Sunday, 2 March 2025

Mossiestilte: Jes. 42:16

En Ek sal blindes lei op 'n weg wat hulle nie ken nie, hulle laat loop op paaie wat vir hulle onbekend is; Ek dal die duisternis lig maak voor hulle uit en die hobbelagtige plekke gelyktes. Dit is die dinge wat Ek doen en nie nalaat nie.

Die onbekende is soms skrikwekkende en traumaties om in te beweeg.
Donker plekke veral, het 'n magiese vrees in sommige mense. Dieselfde plek wat hulle in die dag gesien het bring vrees in die nag.
 
God wil vandag jou duisternis lig maak en die hobbelagtige plekke gelyk maak, sodat jy met gemak en sonder vrees daarin, of, op kan loop.
God sal nie nalaat om sy goedgunstigheid aan jou te bewys nie.

Dankie, Here, elke môre wek U my op deur u grote genade. U het reeds my pad voorberei en gelyk gemaak. Ek sien die lig wat U voorsien en die donker het gewyk. My vrees is weg en u vrede en vreugde vul my nou in Jesus Naam. Ek sien kans vir vandag se uitdagings, want Jesus laat my nooit alleen nie. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]