Sunday 31 July 2022

2022 se geseënde dankfees

 








Nog foto's volg later!
Klik HIER vir nog foto's!

Saturday 23 July 2022

Kerkgenotjies: Gideon


Klik HIER vir iets in ligter luim!

Wednesday 20 July 2022

Onthou: 30 Julie - die dankfeesdatum!


En so stap die jaar aan en voor ons ons oë uitvee, is dit basaar. 

Van ver af  roep die reuk van koffie en pannekoek 'n mens nader. Die basaar is 'n baldadige vloei van kleure, geure en gesellige geselsies. Rooi, pienk, seegroen, blou en geel nooi jou uit, terwyl die ballonne en wapperende vlaggies sing: 
Basaar!

Tuesday 19 July 2022

Net vir vanoggend ...

Net vir vanoggend, gaan ek bo-oor die vuil wasgoed klim, jou optel en jou parkie toe vat om te gaan swaai.

Net vir vanoggend, gaan ek die skottelgoed los, en jou kans gee om vir my te wys hoe jy jou legkaart bou.

Net vir vanmiddag gaan ek nie eenkeer kwaai met jou praat nie, en as die roomyskarretjie verbykom en jy vra vir 'n roomys, gaan ek jou toelaat om te kies net watter een jy wil.

Net vir vanmiddag gaan ek jou toelaat om saam met my koekies te bak, sonder om vies te word as jy mors, en sonder om jou kinderpoging elke keer te probeer regmaak.

Net vir vanmiddag gaan ek nie bekommerd wees oor wat van jou gaan word as jy groot is nie, en my nie verknies of ek ooit altyd die regte besluite vir jou geneem het nie.

Net vir vanoggend, gaan ek die telefoon uitprop en die rekenaar afskakel, en saam met jou sit en borrels blaas.

Net vir vanaand gaan ek jou in my arms hou, en jou die storie vertel van hoe jy in my lewe gekom het en hoe bly ek daaroor is.

Net vir vanaand sal ek jou laat laat wakkerbly, dan sit ons op die stoep en tel al die sterretjies.

Net vir vanaand kan jy spat in die bad soveel as wat jy wil, want ek gaan nie raas nie.

Net vir vanaand gaan ek snoesig saam in jou bedjie lê tot jy slaap, al mis ek ook my geliefde TV-program.

Net vir vanaand gaan ek my vingers deur jou hare krul as ons bid, en gaan ek net dankbaar wees dat God jou vir my gegee het - die grootste geskenk ooit.

En ek sal dink aan al die pappas en mammas, wat op soek is na verlore kinders, en wat hulle kinders se grafte besoek. Ek sal dink aan die mammas en pappas wat hulle kinders in die hospitaal sien ly omdat hulle siek is – mammas en pappas wat binne-in skree, omdat hulle dit nie meer kan aanskou nie.

En dan gaan ek vir jou nagsê met ‘n soentjie, en jou nog ‘n rukkie vashou.

Dit is dan wanneer ek God vir niks anders sal vra, as net vir nog een dag nie ...

Saturday 16 July 2022

Kerkgenotjies: Kerkkantoor


Klik HIER vir iets in ligter luim!

Thursday 14 July 2022

29 & 30 Julie: Dankfees EN Ons Huis se basaar

ONTHOU: Ons deel 'n dag, maar elkeen wat hier lees kan sy/haar TYD tussen hierdie twee geleenthede deel: 
Dubbel pret,
dubbel eet,
dubbel ondersteun
en dubbel geluk -
dit maak jou dubbel onmisbaar. 

Sien jou by Dutoitspan Kerksaal vir die DANKFEES en onthou jy kan vooraf bestellings plaas.
Sien jou by Diamantveld Kerksaal vir die ACVV-winterbasaar! Een van die vele celebs vir die dag is Mickey Mouse wat spesiaal vir die kinders gaan kom sing en dans - bring gerus die kinders saam vir 'n spesiale kuier!

Wednesday 13 July 2022

Die Tas

'n Man sterf en toe hy dit besef, sien hy God naderkom met 'n tas in Sy hand.
God sê: "Seun, dit is tyd om te gaan."
Verbaas reageer die man: "Nou? So gou? Ek het baie planne gehad ..."
"Ek is jammer, maar dit is tyd om te gaan."
"Wat het U in die tas?" het die man gevra.
God het geantwoord: "Jou besittings."
"My besittings? Bedoel U my goed, my klere, my geld?"
God het geantwoord: "Daardie dinge het nie aan jou behoort nie. Dit was Aardsgebonde."
"Is dit my herinneringe?" het die man gevra.
God het geantwoord: "Dit het nooit aan jou behoort nie. Dit was Tydsggebonde."
"Is dit my talente?"
God het geantwoord: "Dit het nooit aan jou behoort nie. Dit was Bykomstigheidsgebonde."
"Is dit my familie of vriende?"
God het geantwoord: "Ek is jammer, hulle was nooit joune nie, hulle was Omstandigheidsgebonde."
"Is dit my vrou of my seun of my dogter?"
God het geantwoord: "Hulle was nooit joune nie. Hulle was Hartsgebonde."
"Is dit my liggaam?"
God het geantwoord: "Dit was nooit joune nie. Dit was Aardsgebonde."
"Is dit my siel?"
God het geantwoord: "Nee, dit behoort aan My."

Gevul met vrees, het die man die tas van God geneem en dit oopgemaak net om te vind dat die tas leeg was.

