Kerkgenotjies

Terug na HOME PAGE
[Dankie vir almal wat so gereeld materiaal instuur - rol af om by jou kerkgenotjie uit te kom.]




Klever jog
De meester zegt tegen Rob: ik leg 3 eieren op tafel. En jij legt er nog 2 bij. Hoeveel eieren liggen er dan?
Rob: ik kan geen eieren leggen, meneer

Flauw grapje
Het was etenstijd in het vliegtuig. “Wilt u iets eten?” vroeg de stewardess aan een man.
“Waaruit kan ik kiezen?” vroeg hij.
“Uit ja of nee.” zegt de stewardess

Uit onderzoek blijkt dat verjaardagen gezond zijn. Mensen met meer verjaardagen dan gemiddeld, blijken ook werkelijk langer te leven!

Foei !
Pietje van vijf kijkt naar zijn moeder die zich opmaakt en haar gezicht insmeert met crème. “Waarom doe je dat, mams?” vraagt Pietje. “Dan wordt mammie mooi.” antwoordt moeder. Even later veegt ze de crème van haar gezicht. Pietje bekijkt haar goed en zegt dan: “Het werkt niet echt he, mams?”

Deftige troue
By die groot en deftige troue kom die predikant by díe gedeelte van die huweliksformulier, waar gevra word of daar enigeen is wat teen die huwelik gekant is.

In die heel agterste ry van die kerk staan daar toe ‘n elegant geklede, aantreklike dame, met ‘n baba in
haar arms op en stap vorentoe. Meteens is die hele kerk grafstil. Almal se oë op die dame wie met ‘n
klik-klak geluid van haar skoene in die gang afbeweeg.

Die bruid gee die bruidegom ‘n klap wat deur die stil kerk weergalm.

Die bruid se ma val flou met ‘n gil op haar lippe.

Die strooijonker staar sy vriend met afgryse aan.

Die bruid se pa kyk met haat in sy oë na sy dogter se aanstaande skoonfamilie!

Predikant, met ‘n baie droë keel: “W-w-wat is u b-beswaar, dame?”

Dame antwoord: “Ek wil net sê ons kan niks daar agter hoor nie!!”


Jy ry een aand deur die dorp, terwyl die wind woes waai en vlae reën neerstort. Toe jy by die bushalte verby ry, staan die volgende drie persone daar in die reën en koue:
  • 1. 'n Ou dame wat lyk asof sy enige oomblik ineen gaan stort.
  • 2. 'n Ou vriend van jou wat jare terug jou lewe gered het.
  • 3. Die perfekte (potensiële) lewensmaat van wie jy gedroom het.
Vir wie sal jy 'n rygeleentheid gee - met die beperking dat jy net plek vir een passasier het?

Antwoord: Hierdie is 'n morele/etiese dillemma wat werklik as deel van 'n werksonderhoud aan die applikante gestel is. Jy kan die ou tannie oplaai, want sy gaan waarskynlik sterf, en sodoende kan jy haar lewe red. Of jy kan jou ou vriend oplaai, want hy het darem jou lewe voorheen gered en hierdie is die ideale geleentheid om sy lewe te red. Maar dan ... dalk kry jy nooit weer die kans om jou sielsgenoot/ lewensmaat te ontmoet nie!

Die kandidaat wat uiteindelik aangestel is (uit 200 aansoeke) het geen probleem met sy antwoord gehad nie. "Ek sal my motorsleutels vir my ou vriend gee om die ou tannie hospitaal toe te neem. Ek sal saam met die persoon van my drome agterbly en op die bus wag ...!" 


























VAN ‘N KWAAI PA AAN DIE JONG MANNE WAT BY SY DOGTER KOM KUIER 
RSG – MEI 2005
Moenie toet voor die deur nie.  Jy sal nie my dogter kom oplaai nie.
Kyk my dogter in die oë – op geen ander plek nie!
As jou broek lyk of hy los hang, sal ek hom met ‘n paar spykers vir jou vassit.
Ek lyk nie gemeen nie – ek ís gemeen.
Ek is nie lus vir praatjies maak oor die weer of rugby nie.  Ek wil net een ding weet, en dis wanneer jy my dogter terugbring.  En ek ken net een woord – VROEG.
Moenie tyd mors met rondry nie. Maak jou handig – was die kar.
As jy my dogter laat huil, sal ék jóú laat huil.
Jy vat nie my dogter na enige fliek met ‘n ouderdomsbeperking nie. Walt Disney is ‘n goeie keuse, maar ‘n besoek aan haar ouma is nog beter.
Moenie vir my lieg nie – ek gaan vir jou uitvang!
Moenie jou laat flous deur die feit dat ek ouderling is nie – ek doen dit net om my vrou tevrede te hou.
Toemaar, onder al die dreigemente het ek eintlik ‘n goeie hart!

[Hierdie is een van drie stukkies juwele wat ek anoniem gekry het - en ek deel dit graag - Meimaand 15 jaar terug, was sosiale kuiers 'n gegewe!]

