Showing posts with label Werk. Show all posts
Showing posts with label Werk. Show all posts

Saturday, 15 November 2025

Kerkgenotjies: By my werk

As ek lank met my werk besig is, is ek oud en stadig.
As my afdelingshoof lank besig is, is hy deeglik.
As ek nie iets wil doen nie, is ek lui.
As my afdelingshoof nie iets wil doen nie, is hy besig.
As ek iets uit my eie doen, is ek 'n windbol.
As my afdelingshoof iets uit sy eie doen, gebruik hy sy inisiatief.
Wanneer ek met 'n besluit volstaan, is ek hardekwas.
Wanneer my afdelingshoof dit doen, is hy ferm.
Wanneer ek my afdelingshoof gelukkig maak, kruip ek by hom.
Wanneer my afdelingshoof sy hoof gelukkig maak, gee hy sy samewerking.
Wanneer ek vooruitgang maak in my werk, het ek die geluksengel aan my kant.
Wanneer my afdelingshoof in sy werk vooruitgang maak, is hy hardwerkend.
Wanneer ek nie die reëls nakom nie, vat ek kanse.
Wanneer my afdelingshoof hom nie aan die reëls steur nie, is hy oorspronklik.

Wednesday, 20 August 2025

'n Moderne weergawe van Psalm 23 vir elkeen in die werkplek

PSALM 23 (AANGEPAS)

Die Here is my eintlike baas ek kom niks kort nie.
Hy maak my rustig, al is daar chaos rondom my.
Hy bring my by waters waar daar vrede is,
al woed die kantoorpolitiek rondom my.
Hy gee my telkens nuwe krag
wanneer die werklas en die verantwoordelikhede my wil oorweldig.

Wanneer die gevaarlike weë van korrupsie vir my wink,
lei Hy my tot sy eer op die regte pad.
Selfs al gaan ek deur die donker dieptes van

ontelbare e-posse, rekenaars en netwerke wat "oppak,"
die rugstekery van kollegas, bestuurders, begrotings en
'n moeë liggaam wat ek soggens uit die bed moet sleep,
sal ek nie bang wees nie, want U is met my.

In u hande is ek veilig.
U laat my by die feesmaal van u liefde aansit,
selfs al dreig die regering met verdere "regstellende aksie"
of al is daar praatjies van afskaling en afdankings in die maatskappy waarvoor ek werk.
U ontvang my soos 'n eregas
selfs al word ek telkens deur my bestuurders oor die hoof gesien.

Ek word oorlaai met u hartlikheid
al ontvang ek weinig erkenning vir my harde werk.
U goedheid en liefde is vir my meer werd,
as enige bonustjek, want dit sal my lewe lank by my bly.

Al is my mediese voordele en my pensioen maar skraps,
sal ek tot in lengte van dae by U tuis wees,
in die Ewige Aftree-oord wat U vir my beloof!

(Geleen HIER. Skrywer van aangepaste Psalm 23: Onbekend.)

* Lees Psalm 23 HIER

Friday, 11 July 2025

Wat is Genade?

Genade is om gebore te word. 
Genade is om deur Sy wil op aarde te wees. 
Genade is om elke oggend wakker te word
en na 'n moeilike dag in die bed te kan klim. 
Genade is om kos op jou bord te kan hê 
en dankbaar te wees daarvoor. 
Genade is om elke oggend jou kop soos 'n gousblom na die son te draai 
en dankbaar te wees vir nog 'n dag. 
Genade is om elke aand soos 'n daglelie toe te maak 
en dankbaar te wees vir nog 'n dag wat verby is. 
Genade is om gesond te wees. 
Genade is om te vertrou as jy siek word. 
Genade is om dankie te sê elke keer as daar water in jou kraan is 
en elke druppel reën wat val. 
Genade is om jou kleinkinders te sien grootword 
en jou mond te hou as hulle moeilik is. 
Genade is om lief te wees 
en liefgehê te word. 
Genade is om oud te word 
en te wonder waar is my lewe heen. 
Genade is om dankbaar te wees dat jy jou Skepper ken. 
Genade is om 'n werk te hê al is jy so moeg jy wil omval. 
Genade is die grootste geskenk wat jy kan hê. 
Genade is om aan te gaan al lyk die pad vorentoe donker. 
Genade is algehele vertroue op jou Skepper. 
Sy Genade is vir jou genoeg! 
Wees dankbaar! Vir Alles!
Genade onbeskryflik groot! 

Wednesday, 9 July 2025

Moderne Psalm 23 vir almal wat werk

Die HERE is my eintlike Baas
Ek kom niks kort nie.
HY maak my rustig,
Al is daar chaos rondom my.
HY bring my by waters waar daar vrede is,
al woed die “situasies” rondom my.

HY gee my telkens nuwe krag
wanneer die werk/las en die
verantwoordelikhede my wil oorweldig.
Wanneer die gevaarlike weë van korrupsie vir my wink,
lei HY my tot SY eer op die regte pad.

