Showing posts with label Vergadering. Show all posts
Showing posts with label Vergadering. Show all posts

Sunday, 22 March 2026

Omkring hierdie belangrike basaardatum


ONTHOU: 25 MAART – DANKFEESVERGADERING 

Tuesday, 17 March 2026

Omkring hierdie belangrike basaardatum


Dutoitspanners kry weer daardie bekende basaar-gevoel wanneer die kerk op 31 Mei 2026 sy deure oopmaak vir ’n oggend vol verrassings en sommer net lekker kuier. 

ONTHOU: 25 MAART – DANKFEESVERGADERING

Tuesday, 10 March 2026

Uitnodiging: Kom ontspan heerlik by die kuierbasaar

Dutoitspan se basaar is ’n vaste item op die kerkkalender. Dis meer as net ’n fondsinsamelingspoging, dis ook ’n kans vir die gemeenskap om saam te kom.

Daarom is dit belangrik dat ons die woord versprei en klomp voete sal uitnooi! 
Kom geniet 'n heerlike kuier saam met ons. Daar is hope pret vir oud en jonk, baie lag, tafels wat kreun, lekker kos, musiek en goeie geselskap!

Plek: NG Kerk Dutoitspan
Datum: 31 Mei 2026
Tyd: 09:00 
Wat bied 'n kuierbasaar?
* Smullekker kosstalletjies - die lekkerste jaffels suid van die ewenaar!
* Tuisgebak & soetgoed!
* Springkasteel vir die kinders!
* Handgemaakte items! 
* Koffie, tee en koeldrank!
* Braaivleisvure en -reuke wat tot alle sintuie spreek! 

💚 Bring jou familie, bure, vriende en kollegas saam!!
💚 Almal is só welkom! 
💚 Kom geniet ’n gesellige dag saam met die gemeente.
💚 Nooi iemand spesifieks saam met jou en trakteer 
daardie een op 'n outydse basaarpoeding of 'n pannekoek 
waarvan die kaneelsuiker onder jou tande kraak! 
💚 Sien JOU daar!


VOLGENDE BASAARVERGADERING: 
WO: 25 MAART 18:30

Sunday, 5 October 2025

Stof tot nadenke

Jesus se woorde behoort deur ons almal ter harte geneem word. Nina Smit het dit as volg verwoord:
Ek was honger en dors - julle het ‘n kommissie benoem om my nood te bespreek.
Ek was in die gevangenis - julle het my stilweg vermy en gebid vir my ontslag.
Ek was naak - julle het ‘n vergadering belê om die etiek van bedelary te debatteer.
Ek was dakloos - julle het vir my gepreek van die geestelike skuiling wat Gods liefde bied.
Ek was eensaam - julle het my alleen gelaat en vir my gaan bid.
Julle bid so mooi en praat so baie - maar ek is steeds honger en haweloos en baie eensaam.