Wednesday 29 November 2023

DIE GEBED WAT DIE WÊRELD GESKOK HET

Toe pastoor Joe Wright gevra is om die nuwe sitting van die Kansas Senaat te open, het almal die gewone algemeenhede verwag, maar dit is wat hulle gehoor het:

"Hemelse Vader, ons kom vandag voor u om u vergifnis te vra en u rigting en leiding te soek. .

Ons weet U Woord sê: 'Wee hulle wat kwaad goed noem', maar dit is presies wat ons gedoen het. Ons het ons geestelike ewewig verloor en ons waardes omgekeer.

Ons het die armes uitgebuit en dit die lotto genoem.

Ons het luiheid beloon en dit welsyn genoem.

Ons het ons ongeborenes doodgemaak en dit keuse genoem.

Ons het anti-aborsioniste geskiet en dit geregverdig genoem.

Ons het nagelaat om ons kinders te dissiplineer en noem dit selfbeeld bou.

Ons het mag misbruik en dit politiek genoem.

Ons het ons naaste se besittings begeer en dit ambisie genoem.

Ons het die lug met vloek en pornografie besoedel en dit vryheid van uitdrukking genoem.

Ons het al die ou waardes van ons voorvaders bespot en dit verligting genoem.

Deursoek ons, o God, en ken ons harte vandag; reinig ons van elke sonde en maak ons ​​vry.

Amen!"

Die reaksie was onmiddellik. 'n Aantal wetgewers het tydens die gebed uitgestap in protes.

In 6 kort weke het Central Christian Church, waar ds. Wright pastoor is, meer as 5 000 telefoonoproepe aangeteken met slegs 47 van daardie oproepe wat negatief gereageer het.

Die kerk ontvang nou internasionale versoeke vir afskrifte van hierdie gebed uit Indië, Afrika en Korea.

Kommentator Paul Harvey het hierdie gebed op sy radioprogram: "The Rest of the Story" uitgesaai en 'n groter reaksie op hierdie program gekry as enige ander program wat hy nog ooit uitgesaai het.

Mag hierdie gebed met die Here se hulp oor ons volk spoel en van harte ons begeerte word sodat ons weer genoem kan word: "een nasie onder God."

Tuesday 28 November 2023

Terugflits: Elke dag 'n Kersfeesgesindheid


Met al die geskarrel om die Santa shoebokse betyds klaar te kry en reg te kry, die afsluitingsfunksies, die heerlike kersetes wat die verskillende organisasies hou en die gemeente se kerssangdiens wat verlede Sondag gehou is, dink 'n mens onwillekeurig aan gesindhede en wat die boodskap van kersfees is.

Met hierdie terugflits na die Septemberuitreik in Malawi, staan die opregte hartlikheid, blydskap, warmte, liefde, omgee, vriendelikheid, goedhartigheid, nederigheid en  mededeelsaamheid uit - die vrug van die gees waarvan ons in Galasiërs 5 lees ... 'n kersfeesgesindheid wat daagliks uit hierdie mense straal.

Klik HIER om weer 'n keer na die foto's te kyk.

Foto's: Ds. Ensie Enslin

Monday 27 November 2023

Kerssangdiens 2023

 




Die gemeente se kerssangdiens het vanjaar op 26 November plaasgevind.

Kersfees het in 'n krip in Betlehem begin en in die velde het die skaapwagters die nuus eerste gehoor. Ons as gemeente bring soos die herders en engele van weleer eer en hulde aan Hom.

By hierdie kerssangdiens is ons herinner daaraan dat ons nooit mag vergeet waaroor die Christusfees gaan nie. 

Wees geseënd.

Klik HIER vir nog foto's.

[Foto's: Ds. Ensie Enslin]

In 'n ligte luim voor die diens ...


Klik HIER vir nog foto's.

Foto: Elsa Minne

Maandag-gedagtesaad

Sunday 26 November 2023

'n Heerlike tee-/koffiekuier na kerk

Sad, but so very true ...

After dinner a teacher started checking homework done by her students. Her husband is strolling around with a smart phone playing his favorite game, ‘Candy Crush Saga.’ When reading the last homework paper, the wife starts crying with silent tears ...

Her husband saw this and asked, ‘Why are you crying, dear? What happened?’

Wife: ‘Yesterday I gave a homework assignment to my 1st grade students, to write something on the topic ... 'MY WISH ...’

