons aardse moeders as ons kinders hul arms om ons kom sit en vir ons sê dat hulle ons so liefhet?

En ek en God?

Is ek nie ook die ontvanger van sy liefde nie? Sorg Hy nie ook al die jare vir my nie?
* Sy bewaring
* Sy liefde
* Sy vergifnis
* Sy hulp
* Sy troue sorg
* Sy bedagsaamheid
* Sy groot sondaarsliefde wat, ja, ook vir my insluit.
* Hy wat selfs bereid was om sy kosbaarste, SY SEUN te stuur om my te kom losmaak van die sondebande wat my vasgevang gehou het.

WAT SÊ EK VIR SOVEEL LIEFDE? 

Hemelse Vader
Ek het U baie lief!
Dankie vir alles wat U vir my is en doen.
Dankie dat U U is, en dat U U elke dag oor my ontferm.
Dankie vir Jesus -
Ek het U baie lief!
Jesus, ek het U baie lief - dankie dat U gekom het om my weer in ere by God te herstel sodat ek nou by God kan uitkom en met Hom kan praat soos 'n kind met sy vader.
Dankie dat U die Heilige Gees gestuur het om in my te kom woonb, om vir my elke dag te lei op die pad van die lewe - my te help om reg te kies, my lief te hê en te vertroos.
Dankie, Heilige Gees van God.
Ek het U baie lief! ...

Dankie, klein-klein Lindi, vir jou briefies en die GROOT les van dankbaarheid - dankbaarheid wat 'n mens in woorde kan sê om 'n ander se hart bly te maak.

Ek wil die Here loof,
Ek wil die Here loof
Met my hele hart
wil ek U loof!

Dawid het gesê: 'Ek het U hartlik lief, Here, my sterkte.' (Ps. 18)

Loflied op die almag en genade van God.
Ps. 33:1 'o REGVERDIGES, jubel in die Here! 'n Loflied betaam die opregtes.'

Ps 37:4 'en verlustig jou in die Here; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.'"

[Spore - Mei/Junie 1984 - bl.13-14]

Thursday, 21 May 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 3 - Donderdag)

1.3.4 Herstel begin by erkenning van sonde en berou voor God.

Klik HIER  en kyk na die video

Video toeligting tot:
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 1.3.4
Hoofstuk 1:
Die Groot Toneel
Week 3: Gebrokenheid van die Groot Toneel - die aanbreek van wanorde
Dag 4: Ware herstel begin by erkenning en berou voor God.

Lees: Psalm 51:1-12

Oordink:
Hoe nooi hierdie Psalm jou uit om eerlik met God te wees oor dit wat in jou hart vergifnis en herstel nodig het?

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou.
https://dieplan.org

Ek is bereid om in jou skoene te loop

Dr. Elsje Büchner: "Ware omgee vra dat ek en jy bereid sal wees om in iemand se skoene te loop. Jy moet bereid wees om te voel wat hulle voel. Omgee beteken dat jy sal seker maak wat vir die ander persoon belangrik is, hoekom hulle sekere dinge vra en sê. Dit is presies wat Jesus gedoen het en wat God van ons vra. Hy het saam met die eenkant mense gaan sit en na hulle geluister, gehoor wat regtig vir hulle saakmaak en wat hulle seermaak. Hy het die krete van armes en eenkant mense gehoor. Hy het in hulle skoene geloop. Hy het selfs sy dissipels se voete gewas.  
 
Jy moet 'n fyn oog en oor ontwikkel vir ander se lag en huil sodat jy saam in hulle skoene kan gaan staan en die pad saam met hulle stap."

[Bron: Plus 50 * Oktober/November 2025]

Wednesday, 20 May 2026

Basaar: Gee bestanddele in by kerkkantoor

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 3 - Woensdag)

1.3.3 Die kern van sonde (Gebrokenheid van die Groot Toneel)

Klik HIER  en kyk na die video.

