Friday 24 November 2023

'n Dankie-boodskap van die voorsitter

Pieter: "Goeienaand julle, ons het vanoggend vir die kospakkie-ontvangers 'n hoenderpot gemaak wat uit die boeke was. As dit 'n kompetisie was, het ons sekerlik die eerste plek gehaal. Ons wil vir tannie Sarie, Elsa, Anna, dominee Ensie en Maans bedank vir hul hulp en opregte omgee. 'n Geseënde aand en naweek vir julle toegewens."


Die jaar lê op sy rug ... nog net Desember is oor van 2023 se 12 maande. 2024 met al sy uitdagings lê en loer vir ons. In die gees van Kersfees het Dutoitspan se voorslagdames 'n heerlike bederfete is vir hierdie gemeentelede gemaak. En soos Pieter in sy dankie-sê-boodskap noem ... hierdie is 'n wenresepgereg! Dankie vir die gewaardeerde hulp met hierdie uitreik.