Tuesday, 4 March 2025

Mandjie Hoop: Klein bietjies ...

Klein bietjies omgee keer groot hartseer.
Klein liefdesblykies droog groot trane.
Klein boodskappies bring groot vreugde.
Klein glimlaggies verlig groot donkerte.
Klein herinneringe bly vir altyd.
Dit is die klein dingetjies wat die lewe
die moeite werd maak en
ons vir mekaar onmisbaar maak.  
[Dankie, Ena!]