Die vrug van die Gees ... is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.
As Suid-Afrikaners ken ons almal die resep vir ‘n goeie vrugteslaai. En ons deel graag resepte. Daar is min disse wat moeë mense so kan verfris op ‘n warm sonnige dag, soos vars koel vrugte. (Op hierdie blog is daar sommer 'n hele klompie vrugteslaairesepte - klik HIER vir 'n paar resepte.)
As Christene verstaan ons die woorde of geloofsresep, van Galasiërs 5 op ‘n soortgelyke manier. Daar is min dinge wat ons lewens verfris, soos die vrug van die Gees. Elkeen van hierdie “vrugte” is die gevolg van ons geloof in Jesus Christus. ‘n Keuse vir ‘n lewe aan die hand van God se Woord; ‘n aksie om my eie en ander mense se lewens positief te beïnvloed.
Mag die vrug van jou arbeid jou lewe verfris en vernuwe. Deel gerus Gal. 5 ook met jou vriende.
Showing posts with label Vrugte. Show all posts
Showing posts with label Vrugte. Show all posts
Friday, 13 September 2024
Saturday, 3 August 2024
Vrugteslaai: Warm vrugteslaai met brandewynstroop
Bestanddele:
Vrugte
2 Golden Delicious-appels in blokkies gesny
2 e druiwepitolie
4 vars perskes of pruime in blokkies gesny
200 g gedroogte sagte vye
Stroop
2 k appelsap
3/4 k brandewyn
2 kaneelstokkies
1 knippie sout
1/4 suurlemoen se sap
Metode:
Vir die vrugteslaai:
1. Verhit olie in pan en braai vrugte totdat dit begin verbruin.
(keer vrugte om i.p.v. roer)
2. Skep in poedingbakkies.
Metode:
Vir die brandewynstroop:
1. Verhit bestanddele in pan.
2. Laat prut totdat vloeistof halveer het.
3. Geur met knippie sout.
4. Skep bo-oor gebraaide vrugte
Wenk:
'n Skyfie of twee kaas kan saam met gebraaide vrugteslaai bedien word.
[Dankie, Anoniem]
Vrugte
2 Golden Delicious-appels in blokkies gesny
2 e druiwepitolie
4 vars perskes of pruime in blokkies gesny
200 g gedroogte sagte vye
Stroop
2 k appelsap
3/4 k brandewyn
2 kaneelstokkies
1 knippie sout
1/4 suurlemoen se sap
Metode:
Vir die vrugteslaai:
1. Verhit olie in pan en braai vrugte totdat dit begin verbruin.
(keer vrugte om i.p.v. roer)
2. Skep in poedingbakkies.
Metode:
Vir die brandewynstroop:
1. Verhit bestanddele in pan.
2. Laat prut totdat vloeistof halveer het.
3. Geur met knippie sout.
4. Skep bo-oor gebraaide vrugte
Wenk:
'n Skyfie of twee kaas kan saam met gebraaide vrugteslaai bedien word.
[Dankie, Anoniem]
Saturday, 27 July 2024
Slaairesep: Herfskleurige tropiese vrugteslaai
1 patat
1 papaja
1 papaja
2 piesangs
Sap van 1 suurlemoen
5 mℓ fyngemaalde kaneel
5 mℓ fyngemaalde kaneel
Metode:
1. Kook patat gaar en sny in blokkies.
1. Kook patat gaar en sny in blokkies.
2. Sny papaja in blokkies.
3. Sny piesangs in blokkies
4. Meng al die bestanddele saam en bedien.
Saturday, 20 July 2024
Slaairesep: Vrugteslaai met 'n soet verskil
Bestanddele:
2 x 150 g klein malvalekkers of gewone malvalekkers in stukkies gesnipper.
1 blik mandarynstukke (indien beskikbaar)
2 x 150 g klein malvalekkers of gewone malvalekkers in stukkies gesnipper.
1 blik mandarynstukke (indien beskikbaar)
1 blikkie fyn pynappel ("crushed pineapple")
175 ml grenadellajogurt (aarbeijogurt indien soeter verkies)
Metode:
1. Sny malvalekkers kleiner.
175 ml grenadellajogurt (aarbeijogurt indien soeter verkies)
Metode:
1. Sny malvalekkers kleiner.
2. Meng al die bestanddele saam.
3. Laat staan oornag en geniet dit die volgende dag.
Wenk:
3. Laat staan oornag en geniet dit die volgende dag.
Wenk:
Hierdie slaai kan ook vir poeding gebruik word.
