Showing posts with label Sondagskoolklas. Show all posts
Showing posts with label Sondagskoolklas. Show all posts

Saturday, 9 May 2026

Kerkgenotjies: Bybelkennis van kinders

* OU Egipteland was bewoon deur mummies en hulle het almal in hierdie griewe geskryf. Hulle het in die Sarah-woestyn gewoon. Die klimaat was só erg dat al die inwoners op ander plekke moes bly.

* Moses het die Hebreeuse slawe na die Rooi See gelei waar hulle ongesuurde brode gebak het, dit is brood wat sonder enige bestanddele gemaak is. 

* Moses het die berg Sianied uitgeklim om die tien gebooie te kry.

* Wat het met Lot se vrou gebeur?
Sy was bedags 'n soutpilaar, en snags 'n vuurkolom.

Saturday, 14 March 2026

Kerkgenotjies: Sondagskoolklas

Sondagskoolonderwyser wil by haar klassie hoor wat hulle dink van die begrip toeval of toevallig.Sy besluit om die kinders aan die dink te sit met 'n vraag.
"Wie van julle kan vir my 'n voorbeeld van toeval gee?"
Sarel: "My ma en pa is toevallig op dieselfde dag getroud." 

oooOOooo

Dieselfde Sondagskoolklas is die betrokke Sondag baie besig en die juffrou sukkel om hulle rustig te kry. Sy betrap een van die seuntjies in haar klas dat hy baie lelik praat. Dis nie net ongehoord vir sy ouderdom nie, maar ook die plek waar hulle hul bevind.
"Willie,"sê sy, "jy moenie so lelik praat nie. Waar leer jy sulke woorde?"
"My pa het so gesê," antwoord Willie.
"Ag, dit maak seker nie saak nie, want jy weet tog nie wat dit beteken nie"
"Ek weet tog, juffrou," help Willie haar reg. "Dit beteken die kar wil nie vat nie."

oooOOOooo

Die Sondagskool het 'n heerlike daguitstappie na Rooifontein. Moeg gespeel na 'n onvergeetlike dag in die buitelug, moes die kinders se ouers hulle so teen vieruur die middag by die kerk oplaai.
Jannie se ma sien sommer op 'n distansie hoe hy met 'n meneer van 'n blouoog aangestap kom.
Sy ma is op die plek vies.
"Het jy alweer baklei?" 
"Ja, Ma, maar Kobus het eerste teruggeslaan."

Saturday, 18 May 2024

Kerkgenotjies: In die Sondagskoolklas

Waarom het Noag die ark gebou?
* Hy wou oorsee gaan.

Watter les leer ons uit die verhaal van Dawid en Goliat?
* Om te koes vir 'n klip.

Klik HIER om 'n lag in jou Saterdag te sit.

Saturday, 16 December 2023

Kerkgenotjies: Sondagskoolles


Klik HIER vir iets in ligter luim!

Saturday, 16 September 2023

Kerkgenotjies: In die Sondagskoolklas

Sondagskooljuffrou: "Jannie, dink jy Noag het baie visgevang terwyl hy in die ark was?"
Jannie: "Nee, Juffrou. Hy het net twee wurms gehad."