Kies 'n preek
Die predikant klim op die preekstoel met 'n klompie papiere in sy hand.
"Geagte gemeente,'' sê hy, "ek het hier drie preke in my hand. Daar is 'n R5 000-een van 10 minute; 'n R1 000-een van 40 minute en 'n R500-preek van twee uur.

Ons gaan nou eers die kollekte opneem en daarna sal ek aankondig watter preek ek vandag gaan gebruik!''

Huigelaars
Die predikant loop een van sy gemeentelede raak wat baie lank laas in die kerk was.

"Hoekom sien ek jou nooit meer in die kerk nie?'' vra hy.

"Ek gaan nie meer kerk toe nie.   Die plek sit net vol huigelaars,'' antwoord die lidmaat.

Waarop die predikant vriendelik sê: "Maar daar is altyd plek vir nog een!

Die jongste verwikkelinge
Twee priesters gesels ná die mis agter die kerk in die kerkhof. Hulle bepreek die jongste verwikkelinge op die godsdiensgebied.

"Daar is deesdae so baie veranderinge,'' sê die eerste een. "Wat dink jy? Sal priesters dalk ook nog eendag kan trou?"

"Nee, ek dink nie in ons leeftyd nie, maar dalk sal ons kinders kan,'' sê die tweede een.

Shooters
Klein Jannie sit saam sy ouers in die kerk toe daar nagmaal bedien word.
Jannie se ma en pa is baie bekommerd toe Jannie aan sy ma begin ruk om vir haar iets te sê.
Voor hul nog kon keer skree Jannie hardop uit:  "Kyk, Mamma, Pappa, hulle bedien ook shooters hierso!"

Adam en Eva
Jannie: Pa, hoekom is Adam eerste gemaak?
Pa: Om hom ´n kans te gee om ook iets te sê.

Tien gebooie
Sondagskoolonderwyser behandel die tien gebooie en spesifiek "Jy mag nie steel nie" Hy vra die klas: "Wat sou die koekblik in die spens vir jou sê as hy kon praat?" Pietie steek sy hand op en sê: "Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie!"

Salomo se wysheid
Ooit gewonder hoekom Salomo die wysste man op aarde was?

Omdat hy so baie vroue gehad het om hom raad te gee.

'n Vierjarige
'n Vriendin het baie las met haar bekkige vierjarige seuntjie in die kerk. Hy lewer luidkeels kommentaar op alles en, ten spyte van kwaai kyke, ernstige vermanings en waarskuwings, kom hy net nie tot bedaring nie.
Eindelik raak haar geduld op en sy gryp hom en stap met hom oor haar skouer in die paadjie af, deur toe. Toe sy so driftig by die deur uitstap, kyk hy oor haar skouer terug vir die gemeente en sê met 'n klokhelder stemmetjie: "Bid vir my!"

My pa is tog beter ...
Drie seuntjies spog by die skool oor hulle pappas.
Die eerste een sê: "My pa skryf 'n paar woorde op 'n stuk papier, en noem dit 'n gedig en dan gee hulle hom sommer R500."
Die tweede een sê: "Dis nog niks nie. My pa skryf 'n paar dinge op 'n stuk papier, en hy noem dit 'n lied, en dan gee hulle hom R1000."
Die derde seuntjie se: "My pa is nog beter. Hy skryf 'n paar woorde op 'n stuk papier en noem dit 'n preek. En dan vat dit agt manne om al die geld bymekaar te maak!"

‘n Regte kameel 
Die dominee besoek Israel en kom op ‘n skare af.“Wat gaan hier aan?” vra hy.
“Nee”, sê een ou. “Hier kom nou-nou ‘n trop kamele met kaal meisies op verby.”
“O”, sê die dominee, “Dan wag ek maar – ek het nog nooit ‘n regte kameel gesien nie …


Middagete
Die kinders staan in 'n tou vir middagete in die kafeteria van 'n Katolieke primêre skool.  Op die punt van die tafel is 'n hoop appels opmekaar gestapel.  Die non/suster skryf 'n nota wat sy langs die appels uitstal.
'Neem slegs EEN. God hou jou dop.'
Op die ander kant van die bedieningstafel is daar 'n groot hoop sjokolade kraakvars koekies.
'n Kind het ook 'n nota daar gelaat: 'Neem soveel as wat jy wil hê!  God hou die appels dop.'

Sondagskoolklas
'n Onderwyseres is besig om in die Sondagskoolklas die Tien Gebooie met die vyf- en sesjarige kinders te bespreek.
Nadat sy die gebod "eer jou Vader en jou Moeder" aan die kinders verduidelik het, vra sy: "Is daar 'n gebod wat ons leer hoe om teenoor ons boeties en sussies op te tree?"
Sonder huiwering antwoord 'n seuntjie (die oudste uit 'n gesin): "Jy mag nie moord pleeg nie!"

Good news and bad news
There is the story of a pastor who got up one Sunday and announced to his congregation:
"I have good news and bad news. The good news is, we have enough money to pay for our new building program. The bad news is, it's still out there in your pockets."

The pastor asked ...
A pastor asked a little boy if he said his prayers every night.
'Yes, sir,' the boy replied.'
And, do you always say them in the morning, too?' the pastor asked.
'No sir,' the boy replied. 'I ain't scared in the daytime.'

