Showing posts with label Christelle Hattingh. Show all posts
Showing posts with label Christelle Hattingh. Show all posts

Friday, 19 December 2025

Gedig: Kruise langs mekaar

Elke huis het sy kruis,
’n las wat net die draer ken.
Ek dra myne, jy dra joune - nie omdat ons wil nie,
maar omdat dit ons s'n is.

Jy sou myne optel as jy kon,
ek sou joune dra as ek mag.
Maar ’n kruis pas net op een skouer,
en tog, loop ons langs mekaar,
tree vir tree,
jou sug is my gebed,
my las is jou fluistering in die nag.

Dis ligter so - nie omdat die kruis krimp nie,
maar omdat ons weet,
ons is nie alleen nie.

Jy bid vir my, ek bid vir jou,
want dis altyd makliker
om die hemel te storm
vir iemand anders se seer
as vir jou eie stukkend.

Maar miskien,
net miskien,
is dit presies waaroor vriendskap gaan -
nie om die kruis weg te vat nie,
maar om dit te sien,
te erken,
en saam te loop,
langs mekaar,
deur die stof,
tot by lig.

[Skrywer onbekend]

Saturday, 4 July 2020

Besembos-kind

Hier waar ons vandag is, Here, lewe ons so koes-koes onder die besembosse deur. Nes Elia. Ons weghardloop-wegkruip-oomblikke lyk net so ‘n klein bietjie anders as die besembos van die Bybel.

Ons vlug vandag onder ons besembos in terwyl ons stil-stil 'n masker dra, en hoop alles gaan sommer net weg. Ons vlug onder ons besembos in wanneer ons hart se mens 'n lê-plekkie in die hospitaal kry, en ons nie daar naby mag gaan nie. Ons vlug onder ons besembos in wanneer ons werk sy deure toemaak en ons wonder waar ons geld gaan kry om deur môre te kom. Ons vlug onder ons besembos in wanneer ons ons jongste op die skool se sypaadjie agterlaat, klein en alleen, net met 'n masker en voetspoortjie wat hom wys waar hy moet staan. Ons vlug onder ons besembos in wanneer die virus sy kloue in ons huwelik inslaan, wanneer ons baklei, sommer net omdat ons almal bang en onseker is. Ons vlug onder ons besembos in wanneer ons na ons hartsmense daar ver verlang ...  Ja, Here, ons vlug na ons besembosse toe as ons magteloos staan teen elke plaasaanval, elke stukkie geweld in hierdie land.

Ons besembosse lyk dalk ‘n klein bietjie anders as die Bybel se besembos. Daardie besembos het blare en takke gehad - ons vlug na die veiligheid van ons eie hart, daar waar niemand ons kan sien en seermaak nie. Ons raak stil, raak sommer net weg sonder dat iemand dit agterkom.  Ons besembosse lyk dalk ‘n klein bietjie anders, maar dit pla U nie, want U is steeds dieselfde God.

U weet van die plek waar ons wegkruip vir die wêreld. U stap nooit verby ‘n besembos nie. Nee, Here. As een van U kinders verward en stukkend onder ‘n besembos gaan lê, is U die Een wat stil-versigtig die takke wegskuif, U hand sag op ons skouer lê en stil vir ons sê: “Kom, eet iets, anders gaan die pad vir jou te lank word.” En wanneer U ons versorg het, vir ‘n rukkie langs ons gesit het en seker gemaak het ons het genoeg krag vir die pad wat voor ons lê, stap U stil saam met ons verder.

En iewers êrens op hierdie woestynpad, Here, is dit U wat sag vir ons vra: “Wat maak jy hier ...?” En dan borrel dit so deurmekaar soos Elia se woorde daar in die besembos-woestyn ... dan vertel ons vir U van die stukkend nadat ons kind doodgegaan het, van die onsekerheid en angs oor ons werk wat toemaak, van ons bekommerd-wees oor die finansies, die kinders, die skool. Van ons hartseer oor 'n geliefde wat in ICU lê. Dan vertel ons vir U van die verlang na ons hart se mense, van ons wakker-lê elke nag.  En wanneer ons klaar vir U vertel het, Here, is dit U wat stil langs ons sit en ons rustig maak. Vir ons weer en weer wys dat U groter is as die bos en die woestyn in ons lewe.