Selfs al gaan ek deur die donker dieptes van
ontelbare e-posse, rekenaars en
netwerke wat ‘oppak’
die rugstekery van kollegas,
bestuurders, begrotings en persoonlike seer aangeleentheid,
‘n Moeë liggaam wat ek soggens
uit die bed moet sleep,
en wat skynbaar nie meer so
skerp is soos voorheen nie,
sal ek nie bang wees nie,
want U is met my
IN U HANDE IS EK VEILIG.

U laat my by die feesmaal van
U liefde aansit,
selfs al dreig die wêreld my
met die ekonomie
of wat ook al die situasie,
U ontvang my soos ’n eregas
selfs al word ek telkens oor
die hoof gesien deur medekollegas of selfs mense na aan my,
Ek word oorlaai met U hartlikheid
al ontvang ek weinig erkening
vir my harde werk
U goedheid en liefde is vir my meer werd,
as enige bonustjek,
want dit sal my lewe lank by my bly.

Al is my mediese voordele en
my pensioen maar skraps,
Sal ek tot in lengte van dae by U tuis wees,
IN DIE EWIGE AFTREE-OORD
WAT U VIR MY BELOOF.

[Geleen by Glo die Bybel - klik HIER]

* Lees Psalm 23 HIER

Thursday, 22 May 2025

Dink hieroor: Spesiaal vir jou van my af

Alles kan in 'n oogwink verander.
Want God werk op vreemde wyses.
Sy wil is nie ons wil nie.
Sy gedagtes is nie ons gedagtes nie.
Sy tyd is nie ons tyd nie.
Daarom moet jy:
* Diep dink.
* Saggies praat.
* Baie liefhê.
* Vriendelik wees.
* Hard werk
* Voluit lewe.
Want elkeen wat goed lewe, lewe lank, want ons lewenstyd word nie bereken in jare, dae of ure nie ...
Dink gerus en gereeld hieroor:
Vreugde, selfs liefde, sterf as jy dit nie vertroetel nie.
Daarom is dit nou tyd dat ons -
* Met sagte hande aan mekaar begin vat.
* Met sagte oë na mekaar begin kyk.
* Met sagte tonge met mekaar praat.
En sorg dat ons elke dag ons daaglikse dosis lag inkry!

Wednesday, 30 October 2024

Wednesday, 4 September 2024

Nasionale Sekretaressedag


Vandag sê ons regtig baie dankie vir die admin-personeel wat sorg dat die dinge in die kantoor vlot verloop. Dankie vir die raakvat-doelgerigte-kan-dit-doen-benadering. Groot waardering vir die daaglikse volgehoue goeie werk!

Saturday, 4 July 2020

'n Oplossing vir mense wat werk soek

Ek het uiteindelik 'n oplossing gekry vir mense wat werk soek!: Die "IFA" ("Independent Field Advertiser") Netwerk Bemarking Besigheid van Clientele, waar jy BETAAL WORD as jy vir ander van Clientele se produkte vertel en hulle deel van die Netwerk word en van Clientele se produkte (polisse) uitneem!

Indien jy belangstel, kontak my asb enige tyd. Skryf solank my IFA nommer neer: AF969660. Die Netwerk is 'n SPAN wat SAAMWERK om jou te help.

Inligting en opleiding beskikbaar in AL die amptelike SA-tale! Al wat jy benodig om mee te begin, is die WIL om kos op jou tafel te sit, die deursettingsvermoë om te volhard en die gewilligheid om te leer, asook 'n selfoon wat toegang tot internet het. Sodra jy registreer, kry jy op tot 35% AFSLAG op lugtyd en 25% AFSLAG op data om jou besigheid te help!
Ek hoor graag van jou: Ensie (079 522 9680)

Sunday, 28 June 2020

Ontwikkel 'n passie vir jou werk


John Ortberg skryf: "My vriend Andy Chan was die hoof van die plasingskantoor by die Stanford School of Business en het gegradueerdes gehelp om werk te kry. Hy sê hy wil eendag 'n boek skryf met die titel: Die mite van passie. Dis die mite dat die perfekte werk iewers daar buite is. As ek net daardie werk kan kry, sal passie uit my hart vloei soos water wat oor die Niagaravalle stort."

Ons het 'n geromantiseerde idee dat ons "werksliefde met eerste oogopslag" sal vind. Maar wat as jou werk jou nie opgewonde maak nie? Ortberg skryf: "Passie vir ons werk is gewoonlik nie 'n vulkaan wat wag om uit te bars nie. Dis 'n spier wat elke dag 'n bietjie sterker word soos ons doen wat van ons verwag word, en so 'n bietjie meer." Paulus het geskryf: "Julle moenie mense probeer tevrede stel deur net te werk as iemand kyk nie. Nee, werk met opregtheid van hart omdat julle eerbied vir die Here het. Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here ... Die Eienaar vir wie julle werk, is Christus! Wie onreg doen, kry hulle onreg terug." (Kolossense 3:22-25 NLV).

Dalk sou dit help om 'n plakkaat op jou lessenaar te sit: "Doen jou bes vir die Here”

Hoekom?

Jy verteenwoordig Christus in die werkplek en wanneer jy getrou is in die klein dingetjies, sal Hy jou bevorder tot groter dinge (Matteus 5:21).