Sunday School
A Sunday School teacher decided to have her young class memorize one of the most quoted passages in the Bible - Psalm 23.

She gave the youngsters a month to learn the chapter.   Little Rick was excited about the task - but he just couldn't remember the Psalm.

After much practice, he could barely get past the first line.  

On the day that the kids were scheduled to recite Psalm 23 in front of the congregation, Ricky was so nervous.

When it was his turn, he stepped up to the microphone and said proudly, 'The Lord is my Shepherd, and that's all I need to know.'   (And isn't he right?)

Sunday School
Nine-year-old Joey was asked by his mother what he had learned in Sunday School.

'Well, Mom, our teacher told us how God sent Moses behind enemy lines on a rescue mission to lead the Israelites out of Egypt. When he got to the Red Sea, he had his army build a pontoon bridge and all the people walked across safely.  Then he radioed headquarters for reinforcements.

They sent bombers to blow up the bridge and all the Israelites were saved.''Now, Joey, is that really what your teacher taught you?' his mother asked.'

Well, no, Mom ... But, if I told it the way the teacher did, you'd never believe it!'

Droogte
My ou vriend daar van Kakamas se wêreld laat weet my dit is daar so droog, die beeste eet noual die ondergrondse regte.

Huisbesoek 
Dominee doen huisbesoek en kom die aand by tant Lalie.
Toe hy so instap in die huis, toe is daar 'n papegaai in 'n hok in die voorportaal en die papegaai val weg met, “Ek is 'n slet! Ek is 'n slet!”
Tant Lalie maak groot verskoning en verduidelik aan die dominees dat dit eintlik haar kinders se papegaai is wat sy geërf het toe die kinders Australië toe getrek het. Sy is raadop en weet nie meer wat om met die ding te maak nie.
Dominee sê hy dink hy het vir haar 'n oplossing. Hy het twee mannetjie papegaaie by die huis en die twee is nou al mooi gekersten. Die een kan die Onse Vader al uit sy kop opsê en die ander is mooi op pad om Psalm 23 te resiteer. Hy dink hy moet tant Lalie se papegaai saamneem en in die hok by sy twee insit. Heel moontlik sal hulle 'n goeie invloed op haar papegaai hê.
Sommer daar en dan stem tant Lalie in en dominee is daar weg met die papegaai.
By die huis gekom is sy twee papegaaie juis besig om hulle gebedjies op te sê, toe dominee die wyfie papegaai saam met hulle in die hok sit.
Sy het skaars op die stokkie in die hok gaan sit toe sy weer laat waai met: “Ek is 'n slet! Ek is 'n slet!”
Die een mannetjie papegaai draai so na die ander een toe en sê vir hom, “Ou Pol, jy kan maar ophou bid. Ons gebede is verhoor!”

GRANDPARENTS ANSWERING MACHINE 
Good morning. 
Thank you for calling.
At present we are not at home, but please leave your message after you hear the beep. ‘Beeeeeppp ...’
If you are one of our children, dial 1 and then select the option from 1 to 5 in order of "arrival" so we know who it is.
If you need us to stay with the children, press 2
If you want to borrow the car, press 3
If you want us to wash your clothes, press 4
If you want the grandchildren to sleep here tonight, press 5
If you want us to pick up the kids at school, press 6
If you want us to prepare a meal for Sunday or to have it delivered to your home, press 7
If you want to come to eat here, press 8
If you need money, press 9
If you are going to invite us to dinner, or taking us to the theater, please stay on the line and one of us will be with you shortly ...

Your call is important to us, please stay on the line. (Repeat ten times)

DIENSPLIG
Eendag merk die dominee ' n klein seuntjie in die voorportaal van die kerk op wat aandagtig na ' n groot gedenkplaat teen die muur staan en kyk. Dit was oortrek met name en daar was klein landsvlaggies weerskante. Toe loop die dominee nader, kom staan langs die seuntjie en sê saggies: "Goeie môre, my Seun."
"Môre, Dominee," sê hy, met sy oë nog vasgenael op die plaat.
"Dominee, wat is dit hierdie?" vra hy.
Die dominee antwoord: "Wel, my Seun, dit is 'n gedenkplaat vir al die jongmanne wat in die diens gesterf het."
In doodse stilte en met groot eerbied staan die twee voor die plaat en staar na die name.
Uiteindelik, in 'n skaars hoorbare stemmetjie en bewend van vrees vra die seuntjie: "Watter diens, Dominee? Die oggend- of die aanddiens?"

GOEIE SAMARITAAN
'n Sondagskool onderwyser het die storie van die Goeie Samaritaan vertel.
Sy vra toe vir die klas, "As jy 'n persoon langs die pad sien lê, en die persoon is gewond, en bloei, wat jou jy doen?"
'n Skaam klein meisie sê toe nadat sy goed gedink het,
"Ek dink ek sal opgooi.."

