Showing posts with label Malawi. Show all posts
Showing posts with label Malawi. Show all posts

Tuesday, 28 November 2023

Terugflits: Elke dag 'n Kersfeesgesindheid


Met al die geskarrel om die Santa shoebokse betyds klaar te kry en reg te kry, die afsluitingsfunksies, die heerlike kersetes wat die verskillende organisasies hou en die gemeente se kerssangdiens wat verlede Sondag gehou is, dink 'n mens onwillekeurig aan gesindhede en wat die boodskap van kersfees is.

Met hierdie terugflits na die Septemberuitreik in Malawi, staan die opregte hartlikheid, blydskap, warmte, liefde, omgee, vriendelikheid, goedhartigheid, nederigheid en  mededeelsaamheid uit - die vrug van die gees waarvan ons in Galasiërs 5 lees ... 'n kersfeesgesindheid wat daagliks uit hierdie mense straal.

Klik HIER om weer 'n keer na die foto's te kyk.

Foto's: Ds. Ensie Enslin

Tuesday, 10 October 2023

Duisend dankies, Dutoitspanners


Die funksies en aktiwiteite wat die kerk aangebied het, het so vinnig gekom en gegaan. Almal het só uitgesien daarna en nou is die blokkies afgemerk en snel die jaar ten einde. Ons dink aan die onlangse lentefunksie, die mandjiedans en ook ds. Ensie se uitreik na Malawi. Pragtige blomruikers, mooi gedekte tafels en heerlike eetgoed/etes was aan die orde van die dag. Gesindhede en die goeie samesyn was die gom wat van elke aktiwiteit 'n wenner gemaak het.

'n Groot dankie aan elkeen wat ongesiens en ongevraagd die ekstra myl geloop het om van die onderskeie funksies 'n sukses te maak.
 .  
Die kerk bid dat die saad wat in Malawi gesaai is, vrugte sal dra. Alle dank aan ons Hemelse Vader wat ons, Sy kerk, so ryklik seën, bewaar en behou.

Thursday, 21 September 2023

Malawi: Terugvoering na week 2

diePLAN se 3de week kerkleierskaps-opleiding in Mission4
(Malawi-Suid). Vorige 2 weke was in Area 49
Dubai (Lilongwe, Malawi Sentraal) & Ekwendeni
(naby Mzuzu) in Malawi-Noord.
Alle eer aan God wat getrou is!
(Meer foto's is op aanvraag beskikbaar.)

Gisteraand se Jesus-film opkoms ... res staan buite
 die tent ... Baie oorgawes in reaksie op die film!!!
Soli Deo Gloria!!! Dankie vir jul gebede!!
Klik HIER vir nog foto's.

Saturday, 9 September 2023

Malawi: Spesiale voorbidding - week 2


Ds. Ensie: "Sopas in Ekwendeni (Malawi Noord, naby Mzuzu) aangekom. Begin vannaand DV met Jesus-film, So: Walking with Jesus, Ma: The Story of Jesus for children, Tu: Magdalene. Ek probeer nou ook die skakels vir d download vir Rivka (Eng & Chichewa) & ander in Eng & Chichewa, te kry.
Other languages here: Tumbuka (North) & Sena (South - the week after this week). Dankie! Wat 'n voorreg om die Naam van Jesus ook op hierdie manier te kan versprei!!! SOLI DEO GLORIA!!!"
(Ontvang: Saterdag, 9 Septerber, 16:46)

Friday, 8 September 2023

Malawi: Spesiale voorbidding - week 2



Ds. Ensie: "Ons neem môreoggend bus na village naby Mzuzu (Malawi-Noord) vir 2de week. Bid asb!"

Malawi: Terugvoering na week 1





Ds. Ensie: "Vandag klaar met diePLAN se 1ste groep kerkleiers in Malawi Sentraal (Lilongwe, Area 49, Dubai). Nou eers middagete en eksamen begin direk daarna. BID ASB vir hulle! Dis 'n besondere groep kinders van God!!! Lief julle & dankie vir jul gebede wat my deur hd week gedra het!!! Soms al 08:00 begin tot ná 16:00/16:39 & elke aand vanaf 18:30 Jesus films & gesprekke/gebede daarna ... Dankie Antjie vir die herinnering aan louwarm soutwater om te gorrel vir seer/rou keel! 100% gewerk! Neem môreoggend bus na village naby Mzuzu (Malawi-Noord) vir 2de week. Bid asb! Ek stuur nou enkele vroeëre foto's vd week ..."

Hierdie eerste groep se opleiding was van Sondag, 3 September - Donderdag, 7 September 2023.

Klik HIER vir die ander foto's van week 1 van die opleiding.

[Waaroor gaan diePLAN? Gaan klik HIER en HIER om meer te wete te kom oor diePLAN]

Saturday, 2 September 2023

Malawi: Spesiale voorbidding


Die vier pastore van die sentrale deel van Malawi het vir ds. Ensie by die lughawe in Lilongwe kom haal vir die eerste week se diePLAN kerkleierskapsopleiding. BID asseblief vir die ongeveer 45 pastore wat vir die eerste week geregistreer het. Die totale registrasie vir die volgende drie weke is sover 125. Bid asseblief dat hierdie getal sal groei en dat die opleiding op vrugbare grond sal val.