Video toeligting tot:
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 1.3.2
Hoofstuk 1:
Die groot Toneel
Week 3: Gebrokenheid van die Groot Toneel - die aanbreek van wanorde
Dag 3: Aanbidding van skepping vervang aanbidding van die Skepper - die kern van sonde
Lees: Romeine 1:18-25 

Oordink:
Watter dinge in jou lewe kan maklik die plek van God inneem en hoe help hierdie teks jou om weer op Hom gerig te leef?

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou.
https://dieplan.org

Mossiestilte: Dan. 12:10

Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan.

Daar sal verstandiges wees wat die Woord sal glo en gered word en die Verlosser sal aanvaar as die Seun van God.
Daar gaan egter ook die onverstandiges wees, wat die Woord sal bespot, of ateïste wat die leuen sal glo en die Verlosser sal verwerp.
Johannes sê dat Jesus het na sy eiendom (die mens wat Jesus geskape het) gekom en sy eiendom het hom nie aangeneem nie.
Hulle het die donker liewer gehad as die lig.
Jesus is die Lig van die wêreld.
Wees verstandig en gaan na die Lig, sodat jou werke aan die lig kan kom en duisternis kan vlug.

Here, in u Koninkryk is geen donkerte nie, net u lig. Die son en die maan en sterre sal nie nodig wees om die nuwe Jerusalem te belig nie. Jesus is die ewige lig. Ek wil met my verstand en geloof bely, U is die Seun van God Almagtig, die Vredevors en Raadsman, Ewige Vader. U het my kom red en bevry van Sonde. Amen.

Tuesday, 19 May 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 3 -Dinsdag)

1.3.2 God se hand bly uitgestrek om te red. (Gebrokenheid van die Groot Toneel)

Klik HIER en kyk na die video.

Video toeligting tot:
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 1.3.2
Hoofstuk 1: Die groot Toneel
Week 3:
Gebrokenheid van die Groot Toneel - die aanbreek van wanorde
Dag 2: Sonde bring skeiding, maar God se hand bly uitgestrek om te red.

Lees:Jesaja. 59:1-4 en 12-16

Oordink:
Waar word jy bewus van die afstand wat sonde tussen mense en God bring, en hoe roep hierdie teks jou terug na Hom?

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou.
https://dieplan.org

Statistiek: 417 000 e-kuiers

In minder as twee dae! Dankie, liewe lesers!

Mandjie Hoop: Tel jou seëninge

Jy tel eerstens jou seëninge
en nie jou verliese nie, sê die Here. 
Selfs in jou donkerste nag, 
is jou seëninge steeds baie meer as jou verliese. 
Selfs al het jy alle aardse goed verloor, 
het jy nog vir My, sê die Here. 
Ek is jou grootse Bate en Rykdom. 
Die aardse goed gaan verby, 
maar Ek bly vir ewig by jou. 
Tel jou seëninge. 
Sien jou gesondheid raak. 
Wat van jou kosbare familie en vriende? 
Het jy nog oë om te kan sien? 
Kan jy nog hoor? 
Het jy nog jou twee bene om mee te loop? 
Kan jy nog jou longe vol vars lug trek? 
Daarom lewe jy ‘n lewe van intense genade!

[Aangestuur]

Dankfees: Dankie vir elkeen se mildelike bydraes

Enkele bestanddele is nog uitstaande: 
Olie, kondensmelk, vars melk, blik vrugte, 
kersies (cherries), room (Orley whip), kitspoeding

Oesmaande: Mei

Ons help tans 20 behoeftige gesinne met kospakkies. Enige bydrae - 
klein of groot - is opreg welkom. 
Ons vra dat elke lidmaat, indien dit enigsins moontlik is, 
om wanneer jy kruideniersware koop, ietsie ekstra te koop. 
Jy kan dit enige tyd van die week kerkkantoor toe bring of Sondae 
in die houer in die voorportaal sit.
Vir meer inligting, kontak gerus die kerkkantoor by:
053 842 1100

Monday, 18 May 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 3 - Maandag)

Die mens kies selfgerigtheid en verloor (Gebrokenheid van die Groot Toneel)

Klik HIER en kyk na die video.