DIE HEER IS MY HERDER
'n Sondagskoolonderwyser het besluit dat die klas Psalm 23 moes memoriseer. Sy het die kinders 'n maand gegee om dit te doen. Een seun het baie gesukkel en sy het hom elke Sondag moes help.
Ou Tienie het hard geleer, maar hy het gesukkel, tog was hy baie opgewonde om dit voor die gemeente op te sê.
'n Maand later is almal reg en Tienie staan voor die gemeente gryp hy die mikrofoon en hy trek los: "Die Here is my Herder en dis al wat ek weet."

MIKE SCHUTTE EN SY BROER
Wyle Mike Schutte se buurvrou skakel een aand die predikant en sê hy moet gou kom. Mike is in 'n toestand en niemand kry hom getroos nie. Hy ween dat jy hom kilometers vêr kan hoor.
Die dominee ry dadelik na Mike se huis toe en kry hom daar, totaal by die rou verby.
“Ou Mike, wat is dan nou die probleem?” vra die dominee.
“Dominees” sê Mike, “my pa is vanoggend ooglede.”
Die predikant praat toe mooi met ou Mike en na so 'n tydjie is ou Mike darem redelik getroos.
Toe die dominee sien dat Mike min of meer herstel het, gaan hy maar terug huis toe.
Nie tien minute later bel die buurvrou weer en sê dominee moet asseblief weer kom. Mike is weer eens so erg in sy beroude toestand.
Dominee ry toe maar weer na Mike toe en toe hy daar kom vra hy ou Mike, “Maar Mike, toe ek netnou hier weg is was jy so mooi gekalmeer. Hoekom nou weer so bedroef?”

“Nee, ai dominee, wat dagem te egr is, is te egr. Dominee was skaags weg toe bel my bgroer my. Sy pa is ook vanoggend ooglede!”




Bible stories
A father was reading Bible stories to his young son.
He read, "The man named Lot was warned to take his wife and flee out of the city, but his wife looked back and was turned to salt."
His son asked, "What happened to the flea?"





















Die Tien Gebooie
'n Onderwyseres is besig om in die Sondagskoolklas die Tien Gebooie met die vyf- en sesjariges te behandel.
Nadat sy die gebod 'eer' jou Vader en jou Moeder aan die kinders verduidelik het, vra sy: "Is daar 'n gebod wat ons leer hoe om teenoor ons boeties en sussies op te tree?"
Sonder huiwering antwoord 'n seuntjie (die oudste uit 'n gesin): "Jy mag nie moord pleeg nie!"


















Lot's wife looked back
The Sunday School teacher was describing how Lot's wife looked back and turned into a pillar of salt, when little Jason interrupted, 'My Mommy looked back once while she was driving,' he announced triumphantly, 'and she turned into a telephone pole!'

















He is an artist
A teacher began her lesson with a question, "Boys and girls, what do we know about God?"
A hand shot up in the air. "He is an artist!" said the kindergarten boy.
"Really? How do you know?" the teacher asked.
"You know - Our Father, who does art in Heaven... "



















Huigelaars
Die ds. Ensie loop een van sy gemeentelede raak wat baie lank laas in die kerk was.
"Hoekom sien ek jou nooit meer in die kerk nie?'' vra hy.
"Ek gaan nie meer kerk toe nie. Die plek sit net vol huigelaars,'' antwoord die lidmaat.
Waarop die predikant vriendelik sê: "Maar daar is altyd plek vir nog een!


















Wyse raad!
Ooit gewonder hoekom Salomo die wysste man op aarde was?
Omdat hy so baie vroue gehad het om hom raad te gee.












Kollekte
Een Sondag in die kerk sal hy sien dat sy suster se maatjie nie geld het vir die kollekte nie. Jannie het nie op hom laat wag nie.
“Hier, vat myne!” Het hy vir haar gefluister, terwyl hy in in die lug rondkyk. “Ek sal onder die bank wegkruip!”

Brandsiekinspekteur
Jare gelede het 'n pragtige storie die rondte gedoen oor wyle dr. AJ van der Merwe, wat 'n gedugte kerkman van die Kaap was.

Daar is vertel dat een van sy gemeentelede op 'n dag kans gesien het om dr. AJ te konfronteer met die beskuldiging dat hy te min huisbesoek doen.

"U weet, dokter," het die gemeentelid gesê, "u moet darem onthou u is ons herder, en 'n herder moet sy kudde besoek."

Waarop dr. AJ met sy forse stem geantwoord het: "Nee, broer, jy maak 'n fout. Ek is nie jou herder nie. Die Here is jou herder. Ek is maar net die brandsiekinspekteur."

Adam en Eva...
Jannie: Pa, hoekom is Adam eerste gemaak?
Pa: Om hom ´n kans te gee om ook iets te sê.

Sit stil...
Dominee: “Jannie, hoekom sit jy nie so stil in die kerk soos Pappa en Mamma nie?”
Jannie: “Ek is nie so vaak soos hulle nie, Dominee.”

Kollekte
Klein Jannie sien vir die eerste keer die kollektebordjie in die kerk, hy tik sy pa op die skouer en sê:
“Pa moet nie vir my betaal nie, ek is nog onder vyf.”

