Showing posts with label Esegiël. Show all posts
Showing posts with label Esegiël. Show all posts

Thursday, 17 July 2025

Dink hieroor: Hoe begin jy jou dag?

Kyk na die Bybelse voorbeelde, put inspirasie hieruit en leef dit daagliks:

● ​​Moses sou sê: "Here, as U nie saam ons vooruit gaan nie, laat ons dan net hier bly."
● ​​Abraham sou sê: "Die Here sal voorsien."​​
● ​​Jakob sou sê: "Ek sal U nie laat gaan, totdat U my geseën het nie"​​
● ​​Josua sou sê: "Ek en my huis, ons sal die Here dien."​​
● ​​Samuel sou sê: "Spreek Here, U dienskneg luister."​​
● ​​Nehemia sou sê: "Die blydskap in die Here is my beskutting."​​
● ​​Dawid sou sê: "Die Here is my Herder, niks sal my ontbreek nie"​​ en "Dit is die dag wat die Here gemaak het, laat ons juig en bly wees."​
● ​​Salomo sou sê: "Vertrou die Here met jou hele hart en leun nie op jou eie insigte nie, in alles wat jy doen maak dit bekend aan die Here en Hy sal jou paaie gelyk maak."​​
● ​​Jesaja sou sê: "Staan op, word verlig want jou lig kom en die heerlikheid van die Here gaan oor jou" en "Geen wapen wat teen jou gesmee word sal iets uitrig nie."​​
● ​​Jeremia sou sê: "Die Here het planne om my voorspoedig te maak en sal my nie teleurstel nie."​​
● ​​Jabes sou sê: "Dat U my sal seën en my grondgebied vermeerder"​​
● ​​Sadrag, Mesag en Abednégo sou sê: "Ons buig voor geen beeld nie, maar ons sal die Here dien"​​
● ​​Esegiël sou sê: "Enige droë bene in my lewe, sal weer lewe"

[Dankie, Anoniem, dat jy hierdie inspirasie met ons deel.]

Sunday, 24 November 2024

Mossiestilte: Es. 38:23

So sal Ek My dan as groot en as heilig laat ken en Myself bekend maak voor die oë van baie nasies; en hulle sal weet dat Ek die Here is.

Die dag waarna alle kinders van God uitsien, wanneer jy God Homself, laat wys dat geen ander gode toegelaat word voor sy aangesig nie. Dit gaan net oor Hom en sy koninkryk. Hy het alles geskep om Hom te verheerlik. Hy is God Almagtig; die Alpha en die Omega, die Skepper van alles in die heelal.
 
Hierdie God, is jou ewige Vader wat sy verlossingsdaad vir jou gegee het, om jou na sy koninkryk te bring, sonder die sonde; skoongewas deur die bloed van die Lam. Die Vader se liefde oorheers alles; Sy groot haat vir die sonde het alles op die hoof van Jesus afgekom.

Onse Vader in die hemel, laat u koninkryk kom, laat u wil geskied, in die hemel so ook op die aarde. Heilige Gees leer my en lei my, om te doen wat die Vader verlang. Ek wil U dien en vereer en u Seun Jesus verheerlik. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]