Video toeligting tot:
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 1.3.1
Hoofstuk 1:
Die groot Toneel
Week 2: Gebrokenheid van die Groot Toneel - die aanbreek van wanorde
Dag 1: Die mens kies selfgerigtheid en verloor die vrede van Eden.

Lees:Genesis 3:1-16

Oordink:
Waar herken jy in jou eie lewe die versoeking om self te bepaal wat goed en reg is, en wat doen dit aan jou verhouding met God?

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou.
https://dieplan.org

Afkondiging: Bid saam met ons vir 'n geseënde Pinkstertyd en dankfees ...

Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...

* Ek seën jou gees vandag deur die bloed van die Lam.
* Ek seën jou met die wete dat jou Vader jou lief het, ongeag wat jy al gedoen het.
* Ek seën jou met die wete dat Hy jou identiteit ken.
Hy het jou gevorm.
Hy weet hoe jy dink en waarom jy so optree.
Hy weet alles van jou af, jy kan niks vir Hom wegsteek nie.
* Ek seën jou dat jy gekoester mag word in Sy liefde.
* Geseënd is jy, geliefde van God!

[Aangestuur deur Rosetta]

Sunday, 17 May 2026

Afkondiging: Dagboek 17 Mei 2026

Afkondiging: Tweede Kwartaalprogram

Flitsgedagte: Hart

Uitnodiging: Moenie hierdie eenmalige GROOT KUIER mis nie!

Mossiestilte: Luk. 22:32

Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is moet jy jou broeders versterk
.

Jesus bid vir jou en gee lewe in oorvloed vir jou vir ewig en Hy hou nie op om vir jou te bid nie.
Jesus tree daagliks vir jou in by die Vader en in sy lankmoedigheid, gee Hy vir jou barmhartigheid, want die Satan het begeer om jou soos koring te sif.
Sy genade is vir jou genoeg.
Jy wat nou sterk is moet vir jou broers bid.

Dankie Vader, vir u grote genade wat ons geloof elke dag versterk. U gee nooit op om my naam te noem in gebed by die Vader nie. U het 'n plan met my lewe, al is ek nou swak en verloën ek U, bly U by my en verlaat U my nooit nie. U sorg dat ek verlos is van die bose. Nou bid ek vir my broers dat hulle ook tot bekering sal kom in Jesus Naam. My geloof hou nie op nie, want U hou nie op om vir my te bid nie. Baie dankie, my Koning Jesus. Amen. 

Saturday, 16 May 2026

Kerkgenotjies: 'n Manier om ouers te beïndruk??

Twee universiteitsmaats het besluit hulle gaan elk met een van daardie ryk meisies uit die hoë kringe trou. 'n Kits kortpad na die regte kontakte, daaropvolgende rykdom en roem nie uitgesluit nie. 

Kobus ontmoet toe 'n meisie en besluit om Hannes saam te neem sodat hy hom 'n bietjie moed kan inpraat. 

Kobus se ore suis van spanning.

Nadat hulle voorgestel is, glimlag die meisie se pa vir Kobus en sê: "Ek verstaan jou pa is 'n kleinhandelaar?"
Kobus sê beskeie: "Ja, nie eintlik iets watwonders nie."
Hannes klop hom op die rug en sê: "Dié Kobus is tog so beskeie. Sy pa het 'n reeks klerewinkels, nie minder as 25 nie."
Die moeder sê: "Ek verstaan jy het 'n woonstel."
Hannes: "'n Woonstel? Hy het 'n gebou in Venesië!"
Die ouers vervolg: "En jy het 'n motor?"
Hannes lag: "Hy - 'n motor? Hy het drie Rolls-Royces ... en dit is net vir die stad!"
Toe begin Kobus nies.
"Het jy verkoue?" vra die angstige ouers.
"Verkoue?" roep Hannes. "Hy het turberkulose!"

Sommer gou het die ouers presies geweet hoe sake staan.

