Sunday 25 June 2023

I can't ...

I can't pray LORD if I only live for myself
I cannot pray FATHER if I have not become His child
I can't pray WHAT IS IN HEAVEN if I'm still earthbound
I can't pray HALLOWED BE YOUR NAME if I use it suddenly
I can't pray LET YOUR KINGDOM COME if I don't carry out His word
I can't pray LET YOUR WILL BE DONE if I always want my own sense
I cannot pray for my DAILY BREAD if am living exponentially
I can't pray AS WE FORGIVE OUR DEBTORS when I walk around with a grudge
I can't pray LEAD US NOT INTO TEMPTATION if I play with sin
I can't pray TO YOU BELONG TO THE KINGDOM if I'm not serving Jesus
I cannot pray AND THE POWER if there is still fear in my heart
I can't pray AND THE GLORY as the own I rule my life
I can't pray TILL ETERNITY if I don't expect His coming
I can't say AMEN if I don't believe like a child.

Tuesday 20 June 2023

Nou en vir altyd ...

Ek het gevra vir krag sodat ek kon presteer.
Toe maak Hy my swak sodat ek kan leer.

Ek het gevra vir gesondheid sodat ek groot dinge kon verrig.
Toe gee Hy genade sodat ek kan besef daar is 'n beter plig.

Ek het gevra vir rykdom sodat ek geluk kon koop.
Toe gee Hy armoede om my van my hoogmoed te stroop.

Ek het gevra vir mag sodat ander my kan prys.
Toe gee Hy my die wysheid om Sy liefde te kan wys.

Ek het gevra vir alles in die lewe sodat ek dit kon geniet.
Toe gee Hy my 'n hart wat ten spyte van die lewe vreugde kan bied.

Ek het niks ontvang waarvoor ek gevra het nie.

Maar in Sy oneindige wysheid, liefde en genade het Hy my meer gegee as waarvoor ek ooit kon hoop.
Want selfs al gaan ek deur donker dieptes hoef ek nou nie meer bang te wees nie.

U is by my.
By U is ek veilig.

U goedheid en liefde is my huis en my hart.
Nou kyk ek op na die berge en weet U is daar.

U sal my beskerm teen alle gevaar.
Nou ...
Altyd.

Monday 19 June 2023

Besoek gerus die blog en kuier saam met ons

Dutoitspan se blog is net 'n selfoon ver. Merk hierdie leesgenot gerus as 'n gunsteling op jou foon. Daar is 2595 artikels en 50 pages om van te kies. Die pages is aan die linkerkant. Onder die pages is daar trefwoorde wat jou direk na die artikel/artikels vat.

Bogenoemde statistiek is net 'n paar getalle om vir ons 'n aanduiding te gee wat die afgelope maand gelees is. Die page wat 'n groot gunsteling onder die lesers was, is Moedersdag. Dit wil voorkom asof die ma's baie belangriker as die pa's is. Vadersdag lê in die derde plek, ten spyte daarvan dat Vadersdag in Junie-maand val.


Klik HIER om 'n vinnige draai by die page Moedersdag te maak, as jy graag wil weet hoekom dit so gewild is. 'n Ander interessante besoekpunt is die blink idees vir 'n basaar. Dit is 'n aanduiding dat die basaar nie te ver is nie. Klik HIER om 'n paar basaaridees te kry.


Die post wat die meeste besoek is, is die nagmaaldiens wat by Sally Aucamp gehou is. Klik HIER as jy 'n kykie in die lewe van 'n Sally Aucamp-inwoner wil kry. In die tweede plek hou die lesers (ek vermoed dis die vrouelesers) van die wyse waarop pa na kerk vir die gesin vleis braai.  Klik HIER om die braaistorie te lees.

'n Groot dankie vir elke getroue leser, elkeen wat só gereeld brokkies nuus, foto's en inspirasiestories instuur en die gereelde terugvoering wat nodig is om 'n behoeftebepaling te doen. Vandag sê ons 98 000 keer dankie! Indien enige een 'n staaltjie, storie of besondere foto het, kan hulle dit gerus stuur aan aldawelman@gmail.com

Sunday 18 June 2023

Ek is nog steeds jou Pa ...