Huisbesoek
Die nuwe predikant besoek sy gemeentelede. By een huis hoor hy dat die mense tuis is, maar hulle maak nie die deur oop nie.
Hy haal toe ‘n kaartjie uit sy sak en skryf daarop “Openbaring 3:20" en skuif dit onder die deur in. Openbaring 3:20 lees: “Kyk ek staan by die deur en ek klop…”
Die volgende Sondag kry hy die kaartjie in die kollektebord met ‘n boodskap onderaan gevoeg: "Genesis 3:10"
Die predikant trek sy Bybel nader om die gedeelte op te soek en toe hy dit kry, bars hy hardop uit van die lag.
Genesis 3:10 lees: “…Ek het U hoor wandel in die tuin en ek het bang geword, want ek was kaal.”























Onbeantwoorde gebed
Die preker se dogter is maar net vyf jaar oud en sy sien haar pa buig sy kop elke keer voor hy 'n preek doen. Een dag vra sy hom toe: "Hoekom buig Pappa Pappa se kop voordag Pappa begin preek?"
"Wel, my Liefling," begin hy en hy is so trots dat sy die belangrike ding opgemerk het, "Ek vra die Here om my te help met my preek."
"Maar hoekom antwoord Hy dan nie?" wil sy dadelik weet.



Het Noag visgevang?
'n Sondagskoolonderwyser vra vir die klas: "Dink julle Noag het baie visgevang toe hy op die skip was?"
"Nee," antwoord Jannie. "Hoe kon hy, met net twee wurms?"


Slaap in die kerk!
Die sondagskoolonderwyseres het eendag vir die kindertjies gevra waarom hulle in die kerk moet stilsit.
'n Baie skerp dogtertjie antwoord toe vinnig: "Omdat die ouderlinge slaap."

Huwelik:
Die proses waardeur jy agterkom met watter soort man jou vrou wou trou.

Wrede werklikheid
Die pastoriemoeder is bekend vir haar welsynwerk. Op 'n dag ontvang sy besoek van 'n man wat bedroef sê: "Mevrou, weet u dat hier in die gemeente 'n gesin is wat baie terugslae beleef het? Die pa het gister gesterf, die ma is te siek om te werk en die kinders ly honger. Die gesin sal binnekort uit hulle huis gesit word omdat hulle R10 000 met hulle huur agterstallig is.

"Hoe vreeslik!" roep sy uit, maar wat is u verbindtenis met hulle?"

Hy pink 'n traan weg en sê: "Ek is die verhuurder."
(Huisgenoot: 7 Januarie 2016)

Hoeveel?
Die dominee besoek 'n vrou wat oor niks anders kan praat as haar komende kleinkind nie. In 'n stadium gaan wys sy die dominee 'n laai vol babakousies wat sy al gebrei het. Hy kyk, kan dit nie meer hou nie en vra: "My wêreld, Tannie, verwag Tannie se dogter 'n duisendpoot?"
(Huisgenoot: 7 Januarie 2016)


Die troue...
Ds. Kobus Kloppers het so drie maande terug 'n baie verliefde paartjie getrou. Hulle kon nie genoeg van mekaar kry nie. Hulle het aan mekaar se lippe gehang en in mekaar se oë verdrink. Geen wonder dat  almal gedink het dat hierdie liefde vir 'n leeftyd gaan wees nie.

Drie maande later kry ds. Kobus die man in die Mall. Hy merk op dat die man sy troupand aan die verkeerde vinger dra en gebruik dit sommer as 'n aanknopingspunt!

"Ai, Dominee, ek  het te laat besef ek is eintlik met die verkeerde vrou getroud..."  
















Dominie bring sy kant
(Andre Dippenaar)

"Spreek hy ‘n seen oor daai stomme broer uit lat die man se kuite later sulke langkrampe gee van staan,"  
Lag ons die troppie mofskape wat stof-stof waterkrip toe aansukkel onderdonkiegeskal agterna. Begin versit ons huis se kant toe vir bietjie koffie. So innie loop skinner oompie Doors verder.

“Manne, noulat ons die een preek loop staan en herkou het, loop dink ek mos aandaai slag met oorle ou dominie Viljee. Verkondig die ou mos Evangelie daar op ‘n plekkie innie Karoo in.
Issie gemeente kol-kol maar half luierig om van die bree wegaf narie smal kant weggekeer te word.Lykie kerk maar party Sondae alteveel na ‘n misoesmielie. Sit daar net so hier en daar ‘n pit of twee. Soveel so lat daar op ‘n mooi Sondagmore net een ou oom virrie diens loop staan en aanmeld”Wil dominie Viljee sommer loop staan en kortpad vat. Se virrie broeder hulle tweemoet sommer innie konsistorie Boekevat, saam bid en huis se kant toe staan.
Issieou oom opslag eintlik halstarrig van vroomgeid. Reken die ou net so:“Dominie, ek is ‘n skaapboer. As net een van my honnerd skape saans kraal toe kom,loop staan en raak ekkie vrekkig mettie lusern samie. Ek gee vir daai een skaap voer.Dis hoekom ek vamore hier kom aanmeld het. Om geestelike voer te kom kry.

