Showing posts with label Pienk Boekie. Show all posts
Showing posts with label Pienk Boekie. Show all posts

Monday, 12 January 2026

Projekte: Diensprojekte en toerustingsprojekte

Voorstelle van die vrouelidmate uit die NK - aktiwiteite buite gemeenteverband:
* Sopkombuise
* Broodjies by bloedskenkaksies
* Hulp by huise vir bejaardes of gestremdes
* Hulp by dienssentrums
* Breiprojekte vir mense in nood in jou onmiddellike omgewing of vir seemanne of vir vigswesies
* Bydraes vir of betrokkenheid by kinderhuise
* Huisvesting en/of onthaal van fietstoere (Trap vir Bybelverspreiding)
* Vervoer vir senior burgers na dokter/hospitaal/fisioterapeut/winkel toe
* Bybelstudie by instansies buite gemeentegrense

Temas vir byeenkomste (gereël vir vroue deur omgeevroue)
* Kommunikasie en konflikhantering
* Koffie saam met die Koning
* Goddelike verhoudings
* Jy is spesiaal
* Vyf tale van die Liefde
* Soveel om voor dankbaar te wees

[Die Pienk boekie, Nuusbriefnr. 93 - Maart 2011]

Tuesday, 13 June 2023

Terugblik: Die Pienk Boekie


Dawn du Preez vertel: Gedurende 2011 was Kimberley vir vier dae sonder water; die winkels het ook geen water op hulle rakke gehad nie. Een van die senior burgers van Kimberley-Wes gemeente wat nog op haar eie woon, het haar apteker gebel om hom te vra of hy nie asseblief vir haar 'n bietjie water kan stuur vir 'n koppie tee en die res vir haar hondjie nie. Sy het niemand anders om te vra nie.

[Dit laat 'n mens dink hoe betrokke is ons regtig met die mense wat nie geld of 'n manier het om water te koop nie, veral deesdae is geen water eerder die reël as die uitsondering.]

[Bron: Die Pienk Boekie Nuusbrief nr. 93 Maart 2011] 

Die Pienk Boekie is 'n boekie wat kwartaalliks uitgegee is vir die vrouelidmate van die NG Kerk in die Noord-Kaap. Die redakteur op daardie stadium was Janetta du Preez wat op Lime Acres gebly het.

Die visie van hierdie Christen-vroue was leer, leef en dien met liefde.