Husband: ‘OK, but why are you crying?’

Wife: ‘Today while checking the last paper, it made me cry.’

Husband curiously asked: ‘What’s written on the paper that makes you cry?’

Wife: 'Listen!'

MY WISH is to become a smart phone.
My Parents love their smart phones very much.
They care about their smart phones so much that sometimes they forget to care for me.
When my father comes from work tired, he has time for his smart phone but not for me.
When my parents are doing some important work and one of their smart phones start ringing, within a single ring they answer the phone, but not to me ... even if I am crying.
They play games on their smart phones but not with me.
When they are talking to someone on their smart phones, they never listen to me even if I am trying to tell them something that is important.
So, MY WISH is to become a smart phone.

After listening to the assignment written on the homework paper the husband got emotional and asked his wife, ‘Who wrote this??’.

Wife: ‘OUR SON!’

Gadgets are beneficial, but they are for our ease not to cease the love amongst family and loved ones.
Children see and feel everything what happens with and around them. Things get imprinted in their minds with an everlasting effect. Let’s take due care, so that they do not grow with any false impressions.

Saturday 25 November 2023

Wanneer my lyf vir my hart weghardloop

Dis hierdie tyd van die jaar, Here ... die tyd wat almal se lywe vir hulle harte weghardloop. Die tyd wat mense verby mekaar skarrel, en mekaar se oë miskyk.  Die tyd van keerdatums en afsluit en klaarmaak voor Kersfees.  Die tyd van eksamen skryf en eksamendruk en ‘n kind se bangwees vir nog ‘n prysuitdeling wat dalk te veel gaan vra.  

Ek hou nie van hierdie tyd van die jaar nie, Here. Dit maak my bang. Ek verlang terug na die tyd voor e-posse en whatsapps en zoom ... ek mis die posseël se gom wat op ‘n brief vasplak. Die opgewonde-bly-wees en wag vir die brief om oor ‘n paar dae eers by sy bestemming te kom. Ek verlang na die tyd toe die foon nog teen die muur vas was. Toe niemand ongeduldig en kwaai geraak het as daar geen antwoord was nie. Ek verlang na die tyd toe mense mekaar nog in die oë kon kyk en lag en gesels wanneer hulle eet. Nou, Here ... sit elkeen met ‘n stukkie rekenaar in die hand, die kos en kuier en saamwees is sommer net ‘n bysaak. Ek verlang na die tyd toe kinders in bome geklim het, en laataand fiets gery het. Ek verlang na die tyd toe mammas en pappas in die aande by die huis was, sonder vergaderings en wegwees met werk.

Ons lywe hardloop so vinnig, Here. Ons probeer elke whatsapp, elke e-pos, elke oproep betyds inhardloop ... en dan hardloop ons so baie keer verby U. Soms stamp ons U sommer net eenkant, want ons is so bang ons is nie betyds by die volgende stukkie stop nie. 
 
Help my, Here, om stil te gaan staan. Help my om die blommetjie wat U so opgewonde langs die pad na my toe uithou, raak te sien. Maak my oë oop vir U glimlag in ‘n klein kindjie se lag, dat ek U kan sien, Here. Stop my en maak my sit op die groen gras wat U so mooi helder ingekleur het ... en sit weer die verwondering in my hart vir elke wolkie wat patroontjies teken in die lug. Elkeen anders en uniek. Vat my na ‘n plekkie waar U en ek alleen kan wees, waar dit so stil is dat ek U liefde kan voel en hoor.  Daar waar daar nie fone en rekenaars en vergaderings en e-posse is nie.  Daar waar dit net U en ek is, Here.  

Dankie dat U in stilwees vir my wag ... dat U U hand uitsteek om my te stop wanneer ek vir my eie hart wegloop. Dankie dat U dadelik hoor as my hart so baie keer bang en vinnig begin klop. Dankie dat U juis dan stil by my kom sit, my hart in U hande toevou. Dankie dat U my hart versigtig teen U hart hou, totdat dit stukkie vir stukkie stadiger begin klop. Totdat dit in pas kom met U hart se klop, Here. En wanneer dit rustig is, sit U my hart stil-versigtig terug in my lyf. Dankie dat U my herinner om U liefde en U omgee en U sorg stukkie vir stukkie in te asem. Bietjie vir bietjie ... een asem op ‘n slag. Sodat my hart en my lyf kan stil word.  Dankie dat U my leer om een voet voor die ander te sit, en nie duisend treë te probeer inpas, teen tyd verby nie. Een voet voor die ander, Here. Een asem op ‘n slag. U liefde wat my regop hou. En U stem wat sag vir my sê: "Kom na My toe, Ek sien jy raak moeg. Kom, dat Ek jou hart stil teen Myne kan sit, sodat jy vir ‘n rukkie net kan rus."  