Friday, 15 May 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 2 - Vrydag)

Week 1.2.5/ VRYDAG - In Christus word die beeld van God herstel
 
Klik HIER en kyk na die video

Video toeligting tot:
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 1.2.5
Hoofstuk 1: Die Groot Toneel
Week 2: Beeld van God en Verteenwoordiger
Dag 5: In Christus word die beeld van God herstel - ons word nuut gemaak deur die Gees
 

Oordink:
Waar ervaar jy dat Christus besig is om jou innerlike te vernuwe sodat jy anders (as ware navolger van Hom) begin leef.

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou.
https://dieplan.org  
 
Klik HIER vir al die video's.

Dankfees: Jou hulp sal hoog op prys gestel word


Eiers, olie, suiker, koekmeel, kondensmelk
Margarien, melk, bevrore groente, tee, koffie, sout,
Maalvleis, blik vrugte, kersies (cherries), room (Orley whip)

Afkondiging: Welkom by eerskomende Sondag se erediens

Gedagte uit 'n koevert: Raadop?

Mense is dikwels RAADOP, 
nie omdat raad op is nie, 
maar omdat hulle nie die Raadsman 
geraadpleeg het nie.

Verjaardagwense

Thursday, 14 May 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 2 - Donderdag)

1.2.4 God se beeld in aksie (Beeld van God en Verteenwoordiger)

Klik HIER en kyk na die video

Video toeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 1.2.4 
Hoofstuk 1: Die Groot Toneel 
Week 2: Beeld van God en Verteenwoordiger 
Dag 4: God vra dat ons reg doen, liefde bewys en nederig wandel – dít is sy beeld in aksie 

Lees: Miga 6:6-8 

Oordink: 
Watter aspek van geregtigheid, liefde of nederigheid roep die Here tans besonder in jou lewe na vore? 

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN 
Alle regte voorbehou. 
https://dieplan.org

Drie dinge wat God vra:
* Gehoorsaamheid
* Liefde en trou
* Nederige afhanklikheid

'n Geseënde en gesalfde Hemelvaartsdag

Rina deel graag hierdie wense met ons lesers:

Mag jy en jou hartsmense
bewus wees van
Jesus
se groot liefde vir julle.

Deel gerus
Jesus
se liefde hier op aarde uit,
want Hy seën ons elke dag 
met oneindige 
liefde en genade.

'n Mooi dag vir jou
en jou geliefdes
en hulle wat vandag jou pad kruis! 

Hemelvaart is 'n geloofstroos



Hand 1:8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees … [Jesus het weggegaan sodat ons die Heilige Gees kon ontvang.]

Johannes 14:12-13 Mense wat in My glo, sal dieselfde dinge doen wat Ek gedoen het, hulle sal meer doen, want Ek gaan nou na die Vader toe. [Die Heilige Gees doen die werk. Hy is op ‘n wonderlike manier in ons! Hy het ons met hemelvaart nie op ons eie gelaat nie maar eintlik nog nader aan ons gekom. Ons kan met Hom praat, ons kan in afhanklikheid voor God gaan staan en Hom vra om ons as sy instrumente te gebruik. Ons is Sy daaglikse advertensie in 'n deurmekaar wêreld.] 

Rom 8:38-39 Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping, kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

Wednesday, 13 May 2026

Verjaardagwense

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 2 - Woensdag)

1.2.3 Werk en verhoudings is deel van ons roeping (Beeld van God en Verteenwoordiger)
 
Klik HIER en kyk na die video

Video toeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 1.2.3 
Hoofstuk 1: Die Groot Toneel 
Week 2: Beeld van God en Verteenwoordiger 
Dag 3: Ons werk en verhoudings is deel van ons roeping as rentmeesters van God se skepping 
Lees: Genesis 2:15-25 

Oordink: Waar in jou alledaagse werk of verhoudings kan jy vandag meer bewustelik as rentmeester van God se skepping leef? 

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou
https://dieplan.org

Drie woorde: 
Voorreg. Verantwoordelikheid. Vertroue.

Mossiestilte: Deut. 30:19b

die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag,


Dit het Hom behaag om sy Seun vir jou sondes te offer en jou vry te spreek.
Jy het die keuse om van die boom van die lewe te eet, noudat jy weet, wat die verskil tussen goed en kwaad is.
Jesus Christus se liggaam is jou voedsel, jou daaglikse brood; spandeer tyd met die Heilige Gees en Hy sal jou leer en lei en troos.
Jesus het gekom om jou, sy geregtigheid te gee en jou verhouding met God te herstel.

