Showing posts with label Beskerming. Show all posts
Showing posts with label Beskerming. Show all posts

Friday, 12 June 2026

Uitreik: Wat moet ons doen?

Ons moet mekaar liefhê 
met die Liefde wat God vir ons gee.
Ons moet mekaar vergewe 
soos God ons vergewe.
Ons moet vir mekaar bid,
sodat God ons kan beskerm 
teen die gevaar dáárbuite. 
Ons moet die Woord deel
met hulle wat ons pad vandag kruis.

Tuesday, 10 February 2026

Mandjie Hoop: Konstante krag ...

Jou geloof is nie 'n eindpunt wat jy moet bereik nie;
dis 'n reis van genade wat elke oggend nuut begin.
Laat ons vashou aan hierdie wete:
ons is nooit alleen op hierdie pad nie,
en Sy liefde is die konstante krag wat ons vorentoe dra.

Tuesday, 28 October 2025

Mandjie Hoop: Mag jy altyd ...

genoeg GEDULD hê om jou dierbaar te maak
genoeg VERDRIET hê om jou menslik te maak
genoeg VREUGDE hê om die sonskyn met ander te deel
genoeg HOOP hê om jou gelukkig te maak
genoeg TERUGSLAE hê om jou nederig te hou
genoeg VRIENDE hê om jou te troos
genoeg VERDIENSTE hê om jou gemaklik te laat lewe
genoeg DANKBAARHEID hê om jou seëninge te deel
genoeg GEESDRIF hê om jou na die dag van môre te laat uitsien
genoeg GELOOF hê om jou staande te hou in vandag se lewe vol uitdagings
genoeg WILSKRAG hê om elke dag 'n beter dag as gister te maak!

[Dankie, Rosetta]

Monday, 27 October 2025

Gebed: Beskerming

Vader, dankie vir seën en liefde uit u genadehand. Dankie dat ek U ken, dat ek u naam oor my lippe mag fluister en na U kan uitroep. Ons kom vanoggend baie dankie sê vir die vrede wat U vir ons voorberei het. Mag ons hierdie vrede as 'n lewende werklikheid ken sodat niks en niemand ons kan laat bewe of vrees nie! Seën ons asseblief in die onbekende dag met U liefde, krag en genade. Dankie, Vader, dat U ons nooit verlaat nie, maar met u liefdeshand beskerm. Amen

Tuesday, 21 October 2025

Mandjie Hoop: Wees geseënd

Mag GOD vandag rotse breek vir jou en 
mag HY lewende waters in jou lewe spoel.
Mag HY jou voed met Hemelse Manna.
Mag HY jou lig gee,
jou omring met vuur 
jou met SY wolke oorskadu.
Mag HY SY weermag en engele stuur om jou te beskerm.
Mag HY jou seën op elke moontlike manier met alles wat jy mag benodig.

[Dankie, Rosetta]

Monday, 20 October 2025

Gebed: Dankie vir U beskerming Here

Dankie dat U ons beskerm al voel ons bang
Heer, dankie dat ons al U wonderwerke mag sien
Dankie dat U ons die keuse gee of ons U wil dien
Ons hoef nie in vrees te lewe nie
Want U is die eindpunt waarna ons strewe
Heer, neem ons dankgebed aan in hierdie kort gedig
U is die rede waarom ons kan stap oor hierdie brug
Heer, U gee ons soveel geleenthede om U aan te neem
Help ons terug waar ons van U begin vervreem het
U ken al die opstruksies waarteen ons daagliks vaskyk
U ken al die tekens wanneer ons begin afwyk
Maar my hart jeubel en juig op hierdie dag
Weereens maak U ons oë oop en wys ons u krag
Nog ‘n geleentheid word geskep waarin ons kan terugkeer
Want in U liefde vergeef U ons keer op keer
Dankbaar dink ons terug aan Christus op die kruis, Amen.

Tuesday, 23 September 2025

Mandjie Hoop: Ek weet aan Wie ek my toevertrou het

“Aan U o God my dankgesange
U wil ek in my aandlied prys!
Al kwyn die sonlig teen die hange
U lig, my Lig, sal hoër rys!
 