Dankie, Here. U alleen is vir my genoeg.

Skrywer onbekend

Dankie, Babsie, dat jy hierdie waarheid met ons deel.

Kerkgenotjies: 'n Bekkige dier

EENDAG sien ’n kêrel ’n advertensiebord voor ’n huis. Op die bord staan: Pratende hond te koop.

Hy lui die deurklokkie en die hond se eienaar maak sy verskyning en sê aan hom dat die hond in die agterplaas is.

Hy loop toe na die agterkant van die huis en daar sien hy ’n brak wat op ’n polletjie gras sit.

''Praat jy?'' vra hy.

''Natuuurlik," sê die brak.

''Dis interessant. Vertel my meer. Wat is jou storie?''

''Wel,'' sê die brak en kyk hom stip in die oë, ''ek was nog maar net ’n jong brakkie toe ek al besef het dat ek hierdie vermoë besit, en ek wou graag ’n speurder word. Maar toe kom die Departement van Buitelandse Sake van my te hore en hulle besluit ek is die volmaakte internasionale spioen. Kort voor lank stuur hulle my toe van land tot land waar ek allerhande hooggeplaastes afgeluister het sonder dat dié ’n benul gehad het dat ek kon begryp wat hulle sê. Sedert James Bond was daar nog nie ’n geheime agent soos ek nie. Ek was agt jaar lank ons land se waardevolste spioen. Maar toe word ek moeg daarvoor en keer ek terug om ’n fabriek te stig wat hondekos vervaardig, wat toe ook mettertyd die mees geslaagde onderneming in sy soort in die land was. Ek is selfs bekroon as die knorrigste, maar suksesvolste entrepreneur van die jaar! Ek het ook ’n dierbare teef van ’n vrou gehad en baie jong hondjies, maar nou is ek net ’n pensionaris.

'Die kêrel slaan sy hande in ongeloof saam. Hy haas hom terug na die brak se eienaar en vra hoeveel hy vir die hond wil hê.

''Tien rand,'' sê die eienaar.

''Tien rand?'' vra die kêrel verbaas. ''Hierdie hond is die grootste fenomeen wat ek nog nog ooit teëgekom het. Hoe op aarde kan hy vir jou slegs tien rand werd wees?''

''Man,'' sug die eienaar, ''’n mens kan nie ’n woord glo wat dié ou drommel sê nie!''

Friday 24 November 2023

'n Dankie-boodskap van die voorsitter

Pieter: "Goeienaand julle, ons het vanoggend vir die kospakkie-ontvangers 'n hoenderpot gemaak wat uit die boeke was. As dit 'n kompetisie was, het ons sekerlik die eerste plek gehaal. Ons wil vir tannie Sarie, Elsa, Anna, dominee Ensie en Maans bedank vir hul hulp en opregte omgee. 'n Geseënde aand en naweek vir julle toegewens."


Die jaar lê op sy rug ... nog net Desember is oor van 2023 se 12 maande. 2024 met al sy uitdagings lê en loer vir ons. In die gees van Kersfees het Dutoitspan se voorslagdames 'n heerlike bederfete is vir hierdie gemeentelede gemaak. En soos Pieter in sy dankie-sê-boodskap noem ... hierdie is 'n wenresepgereg! Dankie vir die gewaardeerde hulp met hierdie uitreik.

Tertvir die naweek: Pynappelyskastert


Benodigdhede:
1 pakkie Tennisbeskuitjies
1 blik fyn pynappel
1 pakkie suurlemoenjellie
200ml kookwater
1 blik kondensmelk
1 houer maaskaas
1 houer room

Metode:
Maak jellie aan met 200ml kookwater
Gooi oorblywende bestanddele bymekaar (behalwe room) en meng
Gooi op koekies wat uitgepak is in medium tertbak
Laat stol in yskas
Klits room styf en sit op net voordat jy bedien

Kospakkies: oesmaande


Die nood is oral groot. Ons kan nie almal help nie, maar ons kan dit vir Dutoitspan moontlik maak om na 20 huisgesinne uit te reik.