Dankie, My Vader wat in die hemele is, dat U my gereinig het met u Seun se bloed. Jesus, ek kies om van die boom van lewe te eet. U het vir my 'n plek gaan voorberei . U het 'n belofte gemaak dat U, my weer sal kom haal. U Heilige Gees leer en verander my denke daagliks. Ek kies om van die boom van die ewige lewe te eet. U is my daaglikse brood, U vul my met my met lewe en genesing, vreugde en blydskap. Amen.

Tuesday, 12 May 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 2 - Dinsdag)

1.2.2 God gee ons waarde (Beeld van God en Verteenwoordiger)

Klik HIER en kyk na die video 

Video toeligting tot:

DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 1.2.2 
Hoofstuk 1: Die Groot Toneel 
Week 2: Beeld van God en Verteenwoordiger 
Dag 2: God gee ons waarde deur sy nabyheid – ware menswees is afhanklikheid 
Lees: Ps. 8:3–9 

Oordink: 
Hoe verander hierdie psalm jou verstaan van jou waarde en afhanklikheid voor God? 

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN 
Alle regte voorbehou. 
https://dieplan.org

Statistiek: 414 000 e-kuiers

Mandjie Hoop: Genade!

Genade is dit wat die wêreld verander het. 
Jesus smous met genade ... 
Genade is gratis,
God deel dit uit - 
jy kan dit nie verdien nie.
Daar is niks wat jy kan doen wat verseker dat God jou meer liefhet nie. 
Daar is niks wat jy kan doen wat sal maak dat God jou minder liefhet nie. 
Dít is hoe genade werk. 
Die oomblik as jy dit begryp, 
is jy vrygemaak.

Monday, 11 May 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis (Week 2 - Maandag)

1.2.1 Die mens dra God se beeld (Beeld van God en verteenwoordiger)

Klik HIER en kyk na die video
Video toeligting tot: 
DIE MEESTERPLAN-LEESROOSTER 1.2.1 
Hoofstuk 1: Die Groot Toneel 
Week 2: Beeld van God en verteenwoordiger 
Dag 1: Die mens dra God se beeld - Sy karakter word in ons lewens sigbaar. 

Lees: Genesis 1:26-31 

Oordink: 
Hoe nooi hierdie teks jou om anders oor jou identiteit en roeping as mens te dink? 

Die Meesterplan - Dr. Frans Hancke 
Kopiereg: 2026 DiePLAN
Alle regte voorbehou 
https://dieplan.org 

Afkondiging: Bid saam met ons vir 'n geseënde dankfees ...

I bless you with this blessings

God bless the work of your hands.
God bless you.
God bless your heart.
God bless your life.
God bless your health.
God bless your home.
God bless your family.
God bless your work.
God bless your spiritual life.
God bless your finances.
God bless all your projects.
God bless you and your family.

God is liefde

God het my in sy hart, al het ek Hom nie in my hart nie.

Daarom hou ek my hart na Hom uit en ek sê: "Here, wát my hart ook al tot nou toe gevoel het, stuur U liefde deur hom."

Ek hou my gedagtes na Hom uit en ek sê: "Here, wát my gedagtes tot nou toe ook al bedink het, stuur U gedagtes deur hulle."

Ek hou my hande na Hom uit en ek sê: "Here, wát my hande ook al tot nou toe gedoen het, werk U deur hulle."

Want ek weet dat Hy nie Sy krag net aan die sterkes gee nie, dat Hy nie Sy wysheid net aan die wyses gee nie, ook nie Sy vreugde net aan dié wat vreugdevol is nie, of Sy seëninge net aan hulle wat geseënd is nie.

God help my nie oor wat ék is nie.
Hy help my oor wat Hy is.
God is LIEFDE.

[Dankie, Ann, vir die deel.] 

Sunday, 10 May 2026