Ek is nog steeds jou Pa ...
As jy nie meer luister of omgee wat ek sê nie.
Ek is nog steeds jou Pa ...
As jy besluit dat ek outyds is en jou eie pad wil gaan.
Ek is nog steeds jou Pa ....
As jy terugpraat, kla en stry.
Ek is nog steeds jou Pa ...
As jy dink, jy weet jy meer as ek.
Ek is nog steeds jou Pa ...
As jy wegtrek en 'n stukkie van my hart saamneem.
Ek is nog steeds jou Pa ...
En ek sal jou nog net so lief hê soos die eerste dag toe ek jou in my arms gehou het.
Ek is nog steeds jou Pa ...
En ek sal vir jou bid en sorg dat jou vlerke sterk genoeg is om te sweef.
Ek is nog steeds jou Pa ...
ek sal wil hê wat die beste is vir jou en ek sal my planne vir joune opoffer.
Ek is nog steeds jou Pa ...
Ek sal altyd plek vir jou hê en 'n drukkie om jou te verwelkom.
Ek is nog steeds jou Pa ...
En tot my laaste asem sal ek jou liefde aanhou dra.
En dank God elke dag vir die voorreg en vreugde wat dit al genoem is
Jou Pa.

[Oorgeneem]

Thursday 15 June 2023

Sally Aucamp: Gumtree Market

 

Dankfees: 29 Julie 2023


29 Julie is om die draai en so ook die kerk se jaarlikse dankfees. Ons benodig jou hulp, betrokkenheid en bydraes, onthou ... daar is selfs 'n tafel vir die wit olifante in jou huis. Kontak gerus die kerkkantoor vir verdere inligting by 053 842 1100.

Donasies kan gedurende kantoorure afgegee word by die kerkkantoor.

Wednesday 14 June 2023

96 000 e-besoeke

Die lewe ... uit 'n ander hoek

Die lewe is soos visvang ... ons is soos 'n visstok,
party dae gooi die lewe jou hard,
ander dae staan jy alleen in 'n hoek,
party dae breek jou lyn
en ander dae sit jy vas op moeilike plekke.
Alles hang net af van die persoon wat jou vashou,
jou beheer en in wie se hande jy geplaas is.
Vertrou op die Here
en terwyl Hy jou beheer,
sal Sy hand altyd daar wees vir jou en jou steun!!

[Dankie, Anoniem, dat jy hierdie stukkie met ons deel.]

Tuesday 13 June 2023

95 000 e-besoeke

Meer as 'n 1000 e-besoeke per dag.

Terugblik: Die Pienk Boekie


Dawn du Preez vertel: Gedurende 2011 was Kimberley vir vier dae sonder water; die winkels het ook geen water op hulle rakke gehad nie. Een van die senior burgers van Kimberley-Wes gemeente wat nog op haar eie woon, het haar apteker gebel om hom te vra of hy nie asseblief vir haar 'n bietjie water kan stuur vir 'n koppie tee en die res vir haar hondjie nie. Sy het niemand anders om te vra nie.

[Dit laat 'n mens dink hoe betrokke is ons regtig met die mense wat nie geld of 'n manier het om water te koop nie, veral deesdae is geen water eerder die reël as die uitsondering.]

[Bron: Die Pienk Boekie Nuusbrief nr. 93 Maart 2011] 

Die Pienk Boekie is 'n boekie wat kwartaalliks uitgegee is vir die vrouelidmate van die NG Kerk in die Noord-Kaap. Die redakteur op daardie stadium was Janetta du Preez wat op Lime Acres gebly het.

Die visie van hierdie Christen-vroue was leer, leef en dien met liefde.

Liefdesbrief aan 'n suster

’n Vrou het saam met haar ma tee gedrink. Terwyl hulle oor die lewe en volwassenheid gepraat het, het haar ma gesê: "Moet nooit jou susters vergeet nie! Hulle sal mettertyd baie belangrik word, maak nie saak hoe lief jy jou man, of jou kinders het nie, jy gaan jou susters nodig hê!" 

"Onthou wanneer ek praat van jou susters, bedoel ek ALLE vroue wat aan jou geheg is."

