Showing posts with label Terugvoer. Show all posts
Showing posts with label Terugvoer. Show all posts
Friday, 7 February 2025
Tuesday, 28 November 2023
Terugflits: Elke dag 'n Kersfeesgesindheid
Met al die geskarrel om die Santa shoebokse betyds klaar te kry en reg te kry, die afsluitingsfunksies, die heerlike kersetes wat die verskillende organisasies hou en die gemeente se kerssangdiens wat verlede Sondag gehou is, dink 'n mens onwillekeurig aan gesindhede en wat die boodskap van kersfees is.
Met hierdie terugflits na die Septemberuitreik in Malawi, staan die opregte hartlikheid, blydskap, warmte, liefde, omgee, vriendelikheid, goedhartigheid, nederigheid en mededeelsaamheid uit - die vrug van die gees waarvan ons in Galasiërs 5 lees ... 'n kersfeesgesindheid wat daagliks uit hierdie mense straal.
Klik HIER om weer 'n keer na die foto's te kyk.
Foto's: Ds. Ensie Enslin
Thursday, 21 September 2023
Malawi: Terugvoering na week 2
![]() |
| Gisteraand se Jesus-film opkoms ... res staan buite die tent ... Baie oorgawes in reaksie op die film!!! Soli Deo Gloria!!! Dankie vir jul gebede!! |
Friday, 8 September 2023
Malawi: Terugvoering na week 1
Ds. Ensie: "Vandag klaar met diePLAN se 1ste groep
kerkleiers in Malawi Sentraal (Lilongwe, Area 49, Dubai). Nou eers middagete en
eksamen begin direk daarna. BID ASB vir hulle! Dis 'n besondere groep kinders
van God!!! Lief julle & dankie vir jul gebede wat my deur hd week gedra
het!!! Soms al 08:00 begin tot ná 16:00/16:39 & elke aand vanaf 18:30 Jesus
films & gesprekke/gebede daarna ... Dankie Antjie vir die herinnering aan
louwarm soutwater om te gorrel vir seer/rou keel! 100% gewerk! Neem môreoggend bus na village naby Mzuzu
(Malawi-Noord) vir 2de week. Bid asb! Ek stuur nou enkele vroeëre foto's vd
week ..."
Hierdie eerste groep se opleiding was van Sondag, 3 September - Donderdag, 7 September 2023.
Klik HIER vir die ander foto's van week 1 van die opleiding.
Saturday, 2 September 2023
Malawi: Spesiale voorbidding
Die vier pastore van die sentrale deel van Malawi het vir ds. Ensie by die lughawe in Lilongwe kom haal vir die eerste week se diePLAN kerkleierskapsopleiding. BID asseblief vir die ongeveer 45 pastore wat vir die eerste week geregistreer het. Die totale registrasie vir die volgende drie weke is sover 125. Bid asseblief dat hierdie getal sal groei en dat die opleiding op vrugbare grond sal val.
Subscribe to:
Posts (Atom)