”So strip dominie se moer soos ‘n geroeste skanierskroef wat jy met ‘n waterpomptang probeer losdraai. Jaag hy die broer opslag die Huis binne.Trekkie herder weg mettie aanhef gesang. Psalm 119. Allie verse.

Leesie ou uitie Skrif. Psalm 119. Allie verse. Honnerd-ses-en-sewentig van hulle.“Vattie ou vers 9 assie teksvers virrie dag. Loop haal hy vir hom doer ver, byrie nagvan verwekking, kom stap hy met hom van moederskoot af reg deurie laerskool, bykatkisasie, aanneming, voorstelling en matriekafskeid verby en gaan los hy diejongeling byrie universiteit se hoofhek.

Hou hy die pad suiwerder as bokmelk watdeur ‘n stuk kaasdoek loop staan en filter is.”“Vattie ou die broer padlanges deur die Heidelbergse Katakombes, laatie die broer sygeloof hardop bely, loop draai met hom kort deuskant die Vatikaan om, kom hy methom langpad deur Dordrecht se spul reels en regulasies en kom halt hy met hom regagter die punt aanie einde van Eksodus 20 se sewentiende vers. Laat sing die ou die slotsang se al vyf versies.

Spreek hy ‘n seen oor daai stommebroer uit lat die man se kuite later sulke lang krampe gee van staan. Lyk sooskruipmolle wat onner die ou se kuitvelle op en af staan en hol.
”Weet oompie Doors te vertel lat daai diens ‘n hele ent meer as vier-en-‘n-driekwartuur vannie Sondag loop staan en verinneweer het. Soveel so lat die Sinode dit as ‘n rekord laat staan en opteken het. Glo die meeste diens virrie minste mens inniegeskiedenis vannie Christendom.

By die Paleis van Justisie in Pretoria of by die Ontvanger van Inkomste aangeteken. Of waar ookal die kerk se wenprekegeregistreer mog word. Maar aangeteken, is dit aangeteken. Volgens oompie Doors.
Loop staan en waggie broer vir dominie byrie konsistorie se buitedeur in. Loop staan en kykie ou hom agkantig innie oe. Se die ou vir dominie: “Dominie”, se die ou, “lyk my Dominie verstaan die ding nie so lekker nie. Ek het gese ek is ‘n skaapboer. Ek het gese as ek honnerd skape het en net een van daai honnerd skape kom kraal toe, dan loop staan ek en gee daai een skaap voer. Ek hettie gese ek loop staan en gooi al honnerd se voer in sy bak innie!”

Toe’t die ou omdraai na sy Studebaker bakkie toe, toe loop staan en trek die koster die toue virrie eerste gelui vannie aanddiens. Vertel oompie Doors .

[http://www.onsdorp.com/andredippenaar/index.html]














Briewe aan God

Liewe God
In plaas van mense te laat doodgaan en nuwe mense te maak,
hoekom hou jy nie net dié wat jy reeds het nie?
-Jannie
                                                 ***
Liewe God
Miskien sou Kain en Abel mekaar nie doodgemaak het as hulle elkeen hul eie slaapkamer gehad het nie. Dit werk vir my en my broer.
-Michelle
***
Liewe God
Dankie vir my bababoetie, maar ek het vir 'n hondjie gevra.
-Ragel
***
Liewe God
Ek was by 'n troue en hulle het gesoen in die kerk. Is dit oukei?
-Ella
***
Liewe God
Ek dink dit moet baie moeilik vir U wees om vir al die mense in die wêreld lief te wees. Ons het net vier mense in ons gesin en ek kan dit nie doen nie.
-Chris
***
Liewe God
Stuur asseblief vir Sipho na 'n ander skool volgende jaar. Hy is 'n pyn in die nek.
-Thabo
***
Liewe God
As ek terugkom aarde toe as iemand anders, moet asseblief nie dat ek Deidré Potgieter wees nie. Ek hou niks van haar nie.
-Marietjie
***
ABOUT ICE CREAM AND A CHILD'S PRAYER
Author Unknown 

Ice cream is good for the soul!
"Ice Cream Is Sometimes Good For The Soul"
Last week I took my children to a restaurant. My six-year-old son asked if he could say grace. As we bowed our heads he said, "God is good, God is great. Thank you for the food, and I would thank you even more if Mom gets us Ice Cream for dessert. And liberty and justice for all! Amen!"

Along with the laughter from the other customers nearby, I heard a woman remark, "That's what's wrong with this country. Kids today don't even know how to pray. Asking God for Ice Cream! Why, I never!"
Hearing this, my son burst into tears and asked me, "Did I do it wrong? Is God mad at me?"

As I held him and assured him that he had done a terrific job and God was certainly not mad at him, an elderly gentleman approached the table. He winked at my son and said, "I happen to know that God thought that was a great prayer."
"Really?" my son asked.
"Cross my heart." Then in theatrical whisper he added (indicating the woman whose remark had started this whole thing), "too bad she never asks God for Ice Cream. A little Ice Cream is good for the soul sometimes."

