Sunday, 3 May 2026

Die Meesterplan: Leesrooster-reis

Ons begin môreoggend saam met ons leesrooster-reis. 
Elke dag (Maandag tot Vrydag) ontvang jy om 06:00:
* ’n boodskap met die dag se Skrifgedeelte, ’n gedagte vir die dag en ’n vraag om oor na te dink,
* asook ’n skakel na ’n YouTube-video van 3 minute, waarin ds. Hendrik Saaiman die dag se teks kortliks bespreek.
* Vrydae sal daar ’n ekstra boodskappie wees met ’n vraag vir 'n groepsbespreking.

Die boek Die Meesterplan – God se missionale mense: voorsmaak of nasmaak? is 'n ware ontdekkingsreis oor wat ons hier op aarde maak, wie ons in Christus is, hoe ons leef, en hoe ons groei as sy gestuurdes. (Die boek kan bestel word by info@dieplan.org teen R285 plus koerierkoste.)

Die leesrooster wat ons die volgende 52 weke gaan volg, wil ons help om die Bybelse grondslag van die waarhede in die boek raak te sien en ons eie te maak. Hierdie WhatsApp-groep is ’n eenvoudige manier om saam op dié pad van ontdekking en bevestiging te stap en Bybelse antwoorde op so baie vrae te vind.

Mag hierdie 52 weke vir elkeen van ons ’n tyd van seën, verdieping en groei wees. Mag dit elke dag meer wees as net kennis, maar ’n ware ontmoeting met die Here wat besig is om sy herstelplan in Christus in ons lewens te verwerklik en ons bemagtig om as sy gestuurdes te leef.

TC