“Soms moet jy hulle kontak, dalk saam met hulle uitgaan, dinge saam met hulle doen, want eendag sal jy hulle nodig hê!” Die dogter het daardie woorde in haar toegesluit. Sy het kontak met haar susters behou. Sy het deur die jare baie vriende gemaak. sommige het gekom, sommige het gegaan, maar mettertyd het sy verstaan ​​wat haar ma bedoel het. Die wêreld, tyd, natuur en lewe bied hul veranderinge en raaisels in 'n vrou se lewe, maar jou ware susters bly altyd. Na al die jare wat ek op hierdie aarde geleef het, het ek geleer dat:
  • Tyd gaan verby.
  • Die lewe gebeur.
  • Kinders word groot.
  • Afstand skei.
  • Passie neem af.
  • Die hart breek.
  • Ons ouers sterf.
  • Gunste word vergeet.
  • Werksgeleenthede kom en gaan.
  • Loopbane eindig.
MAAR ... jou susters is altyd daar, maak nie saak die afstand tussen julle nie. ’n Suster is nooit te ver om bereik te word nie. wanneer jy deur 'n eensame vallei moet stap en dit vir jouself moet doen, sal die susters van jou lewe om jou wees, jou bemoedig, vir jou bid, jou druk, vir jou ingryp en met ope arms vir jou wag by die einde van die pad. Hulle sal langs jou loop ... of selfs jou vrag dra.
Oumas, ma's, dogters, kleindogters, niggies, tannies, skoonma's, skoonsusters, skoondogters, buurvroue en vriende ... Hulle is almal jou susters en hulle is God se seën in die lewe!

[Dankie, Rina, dat jy hierdie waarheid met ons deel.]

94 000 e-besoeke



Die getalle het slegs betrekking op die afgelope 12 dae. 
Juniemaand is nog nie twee weke oud nie, maar dié blog het meer besoekers tot en met vandag gehad, as wat ons die hele vorige maand gehad het. Ons e-besoeke vir hierdie maand staan reeds 9556 sterk teenoor Meimaand se 1940 e-besoeke. 

Dankie vir al die getroue e-lesers en die positiewe kommentaar. Ons waardeer die kommentare. Dit gee 'n gesig aan Dutoitspan se e-lesers. Lekker lees!

Thursday 8 June 2023

90 000 e-besoekers


Woensdag 7 Junie 23:30

Woensdag 7 Junie 23:30

Donderdag 8 Junie 16:45
 
Donderdag 8 Junie 16:45

Vanaf Sondag tot Donderdag het hierdie blog 4000 besoeke gekry. Dankie vir elke leser wat hier kom inloer. 

Nagmaal by Sally Aucamp


Die Nagmaal is ‘n fisiese teken wat ons herinner aan God se ewigdurende, onvoorwaardelike liefde vir ons. Wanneer ons die brood eet en wyn/sap drink, herinner dit ons dat Christus Sy liggaam (brood) en Sy bloed (wyn/sap) gegee het sodat ALMAL vergewe kan word en ALMAL mag deel in Sy liefde. Dis ‘n geleentheid waar ons vir ‘n oomblik nadink oor Sy lyding, maar dit is ook ‘n fees wat ons vier saam met ander, juis sodat ons kan onthou dat Jesus ons almal liefhet en dat ons mekaar ook só moet liefhê.

Ds. Ensie van Dutoitspan

Seën vir jou, Vincent!

Seën vir jou, Bobo!

Seën vir jou, Jan!

Seën vir jou, Nella!

Seën vir jou, Thuso!

Seën vir jou, Eddie!

Seën vir jou, Allen! 

Seën vir jou, Danie!

Seën vir jou, Antoinette!

Die HERE sal jou seën en jou behoed; die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.

NÚMERI 6:24-26 AFR53


Foto's en inligting: Rina Groenewald

Tuesday 6 June 2023

Begin vanaand ...

'
n Boek van VERGIFNIS en onverdiende GENADE.
‘n Boek van nuwe BELOFTES en HOOP
Gedagtes van VOORSPOED en nie van teëspoed nie.

JESUS skryf jou boek van heelmaak
en genesing, liggaamlike genesing,
maar ook vir jou seer, emosies en herinneringe ...

Laat Jesus jou boek se blaai omblaai.
Begin elke dag op 'n SKOON blaai.
Los al die gisters se seerkry,
begin 'n nuwe môre vandag.

87 000 keer dankie aan al ons getroue lesers


Meer as 'n 1000 e-besoekers in twee dae. Vir Dutoitspanblog is dit 'n rekord. Dankie vir elke getroue besoeker. Indien daar enige voorstelle, staaltjies of gebeure is wat jy graag met ons wil deel, stuur 'n e-pos aan aldawelman@gmail.com. Ons sien uit daarna om van jou te hoor.
Ons e-lesers is versprei oor die wêreld
840 lesers 20:00 op 6 Junie 2023

1094 lesers 22:45 op 6 Junie 2023

114 mense het vandag hierdie braaistorie gelees