Slegs met behulp van skenkings uit die gemeenskap en gemeente is dit moontlik om hierdie kospakkies te versprei. Dié projek sou nie moontlik gewees het sonder die hulp van elkeen van julle nie. 'n Groot dankie vir elkeen se betrokkenheid. Blikkie vir blikkie maak ons 'n verskil.

November: Baked beans
Desember: Blik vrugte, koekies, lekkers, jellie, vla

[Ongeveer 20 pakkies maandeliks]

Plaas asseblief jou skenking in die houer in die voorportaal, anders kan dit by die kerkkantoor afgegee word. 

Tuesday 21 November 2023

Belydenisaflegging 2023

Dit is lekker om op ‘n dag soos vandag te kan bymekaarkom, om hier te kan wees en om in die vreugde van ouers, grootouers en jongmense te kan deel waar hulle belydenis van geloof aflê.

Belydenis was nog altyd ‘n spesiale geleentheid in ‘n jongmens se lewe. Dis ‘n geleentheid om te antwoord op God se roepstem wat ons reeds met ons doop hoor. Dit is ‘n kans om te getuig van dit wat ons glo as kinders van God en om aan te meld vir diens in die huisgesin waarin God ons laat grootword het.


Die afgelope Sondag het Deandré en Aiden Jacobs en Jordan Hess en Rialdo Ekkerd die voorreg gehad om voor die gemeente hulle geloof te bely.


Klik HIER om die spesiale geleentheid in beeld te sien




Dankie, Elsa, vir die foto's.

Friday 17 November 2023

Yskastert vir die naweek: Karamel-sjokolade tert

Benodigdhede
:
1 pakkie Romany koekies
2E gesmelte botter
1t karamelgeursel
1 blik karamelkondensmelk
200 g sjokolade
180 ml room
40 g botter

Metode:
Maak 1 pakkie Romany koekies fyn.
Meng koekies met 2E gesmelte botter en 1t karamelgeursel en druk vas in tertbak.
 
Vulsel:
Roer 1 blik karamelkondensmelk tot glad en skep bo-op tertkors.
Smelt saam: 200 g sjokolade, gekap, 180 ml room en 40 g botter in glasbak bo-oor warm water tot gesmelt.
Roer tot glad.
Skep bo-oor karamelkondensmelk.
Sit in yskas vir 4 ure voor bedien.
Jy kan roomrosies bo-op spuit of 'n flake krummel of van die gekrummelde Romany koekies bo-oor strooi.

Kospakkies: oesmaande


Die nood is oral groot. Ons kan nie almal help nie, maar ons kan dit vir Dutoitspan moontlik maak om na 20 huisgesinne uit te reik.

Slegs met behulp van skenkings uit die gemeenskap en gemeente is dit moontlik om hierdie kospakkies te versprei. Dié projek sou nie moontlik gewees het sonder die hulp van elkeen van julle nie. 'n Groot dankie vir elkeen se betrokkenheid. Blikkie vir blikkie maak ons 'n verskil.

November: Baked beans
Desember: Blik vrugte, koekies, lekkers, jellie, vla

[Ongeveer 20 pakkies maandeliks]

Plaas asseblief jou skenking in die houer in die voorportaal, anders kan dit by die kerkkantoor afgegee word.  

Tuesday 14 November 2023

vrede vir jou vir hierdie dag

partykeer soek jy lag en hard
praat en vrolike samesyn
en anderkeer soek jy stilte en
vrede all by your lonesome
self
vandag soek jy sonskyn en
blou see en wit sand
maar more soek jy 
skaduwees en bewolkte
koeligheid
nou soek jy helderbont
kleure bloedrooi en goudgeel
en potblou
maar netnou is sagte kleure 
net reg vir jou
as ek gister vir jou bright en
opligtend gebring het
dan bring ek vandag vir jou a
few shades of softness
vrede vir jou vir hierdie dag
                                     l d w 

[Dankie, Rosetta. Besoek gerus die amptelike blad van Lidi de Waal HIER]

Sunday 12 November 2023

'n Heerlike tee-/koffiekuier na kerk

Donasies vir motorwag

Sondae tydens die erediens is daar 'n motorwag wat die motors oppas. U kan die diens bywoon sonder enige bekommernis. Daar is houtkassies by die sydeure in die kerk vir donasies.

