Showing posts with label Geheim. Show all posts
Showing posts with label Geheim. Show all posts

Tuesday, 21 July 2026

Die geheim van die kleiballe

’n Man was besig om grotte langs die see te verken. In een van die grotte vind hy ’n seilsak met ’n klompie verharde kleiballe. Dit het gelyk of iemand die kleiballe met hul hande gerol het en hulle in die son gelaat het om kliphard te bak.

Hulle was nie indrukwekkend nie, maar het die man tog gefassineer en hy het die seilsak saam met hom uit die grot gedra. Terwyl hy langs die strand stap, het van die kleiballe geneem en hulle een vir een in die see gegooi sover as wat hy kan.

Hy het nie veel daarvan gedink nie, want dit is hoe hulle as kinders gemaak het met klippe as hulle langs die strand wandel, totdat hy een van die kleiballe laat val op ’n rots en dit oopkraak. Binne was ’n pragtige kosbare edelgesteente gewees!

Baie opgewonde begin die man die oorblywende kleiballe oopbreek. Elke een van die kleiballe bevat ’n soortgelyke skat. Hy het ’n paar duisend rand se waarde aan edelgesteentes in die 20 of so oorblywende kleiballe gevind.

Toe tref dit hom. Hy was al ’n hele wyle op die strand wat hy so kleiballe in die see gooi. Hy het maklik tussen 50 of 60 kleiballe in die see gegooi met hul verskuilde skat in. In plaas van ’n paar duisend rand se edelgesteentes kon hy 'n honderdduisend rand se edelgesteentes huis toe geneem het, maar hy het dit weggegooi!

Dit is ook so met mense. Ons kyk na iemand en ons sien net die buitenste kleihouer. Dit lyk nie na veel van buite nie. Dit is nie altyd pragtig en sprankelend nie, dus verwerp ons dit.

Ons sien die persoon as minder belangrik in vergeleke met iemand wat beeldskoon, of stylvol, of beroemd of ryk is. Maar ons het nie tyd gemaak om die versteekte skat wat binne die persoon begrawe is, te vind nie.

Daar is ’n skat in elke een van ons. Indien ons tyd sou maak om die persoon te leer ken en God te vra om ons te help om die persoon te sien soos Hy hom sien. Dit is dan dat die klei begin afdop en die mooiste skat begin skitter.

Mag ons nie aan die einde van ons lewe kom en uitvind dat ons ’n fortuin aan vriende weggegooi het net omdat die skat verborge was in ’n dun lagie klei nie.
 
Mag ons die mense met wie ons in aanraking kom, sien soos God hulle sien.

Sunday, 7 May 2023

Die Geheim

Eendag vra die een vriend vir die ander:
"Hoe is dit moontlik dat jy altyd so gelukkig is?
Jy het soveel energie,
En ek het jou nog nooit af of moeg gesien nie ... "
Met 'n glimlag in sy oë sê hy:
"Ek ken die geheim!"
"Wat se geheim is dit?"
Hy antwoord:
"Ek sal jou alles van die geheim vertel,
Maar jy moet my belowe,
Dat jy die geheim met almal sal deel."
Na instemming sê hy: 
"Die geheim is dat ek het geleer dat daar min in my lewe is
wat ek kan doen om myself werklik gelukkig te maak.
Ek moet op God vertrou om my
gelukkig te maak en te voorsien in my behoeftes.
Wanneer 'n behoefte in my lewe ontstaan,
moet ek op God vertrou om daarin te voorsien ...
Ooreenkomstig Sy besluit.
Ek het geleer dat die meeste van die tyd
het ek nie die helfte nodig van dit wat ek wil hê nie.
Hy het my nog nooit teleurgestel nie.
Vandat ek hierdie geheim geleer het, is ek gelukkig."
Die vriend se eerste gedagte was:
"Dit is te simpel en te eenvoudig!"
Maar nadat hy sy eie lewe oordink het,
besef hy, hy het gedink 'n groter huis sal hom gelukkiger maak, maar nee, dit het nie!
'n Meer betalende werk sal hom gelukkiger maak, maar dit het nie.
Wanneer het hy besef was hy op sy gelukkigste?
Toe hy saam met sy kinders en nou saam met sy kleinkinders op die mat gesit het,
en speletjies gespeel, pizza geëet en vir hulle 'n storie gelees het.
'n Geskenk van God.
Nou weet jy dit ook!
Mens kan nie op mense vertrou om jou gelukkig te maak nie.
GOD en Sy wysheid alleen kan dit doen.
Vertrou op Hom!
Hierdie geheim word nou met elke leser gedeel.