Showing posts with label Verskonings. Show all posts
Showing posts with label Verskonings. Show all posts

Saturday, 11 April 2026

Bekende verskonings

'n Paar predikante het al die verskonings wat mense maak om nie kerk toe te kom nie, opgesom en net die woord kerk met bioskoop vervang.   

(Onthou: Jy kan jou eie woord insit: Klub, rugby, kamp, sport - die rede wat jou uit die kerk hou.)

Die verskonings klink nou as volg:

Ek gaan nie bioskoop toe nie, want ...

1. Die bestuurder kom my nooit besoek nie.

2. Ek het 'n paar keer die bioskoop besoek, maar die mense is nie juis te vriendelik nie.

3. Elke keer vra hulle geld.

4. Die bioskoopgangers lewe nie almal volgens die peil wat die films stel nie.

5. Ek stem nie saam met alles wat daar vertoon word nie.

6.  Ek moes as kind so baie bioskoop toe gaan dat ek 'n teënsin daarin ontwikkel het.

7. Die vertonings hou te lank aan. Ek kan nie twee uur aanmekaar stil sit nie.

8. Die vertonings vind altyd plaas op 'n tydstip dat ek graag tuis by my gesin wil wees.

9. Daar is te veel huigelaars wat die bioskoop besoek.

[Oorgeneem: Spoorwegbode Maart 1988]

Friday, 29 November 2019

Sunday, 3 March 2019

Moenie van die kerk wegbly nie ...

* omdat dit gaan reën nie -
   u gaan werk toe in die reën!
* omdat dit warm is nie -
   so is die rugbyveld!
* omdat u te arm is nie -
   toegang is GRATIS!
* omdat die predikant nog nie by u huis was nie -
   die bioskoopbestuurder besoek u nooit nie!
* omdat daar huigelaars is nie -
   u beweeg daagliks tussen hulle!
* omdat u klere nie so goed is nie -
   dis nie 'n modeparade nie!
* omdat u nie baie tyd het nie -

   hoe seker is u daarvan?