Saturday, 15 June 2024
Sopresep vir die naweek: Goue vrugtesop
250 g gedroogde perskes
150 g gedroogde appelkose
30 ml bruinsuiker
500 ml water
500 ml halfsoetwyn
1,2 ml fyn neutmuskaat
2,5 ml fyn gemmer
30 ml suurlemoensap
250 ml skinkroom
grof gemaalde swartpeper
Kap rooirissie fyn.
Plaas al die bestanddel (behalwe room en peper) saam in 'n kastrol.
Laat prut teen 'n lae hitte vir ongeveer 40 minute.
Verwyder van hitte en laat afkoel.
Voeg 125 ml skinkroom by en puree dit in die voedselverwerker.
Skep in individuele bakkies en garneer met die res van die room.
Geur met swartpeper.
Wenk:
Hierdie sop kan warm of teen kamertemperatuur bedien word.
Bedien saam met 'n verskeidenheid brode,
Nataniël se kommentaar:
* Dis 'n eenvoudige dis met eksotiese ondertone.
* Die speling tussen soet en sout en die kontras tussen die romerigheid en die tikkie brand maak van hierdie sop 'n opwindende affêre.
* Sop wat nie 'n debat aan die gang kry nie, bly 'n treurige storie.
[Geleen: Sarie in samewerking met Clover, Nataniël kook vir vriende, September 2004, bl. 4]
Saturday, 1 June 2024
Slaairesep: Gebakte vrugteslaai
2 kwepers, geskil
2 pere, geskil
3 appels, geskil
½ koppie (125 ml) bruinsuiker
2 koppies (500 ml) appelsap
skil van 1 lemoen
skil van 1 suurlemoen
3 kaneelstokkies
3 naeltjies
1 lemoen in segmente verdeel
Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C.
Sny die kwepers, pere en appels middeldeur en verwyder die pitte.
Sny die vrugte in kwarte en plaas in ‘n mengbak saam met die res van die bestanddele, behalwe die lemoensegmente, en meng alles saam.
Plaas op ‘n bakplaat en bak vir 50-60 minute.
Verhit die roosterelement tot baie warm en laat die vrugte vir ± 5 minute rooster tot die kante goudbruin verkleur.
Verwyder uit die oond en roer die lemoensegmente by.
Bedien saam met melkkos of ongegeurde joghurt.
2 pere, geskil
3 appels, geskil
½ koppie (125 ml) bruinsuiker
2 koppies (500 ml) appelsap
skil van 1 lemoen
skil van 1 suurlemoen
3 kaneelstokkies
3 naeltjies
1 lemoen in segmente verdeel
Voorverhit die oond tot 180°C.
Sny die kwepers, pere en appels middeldeur en verwyder die pitte.
Sny die vrugte in kwarte en plaas in ‘n mengbak saam met die res van die bestanddele, behalwe die lemoensegmente, en meng alles saam.
Plaas op ‘n bakplaat en bak vir 50-60 minute.
Verhit die roosterelement tot baie warm en laat die vrugte vir ± 5 minute rooster tot die kante goudbruin verkleur.
Verwyder uit die oond en roer die lemoensegmente by.
Bedien saam met melkkos of ongegeurde joghurt.
[Dankie, Estelle, vir die deel van hierdie vrugteslaai met 'n warm verskil.]
Saturday, 11 May 2024
Slaairesep: Maklike vrugteslaai vir Moedersdag
Bestanddele:
2 geskilde lemoene
2 geskilde naartjies
1 geskilde pomelo
2 appels (ontpit)
1-2 ferm, ryp pere (ontpit)
1-2 geskilde piesangs
2 geskilde lemoene
2 geskilde naartjies
1 geskilde pomelo
2 appels (ontpit)
1-2 ferm, ryp pere (ontpit)
1-2 geskilde piesangs
1 klein geskilde papaja (ontpit)
1 geskilde pynappel
1 geskilde pynappel
2 koejawels (opsioneel)
1 x blikkie grenadellapulp of 2 vars grenadellas
10 – 12 vars kruisementblare (grof geskeur)
Metode:
1. Verdeel al die sitrusvrugte in segmente. Gooi al die vloeistof van die sitrusvrugte oor die gesnyde appels, pere en piesangs om te verhoed dat dit verkleur.
