Showing posts with label Klaagliedere. Show all posts
Showing posts with label Klaagliedere. Show all posts

Wednesday, 25 February 2026

Mossiestilte: Klaag. 3:26-29 (NLV - 2011)

Dit is goed om geduldig te wag totdat die Here ons red.
Dit is goed om van jongs af te leer om geduldig op die Here te wag.
Mense moet geduldig sit en wag totdat die Here aandag aan hulle gee.
Daar is hoop vir jou as jy stilbly.


Met die tegnologie tot ons beskikking word die lewe al hoe vinniger en wil ons nie wag vir enige iets meer nie.
Kettingwinkels laai kruideniersware by jou huis af.
Jy kan nou inmiddellik met iemand kommunikeer en wil nie jou woorde oordink nie.
Somtyds laat die tegnologie jou in die steek, dan moet jy vir 'n part, of herstel wag.
Die Here se ore is nie toe nie. Hy hoor jou nog voor jy praat en ken jou behoeftes; Hy het nie jou tegnologie nodig nie.
God verlang egter na die stem van jou afhanklkheid en wil met jou kommunikeer.
Vra Hom, rig jou versoeke in geloof en wag in stilte, en sien hoe jou lewe verander en Hy jou antwoord.

Here, vanoggend sonder ek my af in U woord en wil ek U stem hoor na al my klagtes en versoeke. Ek vertrou U, Here. U alleen is my antwoord; U alleen weet wat die regte plan en uitkomste vir my saak is. Ek rig vanoggend my gebed na U en ek het in geloof 'n verwagting van u planne, daarom loof ek U en kyk op en bly stil en wag ... Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Sunday, 18 January 2026

Mossiestilte: Klaag. 3:22

Dit is die goedertierenhede van die Here dat ons nie omgekom het nie, want sy barmhartighede het geen einde nie;

Dit wat jou toekom (die ewige verdoemenis vanweë die sonde), juis dit is wat jy nie kry nie, want sy barmhartighede het geen einde nie; en is elke môre nuut; (vers 23)
Dit is God se goedertierenhede wat jou beskerm, nie net van mense, maar ook die woede van God teenoor sonde. Sy Seun se barmhartigheid het jou gered.

Dankie, Here, dat u genade en barmhartigheid my kom haal het en my uit die sonde kom red het. Hoe sou ek kon staan sonder u daaglikse goedertierenhede? U liefde verteer my. U, Here, verdedig my regsaak, U verlos my lewe (vers 58). Dankie, Here, dat U my bekeer en my dae vernuwe het soos in die voortyd (Klaag. 5:21). Ek leef nou in Christus en Christus in my. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]