U het my met U guns versadig
en as n Vader my beskerm;
met seëninge so mildadig
U dag en nag oor my ontferm.

Ek weet aan Wie ek my toevertrou het
al wissel dan ook dag en nag.
Ek ken die Rots op wie ek gebou het
Van wie ek al my heil verwag.

Eens aan die avond van my lewe
sal ek van sorge en moeite vry
vir elke dag my hier gegewe
U hoër, reiner loflied wy!”

Monday, 1 September 2025

Gebed: Dankie vir beskerming

Dankie, Hemelse Vader, dat U in my woon en my beker vol maak wanneer dit leeg is. Dankie dat ons vanoggend kan weet U is ons toevlug en ons sterkte, dat U ons hulp is in benoudhede en dat U in 'n hoë mate beproef is, juis sodat ons kan weet U is ons krag en sterkte. Ek het U nodig, Here Jesus, die Rots by Wie ek kan skuil. Dankie vir U Heilige Gees wat nou deur ons kan waai, sodat ons U nabyheid kan ervaar, dat ons, ons kleed van geregtigheid kan aantrek en weet dat met U ons in oorwinning staan. Dankie,Vader, dat U ons nooit verlaat nie, maar met u hand ons sorgvuldig beskerm. Amen

Wednesday, 25 June 2025

Gebed: Dankie vir beskerming

Dankie, Hemelse Vader, dat U in my woon en my beker vol maak wanneer dit leeg is. Dankie dat ons vanoggend kan weet U is ons toevlug en ons sterkte, dat U ons hulp is in benoudhede en dat U in 'n hoë mate beproef is, juis sodat ons kan weet U is ons krag en sterkte. Ek het U nodig, Here Jesus, die Rots by Wie ek kan skuil. Dankie vir U Heilige Gees wat nou deur ons kan waai sodat ons U nabyheid kan ervaar dat ons, ons kleed van geregtigheid kan aantrek en weet dat met U ons in oorwinning staan. Dankie,Vader dat U ons nooit verlaat nie, maar met u hand ons sorgvuldig beskerm. Amen

Sunday, 24 November 2024

Gebed: Vandag het ek vir jou gebid

Vandag het ek vir jou gebid
God het gehoor, ek weet
Sy antwoord was soos altyd,
"Sou Ek my kind vergeet?"
En het ek gevra vir eerbewyse
Talryk soos bome in 'n woud?
Nee, vir ander ryker gawes
Kosbaarder as goud
Sy nabyheid en beskerming
Soos 'n mantel elke dag;
Gesondheid, seën en vriendskap
Sonstraal blink en blommeprag.
Bowenal was dit my bede:
Al voel elkeen soms verward
Hoop en liefde in jou lewe
En Sy Vrede
in jou hart.

[Dankie, Brenda]

Tuesday, 19 November 2024

Mandjie Hoop: Ps 146 gee die volgende tien beskrywings van God se karakter in vers 6-9

* Die Here bly getrou tot in ewigheid,
* Die Here handhaaf die reg van verdruktes,
* Die Here gee aan hongeres brood,
* Die Here bevry gevangenes,
* Die Here maak blindes se oë oop,
* Die Here rig dié op wat terneergedruk is,
* Die Here het regverdiges lief,
* Die Here beskerm vreemdelinge,
* Die Here help vaderloses en weduwees op,
* Die Here maak die pad van goddeloses krom.

Friday, 20 September 2024

Hoe sê 'n mens dankie ...

* vir dit wat mens het?
* vir soveel liefde?
* 'n huisie?
* 'n bed?

Heer, ek het nie veel nie ...
Maar dit weet U klaar!
Die bietjie wat ek het ...
Is vir my so kosbaar!

Heer, ek tel elke dag my seëninge ...
Een vir een!
Want ek weet ...
Wat ek het, is net vir my geleen!

Heer, soms kan my lewenstorms ook maar woes slaan ...
Maar steeds laat U my huisie vasstaan!

