Showing posts with label Elsa Minne. Show all posts
Showing posts with label Elsa Minne. Show all posts
Saturday, 7 March 2026
Monday, 24 November 2025
Nuwe administratiewe aanstelling vir 2026
Dutoitspan het hulle kantoorafsluitingsfunksie Saterdag by Rooifontein gehou. 'n Ongenooide gas het homself tuisgemaak en die personeel so beïndruk met sy vriendelikheid, energieke en lewenslustige manier om homself in te werk by die funksie, dat hulle nie 'n ander keuse gehad het as om hom 'n pos aan te bied nie. Hulle hoop dat hy volgende jaar die Rooifontein-erediens sal bywoon en nie net die afsluitingsfunksies nie. Jy kan maar sê dat die man homself in 'n administratiewe pos ingeëekoring het.
Foto's: Elsa Minne
Sunday, 23 November 2025
Belydenisaflegging 2025 (Deel 1)
Aangesien julle die kerkraad oortuig het van julle genoegsame kennis van die Bybel en van die leer van die kerk en van julle persoonlike geloofsvertroue, het die kerkraad met blydskap toestemming verleen dat julle in die openbaar julle geloofsbelydenis mag aflê en so toegang kry tot die nagmaal. Daarom versoek ek julle om voor God en sy gemeente op die volgende vrae opreg te antwoord:

Ten eerste: Glo jy dat die leer soos in die Ou en Nuwe Testament en in die artikels van die Christelike geloof vervat is en in die kerk hier geleer word, die ware en volkome leer van die verlossing is?
Ten tweede: Beloof jy om as lidmaat van die gemeente van Christus deur sy genade in die beiydenis van die leer tot die einde van jou lewe te volhard, en alle Ieringe wat daarvan afwyk, te verwerp?
Ten derde: Bely jy dat die Here Jesus Christus jou persoonlike Verlosser is en dat jy Hom liefhet? Beloof jy om Hom te dien, sy Naam getrou te bely voor die mense en om aktief aan die werksaamhede van die kerk deel te neem?
Ten slotte: Beloof jy dat jy jou onderwerp aan die kerklike opsig en tug?
Foto's: Ds. Ensie EnslinSunday, 9 November 2025
Thursday, 6 November 2025
Kerssangdiensoefening: 'n Ekstra leesbril kan dalk die oplossing wees
As 'n mens in jou haas kerk toe jaag om betyds vir die oefening vir die Kerssangdiens te wees, dan bly 'n leesbril maklik vergete.
En as 'n mens jou bril vir jou medesangmaat leen, dan korrel jy om te kan sien.
Ds. Ensie en Herman Conradie spook om 'n leesbrilritme tussen hulle twee uit te werk.
Foto: Elsa Minne
Monday, 27 October 2025
Saturday, 25 October 2025
Verjaardagwense
Elsa, mag Jesus jou seën met gesondheid en jou lewe vul met gelukkige oomblikke, liefde en vreugde. Mag vrede en genade jou deel wees vir jou nuwe lewensjaar. Wonderlike wense vir 'n geseënde dag.
Monday, 29 September 2025
Sunday, 28 September 2025
Subscribe to:
Posts (Atom)
















