2. Sny die ander vrugte in ewe groot blokkies.
3. Meng die vrugte kort voor dit gebruik gaan word en meng liggies deur.
1 x blikkie grenadellapulp of 2 vars grenadellas
10 – 12 vars kruisementblare (grof geskeur)
Metode:
1. Verdeel al die sitrusvrugte in segmente. Gooi al die vloeistof van die sitrusvrugte oor die gesnyde appels, pere en piesangs om te verhoed dat dit verkleur.
2. Sny die ander vrugte in ewe groot blokkies.
3. Meng die vrugte kort voor dit gebruik gaan word en meng liggies deur.
4. Voeg die kruisement by.
Wenke:
1. Voeg sade of neute na smaak by vir afwisseling.
Wenke:
1. Voeg sade of neute na smaak by vir afwisseling.
2. Gebruik vrugte in die winter teen kamertemperatuur. Dit bring die smaak lekker na vore.
Saturday, 4 May 2024
Slaairesep: Estelle se vrugteslaai
4 piesangs
2 kiwivrugte
2 koejawels
2 nektariens/geelperskes
2 kiwivrugte
2 koejawels
2 nektariens/geelperskes
1 pynappel, in blokkies gesny (verwyder stronk)
1 tros druiwe, in helftes gesny en pitte verwyder
8-10 aarbeie, in skyfies gesny
2 eetlepels suiker/heuning
sap van 1 lemoen
1 tros druiwe, in helftes gesny en pitte verwyder
8-10 aarbeie, in skyfies gesny
2 eetlepels suiker/heuning
sap van 1 lemoen
sap van 1 klein suurlemoen (opsioneel)
Metode:
1. Sny alle vrugte in blokkies.
Metode:
1. Sny alle vrugte in blokkies.
2. Meng vrugte en versier met kruisementblare.
Wenke:
Om te verhoed dat jou piesang verkleur in die slaai, gooi suurlemoensap oor gesnyde piesangskyfies, of sit die hele piesang met skil en al in kookwater vir 1 minuut, haal uit, laat afkoel, en skil dan, of sny die piesang in skyfies en spoel af in yskoue water voor jy dit in die slaai sit.
Saturday, 20 April 2024
Slaairesep: Maklike vrugteslaai
2 ryp pere
1 soet lemoen
1 klein suurlemoen
1 ryp piesang
1 ryp granaat (pitte)
250 g rooi druiwe -
3 kiwivrugte
1 rooi appel
Metode:
1 soet lemoen
1 klein suurlemoen
1 ryp piesang
1 ryp granaat (pitte)
250 g rooi druiwe -
3 kiwivrugte
1 rooi appel
1 perske (opsioneel)
heuning (opsioneel)
Metode:
1. Was al die vrugte deeglik in soutwater af.
2. Verdeel lemoen in skyfies (sny kleiner indien verkies).
3. Sny pere, piesang en appel in blokkies.
4. Gooi suurlemoensap oor om te verhoed dat dit verkleur.
5. Sny geskilde kiwi (en perske) in blokkies.
6. Meng vrugte en gooi heuning oor.
Saturday, 23 March 2024
Slaairesep: Lietsjieslaai
Benodigdhede:
1 groot blik pynappelblokkies (of 2 kleiner blikke)
1 groot blik lietsjies - heel (of 2 kleiner blikke)
Metode:
Dreineer die vrugte en behou 'n kwart koppie (62 ml) van die lietsjiesap.
Sny die halwe pere in kwarte
Behou lietsjies heel of halveer.
Plaas ingelegde vrugte in slaaibak en gooi die sous oor - meng liggies en versier met takkie kruisement.
Sous:
Bestanddele:
1 blikkie kondensmelk
2 t mostertpoeier
100 ml Ultramel-room
62 ml lietsjiesap
62 ml suurlemoensap
1 klein houer mayonnaise (250 g)
Metode:
Meng al die sousbestanddele baie goed en gooi oor vrugte
Wenk:
Heerlik saam met braaivleis.
Kan tot een week in die yskas hou - geure vermeng lekkerder hoe later.
Saturday, 3 February 2024
Slaairesep: Perskeslaai
Benodigdhede:
Metode:
5 ml kerriepoeier
12,5 ml blatjang
'n knypie sout
7 ml mielieblom
125 ml asyn
1 groot blik gesnipperde perskes
Verhit perskes en stroop saam tot dit kook.
Meng intussen ander bestanddele en voeg dan by kokende perskes.
Laat 'n paar minute lank kook.
Laat afkoel en dien op.
Subscribe to:
Posts (Atom)