Heer, U beskerm my en ...
my familie al ons hele lewe lank!
En soms weet mens nie ...
Hoe om U te bedank nie!

Heer, my geld is min ...
My huis is klein ...
Maar dit is so asof daar meer ...
Sonlig in my huis skyn!

Heer, ek kyk vas in glimlaggies ...
En kry drukkies elke dag!
My God ...
Ek kan dit weer teruggee!
Want U is my krag!

Heer, soms laat die lewe my ook ...
Opdraende loop!
Ek het geleer waar daar lewe is ...
Is daar hoop!

Heer, ek het leer swem toe ...
Die lewensbranders op hul woeste geslaan het!
Toe ek struikel en afdwaal ...
Was U die een wat verstaan het!

Heer, U het hartseer ...
Pyn en ook soms ...
Twyfel op my pad gebring!
U het weer 'n melodie in my lewe gegee toe ...
My hart nie meer die lied van die lewe wou sing nie!
U het soveel keer my uit die donker dieptes van die lewe kom haal ...
Juis wanneer ek dink als het my gefaal!

Heer, U het my totaal verstom ...
Toe ek heel by die wenpaal anderkant uitkom!
Daarom buig ek vandag my kniëe in gebed en sê:
Dankie, Heer ...
Vir dit wat ek het!

[Dankie, Anoniem]

Thursday, 23 May 2024

Hoekom bekommerd?

Ons hoor so dikwels iemand sê: Moenie bekommerd wees nie - maar dan ons wonder maar in die stilligheid hoe ons al ons bekommernisse net so opsy kan sit. Daar is soveel gevare wat ons omring, soveel dinge wat ons in spanning laat leef, en soveel mense wat seer het. Ek kan onmiddellik aan 10 belangrike bekommernisse gelyk dink - die verkiesing wat op hande is, die misdaad wat hand uitruk. werkloosheid, die ekonomie, finansiële probleme, oorloë en gerugte van moontlike oorloë, kanker wat so toeneem dat feitlik almal op die kerk se gebedslysie, die een of ander kanker het en dan tref dit my: Om nie bekommerd te wees nie, lyk onmoontlik. Dit is onmoontlik om ons op te hou bekommer as ons elke dag na al die probleme in die lewe kyk. 

Maar tog, toe ek vanoggend my twee oë oopmaak, besef ek dit is die eerste sigbare seëninge vir vandag. Die wonder van God se liefde wat vir ons leer dat Hy soveel groter is as die kommerwekkende omstandighede wat ons daagliks ondervind. Hy verseker ons dat Hy beheer het oor alle dinge. Hy is die Almagtige, Alwetende God wat ons behoeftes ken en in staat is om almal te vervul. 

Hy het ons grootste bekommernis weggeneem. Hy het ons bevry van die straf wat ons as sondaars verdien. Hy het Sy liefde aan ons gegee deur ons die lewe saam met Hom te gee, wat vir ewig sal  bestaan. Ons Hemelse Vader, wat ons so liefgehad het dat Hy Jesus as ons Verlosser gestuur het, beloof ook om in ons lewens te voorsien en ons teen gevaar te beskerm. Dit is nie nodig om onaangenaam, onbuigbaar, kwaad, angstig of vir die toekoms bang te wees nie, want ons het ’n Verlosser wat al ons gebede hoor en verhoor. Geen bekommernisse of al die ellende wat ons daagliks in die wêreld ervaar, en in die media van lees, kan die vrede wat ons deur geloof in Jesus Christus ontvang het, van ons wegneem nie.
 
Dankbaar vir God se reddende liefde in Jesus Christus, kan ons van ons geneigdheid tot bekommernis afwyk. 

Ons kan Hom met vertroue in gebed aanspreek, in die wete dat Hy luister en volgens ons beste belange sal antwoord. Aangesien God ons ook deur sy Heilige Gees verseker van sy alomteenwoordigheid en beskerming, weet ons dat Hy in sy liefde ook in hierdie lewe vir ons sal sorg.
 
Daar is dus geen rede tot kommer nie. Soos die apostel Paulus sê: Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.
(Fil 4: 6-7).