Naturally, I bought my kid Ice Cream at the end of the meal. My son stared at his for a moment and then did something I will remember the rest of my life. He picked up his Sundae and without a word walked over and placed it in front of the woman. With a big smile he told her, "Here, this is for you. Ice Cream is good for the soul sometimes and my soul is good already!"

GOOD NEWS...

There is the story of a pastor who got up one Sunday and announced to his congregation: 

"I have good news and bad news. The good news is, we have enough money to pay for our new building program. The bad news is, it's still out there in your pockets."

I AM NOT SCARED...
A pastor asked a little boy if he said his prayers every night.
'Yes, sir,' the boy replied.'
And, do you always say them in the morning, too?' the pastor asked.
'No sir,' the boy replied. 'I ain't scared in the daytime.'


BLABSE UIT KERKAFKONDIGINGS
Vir alle ma’s wat klein kindertjies het en dit nie weet nie – ons het ‘n moederskamer net langs die kerk.

Die blomme in die kerk sal geskenk word aan diegene wat siek is na die erediens.

Volgende week word die kerkraadsvergadering Woensdag om sewe-uur gehou en die predikant van Sondag is in die konsistorie opgeplak.

Basaarafkondiging: Almal welkom! Kom gerus as jy niks aanhet nie en kom deel in die pret.

Ons gemeente gaan vanaand lekker melkskommels in die kerksaal drink, sal alle vroue wat melk skenk asseblief reeds om 18h00 daar wees.

Ons het vanaand ‘n byeenkoms in beide die oostelike vleuel en die westelike vleuel van ons kerkgebou. Babas sal beide kante gedoop word.

Alle vrouelidmate kom Woensdag die elfde in die biblioteeksaal bymekaar vir ‘n praatjie oor die hemel. Hoe jy daar kan kom? Vervoer is beskikbaar om 19h00 vanaf die bushalte oorkant die hotel.

Eerskomende Sondag sal daar ‘n spesiale kooruitvoering wees, waarna die kerk gesluit sal wees vir herstelwerk.

Weight Watchers het weer vanaand hulle byeenkoms in die saal. Gebruik asseblief die dubbeldeure van die syingang.


November die negentiende om tienuur. Oggenddiens: Ds. Bruwer – Die wêreld se grootste probleem

Die ou dame stuur haar ou familiebybel deur pos aan na haar broer in 'n ander dorp.

Die klerk by die poskantoor vra haar:  "Is daar iets breekbaars hier binne?", waarop sy antwoord:
"Net die tien gebooie."

A minister parked his car in a no-parking zone in a large city because he was short of time and couldn't find a space with a meter.

Then he put a note under the windshield wiper that read: "I have circled the block 10 times. If I don't park here, I'll miss my appointment.

Forgive us our trespasses." When he returned, he found a citation from a police officer along with this note "I've circled this block for 10 years.

If I don't give you a ticket I'll lose my job. Lead us not into temptation."

DOMINEE EN SY BREKFIS

'n Dominee moes een Sondag die diens op 'n verafgeleë plattelandse dorpie lei en ry toe reeds Saterdagmiddag deur en gaan by een van die ouderlinge tuis. Sondagoggend toe die gasvrou hom nooi om te kom aansit vir ontbyt bedank hy daarvoor en sê hy sal liefs nie ontbyt nuttig nie, want hy het ondervind dat hy nie op 'n vol maag kan preek nie.
Die gasvrou gaan toe nie kerk toe nie ten einde 'n goeie middagmaal voor te berei. Toe haar seuntjie uit die kerk kom vra sy hom: 'Jannie, en hoe het die dominee toe gepreek?' 'Ag, Ma,' sê hy. 'Hy kon maar net sowel sy brekfis geëet het.' 
                                                
AMEN
When my daughter, Kelli, said her bedtime prayers, she would bless every family member, every friend, and every animal (current and past).
For several weeks, after we had finished the nightly prayer, Kelli would say, 'And all girls.'
This soon became part of her nightly routine, to include this closing.
My curiosity got the best of me and I asked her, 'Kelli, why do you always add the part about all girls?
'Her response, 'Because everybody always finish their prayers by saying 'All Men'!'


SNEEU IN DIE PARK
Klein Bobby het die naweek by sy ouma gaan kuier. Dit het oornag gesneeu en Ouma besluit om die seuntjie die Saterdagoggend na die park te neem.

Alles was pragtig en spierwit. Sy ouma merk toe op:  "Dit lyk presies soos 'n skildery!   Weet jy dat God hierdie prent spesiaal vir jou geskilder het?"

Bobby se: "Ja. Hy het, en Hy het dit met sy linkerhand gedoen."  Ouma kon nie die kloutjie by die oor kry nie, en vra toe: "Hoekom sê jy dat God dit met sy linkerhand gedoen het?"

"Wel," verduidelik Bobby, "Ons het laasweek by die Sondagskool geleer dat Jesus op God se regterhand sit."