Met 'n traan wat oor sy wang loop, het die man gevra: "Het ek nooit iets gehad het nie???"
God het geantwoord: "Dit is korrek, elke oomblik wat jy geleef het was joune."

Die lewe is net 'n oomblik, 'n oomblik wat aan jou behoort. Daarom, lewe die lewe terwyl jy dit het.
Moenie dat enigiets wat jy dink aan jou behoort jou verhoed om te lewe nie.
- Lewe nou.
- Lewe elke oomblik voluit.
- Moenie vergeet om gelukkig te wees nie, dit is die enigste ding wat saakmaak.
- Materiële dinge en alle ander dinge waarvoor jy geswoeg en baklei het, bly agter.

- JY KAN NIKS SAAMVAT NIE.

Learn from the turtle ...

1. God wants spiritual fruit, not religious nuts.
2. There is no key to happiness. The door is always open.
3. Silence is often misinterpreted, but never misquoted.
4. Dear God, I have a problem, it’s me.
5. Laugh every day, it’s like inner jogging.
6. Blessed are the flexible for they shall not be bent out of shape.
7. The most important things in your home are the people..
8. As a child of God, prayer is kind of like calling home everyday.
9. He who dies with the most toys is still dead.
10. It’s all right to sit on your pity pot every now and again. Just be sure to flush when you are done.
11. Surviving and living your life successfully requires courage. The goals and dreams you’re seeking require courage and risk taking. Learn from the turtle, it only makes progress when it sticks out it’s neck.
12. Be more concerned with your character than your reputation, because your character is what you really are, while your reputation is merely what others think you are.

Author: Unknown 

Tuesday 12 July 2022

Monday 11 July 2022

Gebed vir die week – John Baillie

Here God, mag die herinneringe aan die lewe van u Seun
wat op die stofpaaie van hierdie aarde geloop
en tussen ons gewone mense gelewe het,
vandag in die alledaagse take en eise van die lewe
vir my tot inspirasie wees.

Laat my onthou hoe Hy gedien het,
eerder as om op bediening aanspraak te maak;
hoeveel deernis Hy gehad het met alle mense se pyn en seerkry;
hoe moedig Hy was in sy eie lyding.

Herinner my in my eie optrede aan sy nederigheid.
Hoedat Hy nie ander beledig het
toe hulle Hom verneder en geslaan en bespuug het nie.

Laat sy eenvoud my leer
om alle vertonerigheid te vermy.

Laat my leer uit sy
selfbeheersing, sy rustigheid en innerlike vrede,
sy volkome vertroue op U, sy Vader.

Vul my vandag opnuut met die krag van u Gees,
sodat ek in Jesus se voetspore sal kan volg.

(Uit: Die Groot Gebedeboek, saamgestel deur Piet Naude, 2014)

Saturday 9 July 2022

Kerkgenotjies: Die eensgesindheidseminaar


Klik HIER vir iets in ligter luim!

Tuesday 5 July 2022

Ek het gevra ...

Ek het gevra vir krag sodat ek kon presteer ...
Toe maak Hy my swak sodat ek kan leer.

Ek het gevra vir gesondheid sodat ek groot dinge kon verrig ...
Toe gee Hy my genade sodat ek kan besef daar is 'n beter plig.

Ek het gevra vir rykdom sodat ek geluk kon koop ...
Toe gee Hy my armoede om my van my hoogmoed te stroop.

Ek het gevra vir mag sodat ander my kan prys ...
Toe gee Hy my die wysheid om Sy liefde te kan wys.

Ek het gevra vir alles in die lewe sodat ek dit kon geniet ...
Toe gee Hy my 'n hart wat ten spyte van die lewe vreugde kan bied.

Ek het niks ontvang waarvoor ek gevra het nie ...
Maar in Sy oneindige wysheid, liefde en genade het Hy my meer gegee as waarvoor ek ooit kon hoop.

Want selfs al gaan ek deur donker dieptes hoef ek nou nie meer bang te wees nie.
U is by my.
By U is ek veilig.
U goedheid en liefde is my huis en my hart.
Nou kyk ek op na die berge en weet U is daar.
U sal my beskerm teen alle gevaar.
Nou.
Altyd.

[Bron: internet]

Sunday 3 July 2022

Wees jouself ...

Wees ... lojaal teenoor jou vriende.
Wees ... vriendelik met jou vyande.
Wees ... sterk genoeg om die wêreld elke dag vierkantig in die oë te kyk.
Wees ... swak genoeg om te weet dat jy nie alles alleen kan doen nie.
Wees ... vrygewig teenoor hulle wat jou hulp nodig het.
Wees ... spaarsamig met dit wat jyself benodig.
Wees ... wys genoeg om te besef dat jy nie alles weet nie.
Wees ... dwaas genoeg om te glo in wonderwerke.
Wees ... bereid om jou vreugdes te deel.
Wees ... bereid om die hartseer van ander te deel.
Wees ... ’n leier wanneer jy ‘n weg sien wat ander gemis het.
Wees ... ’n volger wanneer jy omring word deur die mistigheid van twyfel.
Wees ... die eerste om ‘n opponent geluk te wens met sy sukses.
Wees ... die laaste om ‘n kollega wat misluk te kritiseer.
Wees ... seker waar jy volgende gaan trap sodat jy nie struikel nie.
Wees ... seker van jou finale bestemming, ingeval jy die verkeerde rigting inslaan.
Wees ... liefdevol teenoor hulle wat jou liefhet.
Wees ... liefdevol teenoor hulle wat jou nie liefhet nie, dalk kan hulle verander.
Bo alles ... wees jouself.