Saturday 11 November 2023

Kerkgenotjies: Mans en vroue jok ...

Vroue jok oor hul ouderdom. Mans oor hul salaris.

Klik HIER vir iets in ligter luim!

Friday 10 November 2023

Jogurttert vir die naweek

Die maklikste en vinnigste tert ooit.

Benodigdhede:
1 liter joghurt (geur van jou keuse)
1 blikkie kondensmelk
1 pakkie tennisbeskuitjies (of ander van jou keuse) 

Metode:
1 pakkie tennisbeskuitjies fyngemaak - druk in glas oondbak.
(botter is nie nodig nie)
Meng joghurt en kondensmelk saam.

Giet joghurtmengsel bo-oor.
Sit dit vir 6 minute in die mikogolfoond op hoog.
Laat dit afkoel en geniet dit! 

Sunday 5 November 2023

Die Here is die Skepper van kleur, geur en atmosfeer

Baie dankie aan die Blombosdames vir die pragtige blomme wat elke Sondag kleur en atmosfeer aan die erediens verleen.

Kom raak deel van ons blomspan en beleef die seëning om jou talente vir die Here se Koninkryk aan te bied. Ons benodig dames vir die blommegroep. As u kans sien om te help, kan jy vir Elize kontak: 072 732 4656

Saturday 4 November 2023

Kerkgenotjies: Huwelikseremonie

Toe die predikant met die huwelikseremonie begin, kom hy gou agter dat die bruidegom so dronk is dat hy nie deur sy oë kan sien nie. 
Die predikant vererg hom en fluister vir die taamlik onaansienlike bruid: "Vat hom hier weg en kry hom eers nugter, dan sal ek met die troue voortgaan!"
"Maar Dominee," protesteer sy, "As hy nugter is, sal hy nie kom nie ..."

Klik HIER vir iets in ligter luim!

Friday 3 November 2023

Peertert vir die naweek

Benodigdhede
:
1 rolkoek (in skywe gesny)
1 blik kondensmelk
125ml suurlemoensap
415g blik pere (dreineer en druk fyn)
Orley whip of 250ml vars room (styf geklop)
1 milky bar wit sjokolade gerasper

Metode:
Pak rolkoek onder in bak. 
Klop kondensmelk en suurlemoensap saam tot dik.
Smeer oor skywe, pak dan pere en dan room.
Rasper milky bar bo-oor en sit in yskas.

Dankie aan elke Santa shoeboks-skenker


Ek het onlangs met Elsa by die kerkkantoor gesels om te hoor hoe dit met die Santa Shoeboks-projek gegaan het.Sy het weereens die mense bedank wat elke jaar so getrou aan die landswye hartsprojek deelneem. Hierdie is verrassingsgeskenke wat werklik waardeer word en waarvan die ontvanger selfs daarvan deel met hulle wat nie gekry het nie. 

Dankie aan almal wat daarby betrokke was en werklik die kersboodskap op hierdie manier met ander gedeel het.

Kospakkies: oesmaande


Die nood is oral groot. Ons kan nie almal help nie, maar ons kan dit vir Dutoitspan moontlik maak om na 20 huisgesinne uit te reik.

Slegs met behulp van skenkings uit die gemeenskap en gemeente is dit moontlik om hierdie kospakkies te versprei. Dié projek sou nie moontlik gewees het sonder die hulp van elkeen van julle nie. 'n Groot dankie vir elkeen se betrokkenheid. Blikkie vir blikkie maak ons 'n verskil.

November: Baked beans
Desember: Blik vrugte, koekies, lekkers, jellie, vla

[Ongeveer 20 pakkies maandeliks]

Plaas asseblief jou skenking in die houer in die voorportaal, anders kan dit by die kerkkantoor afgegee word. 

Wednesday 1 November 2023

Kindervreugde: Ondersteun die Santa Shoeboksprojek

Dis weer tyd om ‘n paar kinders se harte
rondom Kersfees bly te maak.
Kom, ons daag iemand uit om net een naam te vat
en daardie kinderhartjie bly te maak!!!!!!!
Ons het weer 50 name gekry.
Inligting is by die kantoor beskikbaar.
Ouderdomme wissel tussen 6 maande en 16 jaar!!
Bokse moet nie later as 03 November 2023 in wees nie!!!

Kindervreugde: Ondersteun die Santa Shoeboksprojek