HE IS AN ARTIST
A teacher began her lesson with a question, "Boys and girls, what do we know about God?"
A hand shot up in the air. "He is an artist!" said the kindergarten boy.
"Really? How do you know?" the teacher asked.
"You know - Our Father, who does art in Heaven... "

GRANDPARENTS ANSWERING MACHINE
Good morning... Thank you for calling. At present we are not at home, but please leave your message after you hear the beep.
"beeeeeppp ..."
If you are one of our children, dial 1 and then select the option from 1 to 5 in order of "arrival" so we know who it is.
If you need us to stay with the children, press 2
If you want to borrow the car, press 3
If you want us to wash your clothes, press 4
If you want the grandchildren to sleep here tonight, press 5
If you want us to pick up the kids at school, press 6
If you want us to prepare a meal for Sunday or to have it delivered to your home, press 7
If you want to come to eat here, press 8
If you need money, press 9
If you are going to invite us to dinner, or taking us to the theater, please stay on the line and one of us will be with you shortly…
Your call is important to us, please stay on the line. (repeat ten times)




SPOEDVRAAT
'n Dominee word afgetrek vir spoed.
Verkeersbeampte: Waar woon jy?
Dominee: Kerkstraat 1, Van Wyksdorp.
Verkeersbeampte: Jou werksadres?
Dominee: Kerkstraat 1, Van Wyksdorp.
Verkeersbeampte: O, werkloos en jy vat sulke kanse?


DS. KOOS SE VAN 
Ds. Koos vertel vir sy maat hoe hy ver bo die spoedgrens gejaag het toe 'n spietkop hom voorkeer. Hy sê die eerste ding wat die spietkop hom vra is: “Wat is jou van?”
Ds. Koos sê hy skrik so groot: “Ek gee die spietkop sommer my broer se van!”

AFSTAND
Lugwaardin: Meneer, kan ek vir u ´n drankie skink?
Dominee: Nee dankie, ek drink nie so na aan die kantoor nie.

WAT NOEM JY ...
Wat noem jy ‘n dominee wat onder ‘n lamppaal staan?
‘n Skynheilige

'N MA SE GEBED
Die dominee vra vir ‘n sesjarige: “Jy sê jou mamma bid elke aand as sy jou in die bed sit? Dis mooi.
Wat bid sy?”
Die seuntjie antwoord: “Dankie Vader dat hy in die bed is!”















HET NOAG VISGEVANG?
'n Sondagskoolonderwyser vra die klas, "Jannie, dink jy Noag het baie visgevang toe hy op die skip was?
"Nee," antwoord Jannie. "Hoe kon hy, met net twee wurms?"

Vyande
"Probeer om jou vyande lief te hê soos die Goeie Boek ons leer," sê die  dominee toe hy huisbesoek doen by Jan se huis.
"O, ek doen dit beslis, Dominee" sê Jan. "My grootste vyande was nog altyd brandewyn, vroue en sigarette."

Sondagmiddagete
Twee gemeentelede besluit om die nuwe dominee vir Sondagmiddagete te nooi, al hou hulle niks van hom nie, omdat hy so kortaf  en onbeskof kan wees.
Sondagmiddag nadat hulle 'n bietjie gesels het, verskoon die paartjie hulleself om die kos voor te sit.
Dit ruik baie lekker en die prediker pols klein Pietertjie.
"Weet jy wat so heerlik ruik?"
"My mond water!" sê die dominee.
"Ja, ek weet wat ons eet. Ons eet vandag wildsvleis. Ek het gehoor mamma sê vir pappa ons kan die ou buffel maar vir Sondagete kry."
   
Waarhede:
Sy het so baie plooie, sy skroef haar hoed op!
Ek is nou so opgewonde soos n budgie op steroids !
Jy’s so skeel jy kyk jouself diep in die oë!
Hy is so maer, as hy langs ‘n wit muur loop lyk dit soos n kraak wat beweeg!
Hy is so skelm, hy bid onder ‘ n skuilnaam
Ek gaan jou klap dat jy lus kry vir niks
Ek sit nou so lekker ek staan sommer op en sit weer.
‘Lang gesig soos ‘n bok wat afdraand vreet.’
‘Drank los nie probleme op nie, maar so ook nie melk of water nie.’
‘Ek voel nou so goed, ek vul sommer die lottonommers verkeerd in.’
‘Ondervinding is iets wat jy eers kry, nadat jy dit nodig het.’
‘Almal kry die voorreg om onnosel te wees, net jammer party maak misbruik daarvan.’
‘Arende vlieg dalk hoog, maar ons muishonde word nooit deur ‘n vliegtuigmotor ingesuig nie.’
‘Die mens is op aarde geplaas om ìn sekere hoeveelheid werk te doen. Op die oomblik is ek so ver agter ek sal nooit doodgaan nie.’
‘Ons kan nie almal helde wees nie, iemand moet langs die pad staan en hande klap.’
‘Ek glo dat as iets die moeite werd was om te doen, dan sou iemand anders dit lankal gedoen het.’
‘Jy mag nooit meer as jou yskas weeg nie!’
‘As jy vir jouself kan lag dan het jy altyd iets om oor te lag.’
‘As jy lyk soos jou paspoort-foto, dan het jy ‘n reis nodig.’