Wanneer ons klaar vir U vertel het, is dit U wat stil weer vir ons die pad wys wat ons moet verder loop, nes destyds vir Elia.

Dankie dat U nie skrik vir ons besembosse nie, Here.
Dankie dat U nooit ‘n besembos mis of sommer net ongeërg verbyloop nie.
Dankie dat U kinders se besembosse vir U saakmaak.
So baie saakmaak dat U nie omgee hoe lank U by ‘n besembos moet stilstaan nie.
Solank die een wat onder die bos lê, net weet dat U daar is en dat U nie gaan weggaan nie.
Nooit gaan weggaan nie.
Dis vir U belangrik, Here.
Dankie dat U geduldig is, ook met my, U besembos-kind.

1 Kon. 19

[Baie dankie, Christelle Hattingh dat jy hierdie besondere stukkie met ons deel.]

Sunday, 12 April 2020

Paassondag: Covid-19-erediens: Afrikaans

Vandag plaas ons prop. Neels Loots van Dutoitspan-gemeente se oggenderediens wat hy tydens die Covid-19-inperking met ons deel. Vanoggend se diens is op YouTube beskikbaar.

Tema: Voetspore uit die graf ... Jesus leef

Skriflesing: Lukas 24:1-49

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 12 April 2020 (Druk op die woord "Kerkdiens" om die boodskap van prop. Neels Loots te aktiveer)

Friday, 10 April 2020

Covid-19-oordenking 15 - aand

Luister gerus vanaand na ds. Ensie Enslin se bemoedigende oordenking en word versterk deur die boodskap. Klik slegs op die skakel "Oordenking" hieronder.

Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore

Skriflesing:  Johannes 19:38-42

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking van 11 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)

Thursday, 9 April 2020

Covid-19-oordenking 14

Luister gerus vanaand na ds. Dawie Scheepers van Harmonie-gemeente in Kimberley se bemoedigende oordenking en word versterk deur die boodskap. Klik slegs op die skakel "Oordenking" hieronder.

Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore

Vanaand se tema: Die pad na Getsemane

Skriflesing: Lukas 22:39-53

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking van 9 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Dawie Scheepers te aktiveer)

Wednesday, 8 April 2020

Covid-19-oordenking 13

Luister gerus vanaand na ds. Pieter-Roux du Toit van Diamantveld-gemeente in Kimberley se bemoedigende oordenking en word versterk deur die boodskap. Klik slegs op die skakel "Oordenking" hieronder.

Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore

Vanaand se tema: Die voetewassing

Skriflesing: Johannes 13

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking van 8 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Pieter-Roux du Toit te aktiveer)

Tuesday, 7 April 2020

Covid-19-oordenking 12

Luister gerus vanaand na ds. Neels Klynsmith van die Trinity Metodiste Kerk in Kimberley se bemoedigende oordenking en word versterk deur die boodskap. Klik slegs op die skakel "Oordenking" hieronder.

Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore

Vanaand se tema: Voetspore van verraad.

Skriflesing: Markus 14

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking van 7 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Neels Klynsmith  te aktiveer)

Monday, 6 April 2020

Covid-19-oordenking 11

Luister gerus vanaand na ds. Roland Greenland van die Metodiste Kerk Beaconsfield Kimberley se bemoedigende oordenking en word versterk deur die boodskap. Klik slegs op die skakel "Oordenking" hieronder.

Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking van 6 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Roland Greenland te aktiveer)

Sunday, 5 April 2020

Covid-19-oordenking 10

Luister gerus vanaand na ds. Ensie Enslin se bemoedigende oordenking en word versterk deur die boodskap. Klik slegs op die skakel "Oordenking" hieronder.

Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore

Vanaand se tema: In die voetspore van Jesus in Jerusalem in.

Teksvers: Matt. 16:21
                 Matt. 17:22 en 23
                 Matt. 20:17-19
                 Luk. 19:28-44

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking van 5 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)

Saturday, 4 April 2020

Covid-19-oordenking 9

Luister gerus vanaand na ds. Ensie Enslin se bemoedigende oordenking en word versterk deur die boodskap.

Klik slegs op die skakel "Oordenking" hieronder. Van vanaand af sal die SKAKEL jou direk na SoundCloud vat waar jy dit "online" kan luister.

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking van 4 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)

Friday, 3 April 2020

Noag

Noag was nog altyd een van my gunsteling Bybelkarakters.

‘n Rare wese. Onverskrokke in sy geloof. ‘n WIL van staal. ‘n Man wat ook maar teen sy eie spoke oorlog gevoer, en dikwels nie gewen het nie, maar altyd teruggedraai het na die Vader. Ek is daarvan oortuig dat sy vrou en kinders aanvanklik glad nie beindruk was met hierdie ark-storie nie. Self nie eers seker dat hulle teen die heel einde geglo het dat die groot vloed sou kom nie.

Maar hulle het saamgebou. En waarskynlik binnesmonds gegrom en gemompel. Dit was fisies harde werk en ek is seker dat die meeste van daardie diere glad nie maklik was om te hanteer nie. Maar dit moes die eenvoudige deel van arkbou gewees het. Dit moes waarskynlik die mense se kommentaar gewees het wat vir Noag en sy gesin amper gebreek het. Wat hul geloof getoets het. Wat die potensiaal gehad het om die projek te kelder. Tog het Noag deurgedruk. Vir baie dae en nagte gebou.

En toe hy daardie ark se deur agter hom toetrek moes hy tog sekerlik in sy hart vir ‘n oomblik gewonder het of hy soos die dorp se nar na ‘n paar dae die deur sou moes oopmaak en uitklim. Maar die reen het gekom soos die Here aan Noag belowe het. En Noag moes magteloos toekyk hoe al die ander mense in sy dorp magteloos skree om hulp, hom smeek om die deur vir hulle oop te maak. Dit kon nie ‘n gemaklike lewe in die ark gewees het nie. Noag en sy gesin moes vasgedruk gevoel het daarbinne, later moeg vir mekaar en moeg vir diere se reuke en geluide.

Corona is so ‘n bietjie soos daardie vloed. As jy ‘n Noag is, is jy nou toegesluit in jou ark. Die eerste druppels het al geval en jy is veilig daarbinne. Vir jou gaan dit later ook glad nie meer maklik wees nie. Jy gaan veg teen jou eie spoke, jou eie hartsmense. Jy gaan ook elke dag wag vir die reen om op te hou, vir die watervlak om te begin sak, vir die infeksiesyfers om te stabiliseer en dan te daal.
Het jy genoeg geloof en vertroue om vir die hele vloedtyd in jou ark te kan bly? Ek is seker ons sal ook later, soos Noag die duif gestuur het, seine stuur en vra of dit veilig is om die deur oop te maak, om uit te klim en op gras te loop. Ons duif is die media, die eindelose berigte oor die impak van hierdie virus op die wereld. Ons barometer is mense om ons se gemoedstoestand, die trant van die boodskappe wat jy vandag op Whatsapp kry.

Ons arktyd begin dalk nou maar eers. Noag se duif het ook ‘n paar keer bloot net teruggekom. Sonder die goeie nuus waarvoor hy gewag het. En Noag en sy mense moes aanhou wag. Net soos ek en jy moet wag.

En toe kom die dag waarop die duif ‘n olyftakkie bring, en Noag die reenboog sien.
Ons Corona olyftakkie kom. Ons sal saam met geliefdes en vriende buite kan staan en kyk na die reenboog van die Here se genade.

