Showing posts with label Tevrede. Show all posts
Showing posts with label Tevrede. Show all posts

Sunday, 12 April 2026

Tuesday, 29 April 2025

Mandjie Hoop: God is naby jou

Mag jy vandag rustig raak,
dankbaar en tevrede.
Veilig in Sy arms.
Naby Sy hart.
Mag jy net weet dat jy weet:
God is by jou.
Sy liefde maak heel.
Sy liefde gee krag.
Sy liefde motiveer.
Mag Sy genade jou uitlig en oplig uit alle stres,
sodat jy Sy visie oor jou duidelik sal raaksien.

Thursday, 23 January 2025

Waarvoor wag ons?

Hoekom is daar só verskriklik baie reëls in die liewe lewe?
Genade tog!
Bederf jou kinders, so lank en so baie jy wil.
Eet! Eet wat vir jou lekker is.
Praat, sê dit wat gesê moet word.
Gaan kyk hoe lyk die wêreld, waarvoor wag jy?
Sing, wat jy wil, waar jy wil.
Draai elke klip om en gaan soek jóu waarheid. 
Dra jou geel rok al sê almal geel pas jou nie. 
Plant die roosboom,
al sê almal dit gaan nie groei nie.
Bestel 'n glas champagne as almal koffie drink.
Waarvoor wag ons?
Hierdie paar ure van elke dag, is jóune. 
Maak jou merk, skeef of krom, buite die lyne, so what? 
Eendag gaan jy terugkyk.
Ek hoop dan kan jy kliphard lag van tevredenheid.

(#kykmooinajouself) 

[Dankie, Rosetta, dat jy altyd aan ons dink met inspirasiegedagtes!]

Sunday, 2 May 2021

Hoe geniet ons die lewe?

1. Wees tevrede 

2. Kies jou gemoedstoestand 

3. Veg teen stres en bekommernis.

Jip, dis moontlik. Ek het hierdie oulike ding gelees oor bekommernis: "Sluit die hekke van die verlede. Moenie aanhou terugkyk na die probleme en foute van die verlede nie. Sluit ook die hekke van die toekoms. Moenie bekommerd wees of vrees vir wat in die toekoms kan gebeur nie. Die toekoms is vandag. Hanteer vandag. Jy kan nie in die verlede leef nie, ook nie in die toekoms nie. Jy kan net vandag leef. Elke dag is 'n nuwe lewe, 'n nuwe begin. Berei jouself voor vir die toekoms deur vandag tot sy volle potensiaal te leef. As jy bekommerd is oor wat dalk more mag verkeerd gaan, was jy verniet bekommerd. En as dit dan wel gebeur, was jy twee keer bekommerd.”

Pragtig nè? Leef vir vandag - voluit. Nog iemand het gesê:- "Yesterday is history, tomorrow is a mystery, but today, is a blessing!"

Ps 118 : 24 "Live for today, enjoy today. This day belongs to the Lord! Let's celebrate and be glad today!”

Bekommernis maak jou siek, laat jou stres, steel jou lewensvreugde, maak jou moeg, gee jou plooie, maak jou depressief, negatief, veroorsaak vrees, moedeloosheid, magteloosheid. G'n mens kan sy lewe geniet as bekommernis jou hele dag insluk nie.

Hoe vind ek dan vreugde? Hoe kan ek dan my lewe ten volle geniet?

Vind jou vreugde in die Here:

God is goed, kom ons eer Hom daarvoor. Daar is baie om voor dankbaar te wees, kom ons geniet dit.

Die Here het ons die vermoë gegee om te kies, kom ons kies reg.

Glimlag teenoor frons. Lag teenoor huil. Vrolik teenoor bedruk ... wat kies jy?

"A smile is a curve that sets everything straight."

Lees die volledige stuk HIER.

Wednesday, 1 July 2020

Waarom wil jy vandag tevrede wees ...

Waarom wil jy vandag tevrede wees
met 'n tweede of 'n derde plek my kind,
brons of silwer is nie 'n opsie nie.
Jy is bestem vir goud,
daar waar jy jouself nou bevind,
voel jy dalk nie of jy die resies gaan klaarmaak nie,
maar Ek is die een wat jou krag gee.
Ek is die een wat jou bystaan.
Ek is die een wat jou bemoedig.
Ek is Wie Ek is.
Ek is vandag vir jou krag en sterkte,
hou aan vorentoe beweeg,
wag op My
en luister na My aanwysings vorentoe.
Omdraai is nie n opsie nie.

[Anoniem]