Hou die watervlak dop. Stuur die duif. Maar, vir nou, bly geanker in jou geloof. Bly veilig in jou ark.

Wees dankbaar vir die voorreg om ‘n Noag te kan wees. Onwrikbaar. Onverskrokke. Onkantelbaar in jou geloof.

(Dankie, Christelle, dat jy hierdie met ons deel.)

Thursday, 2 April 2020

Covid-19-oordenking 7

Luister gerus vanaand na ds. Ensie Enslin se bemoedigende oordenking en word versterk deur die boodskap.

Klik op die skakel "Oordenking" hieronder en druk dan op die "play"-driehoekie aan die onderkant van die van die wit "OneDrive"-skerm. Die klanklêer kan ook speel, sonder dat die App (wat geadverteer word) afgelaai word.

Die oordenking kan ook op u foon afgelaai word.

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking van 2 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)

Wednesday, 1 April 2020

Covid-19-oordenking 6

Luister gerus vanaand na ds. Ensie Enslin se bemoedigende oordenking en word versterk deur die boodskap.

Klik op die skakel "Oordenking" hieronder en druk dan op die "play"-driehoekie aan die onderkant van die van die wit "OneDrive"-skerm. Die klanklêer kan ook speel, sonder dat die App (wat geadverteer word) afgelaai word.

Die oordenking kan ook op u foon afgelaai word.

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking van 1 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)

Tuesday, 31 March 2020

Covid-19-oordenking 5

Luister gerus vanaand na ds. Ensie Enslin se bemoedigende oordenking en word versterk deur die boodskap.

Klik op die skakel "Oordenking" hieronder en druk dan op die "play"-driehoekie aan die onderkant van die  van die wit "OneDrive"-skerm. Die klanklêer kan ook speel, sonder dat die App (wat geadverteer word) afgelaai word.

Die oordenking kan ook op u foon afgelaai word.

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking van 31 Maart 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)

Monday, 30 March 2020

Covid-19-oordenking 4

Luister gerus vanaand na ds. Ensie Enslin se bemoedigende oordenking en word versterk deur die boodskap.

Klik op die skakel "Oordenking" hieronder en druk dan op die "play"-driehoekie aan die onderkant van die wit "OneDrive"-skerm. Die klanklêer kan ook speel, sonder dat die App (wat geadverteer word) afgelaai word. Die oordenking kan ook afgelaai word.

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking van 30 Maart 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)

Sunday, 29 March 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Danksy die tegnologie, kan ons vandag voortgaan met die erediens ten spyte van die inperking.

'n Paar gedagtes rondom die Lydensweek van Christus word deur ds.Ensie Enslin gewissel.

Klik op die skakel hieronder en druk dan op die "play"-driehoekie aan die onderkant van die skerm. Die klanklêer kan speel, sonder dat die App (wat geadverteer word) afgelaai word.

Skriflesing: Matt. 3:13-4:11

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 29 Maart 2020 (Druk op die woord "Kerkdiens" om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer)

Covid-19-oordenking 3

Luister gerus vanaand na ds. Ensie Enslin se bemoedigende oordenking en word versterk deur die boodskap.

Klik op die skakel "Oordenking" hieronder en druk dan op die "play"-driehoekie aan die onderkant van die wit "OneDrive"-skerm. Die klanklêer kan ook speel, sonder dat die App (wat geadverteer word) afgelaai word. Die oordenking kan ook afgelaai word.

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking van 29 Maart 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)

Saturday, 28 March 2020

Covid-19-oordenking 2

Luister gerus vanaand na ds. Ensie Enslin se bemoedigende oordenking en word versterk deur die boodskap.

Klik op die skakel "Oordenking" hieronder en druk dan op die "play"-driehoekie aan die onderkant van die  van die wit "OneDrive"-skerm. Die klanklêer kan ook speel, sonder dat die App (wat geadverteer word) afgelaai word.

Die oordenking kan ook op u foon afgelaai word.

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking van 28 Maart 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)