Showing posts with label Vrede. Show all posts
Showing posts with label Vrede. Show all posts

Tuesday, 15 September 2026

Mandjie Hoop: Wees net jouself!

Mag Waarheid Jou Vriend Wees. 
Mag Duidelikheid Jou Gids Wees. 
Mag Vrede Jou Visie Wees. 
Mag Liefde Jou Inspirasie Wees. 
Moenie Dat Mense Jou Definieer Nie,
Wees Jou Eie Unieke Self!

Thursday, 23 July 2026

Dink hieroor: Waar kry jy jou krag vandaan?

Jy leef uit die krag van die Een wat in jou woon.
Die waarheid is eenvoudig. 
Bekommernis het geen krag nie. 
Bekommernis kan nie jou toekoms verander nie. 
Bekommernis kan nie jou verlede regmaak nie. 
Bekommernis kan egter jou hede steel. 
Maar geloof in God se Woord,
vervang die van angs met vrede. 
"U sal hom in volkome vrede bewaar wie se gedagte op U gerig is" 
(Jesaja 26:3). 
Vrede is nie iets wat jy jaag nie. 
Dit is iets wat jy binne jou ervaar
wanneer jy rus in die Een wat in jou woon.

[Aangestuur]

Friday, 10 July 2026

Die 10 gebooie wat 'n mens in jou lewe behoort te volg.

1) 'n Gebed is nie soos 'n "spaarwiel" wat 'n mens slegs gebruik wanneer jy in die moeilikheid is nie; dit is jou "stuurwiel" wat jou deur jou lewe in die rigting op die regte pad stuur.

2) Het jy al gedink hoekom het 'n voertuig so groot WINDSKERM en slegs 'n klein truspieël? Omdat jou VERLEDE nie so belangrik is as jou TOEKOMS nie. So, kyk vorentoe en beweeg aan.

3) Vriendskap is soos 'n BOEK. Dit neem 'n paar sekondes om 'n boek te verbrand, maar dit neem jare om dit te skryf.

4) Alle dinge in die lewe is TYDELIK. Wanneer dit goed gaan, geniet dit. Dit gaan nie vir ewig aanhou nie. Wanneer dit sleg gaan, moenie bekommer wees nie.

5) Ou vriende is soos GOUD! Nuwe vriende is diamante! Wanneer jy 'n diamant kry, moenie die goud vergeet nie! Diamante het altyd goud nodig om te set.

6) Soms wanneer 'n mens hoop verloor dink jy dit is die einde, GOD glimlag dan daar Bo en sê: "Kalmeer, my geliefde, dis slegs 'n draai in die pad en nie die einde van die pad nie!"

7) Wanneer GOD jou probleme oplos, het jy geloof in sy bekwame vermoë; wanneer GOD nie jou probleme oplos nie, het HY vertroue in jou bekwaamheid.

8) 'n Blinde vra op 'n dag vir Paulus: "Is daar iets erger as om jou sig te verloor?"
Paulus antwoord: "Ja, om jou visie in die lewe te verloor."

9) Wanneer jy vir ander bid, luister GOD na jou en seën hulle! Soms wanneer jy veilig en gelukkig is, onthou dat iemand anders vir jou gebid het.

10) Bekommernisse neem nie die moeilikhede van môre weg nie; dit neem die vrede van vandag weg.

Sunday, 14 June 2026

Sondag-wense

In die sagtheid van 'n Sondag
lê nuwe krag.
Dit is 'n dag van genade,
van stilte en van
dankbaarheid vir
alles wat ons ontvang het.
Mag hierdie dag
jou siel voed
en jou hart met vrede omvou!  

[Dankie, Rosetta]

Sunday, 10 May 2026

Tuesday, 14 April 2026

Mandjie Hoop: Die 4 kersies

Daar is vier kersies wat elke dag in jou lewe moet brand. Die name van die kersies is VREDE, GELOOF, LIEFDE en HOOP.

Vrede het gesê: "Daar is soveel bakleiery en woede dat niemand my meer aan die brand kan hou nie."
Liefde het gekla: "Mense verstaan nie meer dat ek 'n noodsaaklike deel van hulle bestaan is nie. Ek sien nie meer 'n doel vir myself nie."
Geloof het bygevoeg: "Ek is nie meer onmisbaar nie, so waarom moeite doen om te bly brand."
Al drie kersies se vlammetjies het doodgegaan.
Maar HOOP skree: "Solank as wat ek brand, kan ek julle al drie aansteek!" 
En toe maak hy so! Maak seker dat jou vier kersies ELKE DAG brand!

Thursday, 12 March 2026

Dink hieroor: Groot dinge het 'n klein begin

"Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word."

Matteus 5:9 AFR83

In 1976 is die Nobelprys vir Vrede aan Betty Williams en Mairead Corrigan toegeken vir hul aandeel aan die beëindiging van die geweld in Noord-Ierland. Williams en Corrigan het in Wes-Belfast kragte saamgesnoer toe 'n vrou en drie kinders, wat in hul woonbuurt gaan stap het, deur 'n wegholmotor getref is. Die kinders is dood en hul ma kritiek beseer.

Die motor se bestuurder, wat 'n lid van die Ierse Republikeinse Leër was, is deur Britse soldate geskiet. Hierdie tragedie het vroue in Belfast - insluitend Williams, 'n huisvrou, en Corrigan, die kinders se tannie - gemotiveer om die geweld stop te sit. Die twee vroue het 𝘞𝘰𝘮𝘦𝘯 𝘧𝘰𝘳 𝘗𝘦𝘢𝘤𝘦 gestig en in die daaropvolgende weke het meer as 30 000 mense teen die geweld betoog. Ten spyte van lewensbedreigende teenstand het hulle vredespogings vermoedelik die dodetal van die konflik met die helfte verminder.
 
Elke dag stuur God ons die wêreld in om Sy vredemakers te gaan wees, om daar waar ek leef en werk, 'n verskil te maak. 

Om vrede te maak, selfs wanneer dit moeilik is, is om Christus se voorbeeld te volg. Hy het vrede op aarde gebring tussen God en ons, Sy kinders, en tussen ons as mense.
 
Ek kan nie 'n vredemaker wees as ek nie vrede in my eie lewe het nie en ware vrede is eers moontlik, wanneer daar vrede tussen my en my Skepper bestaan. Dit begin deurdat ek Jesus as my Redder aanvaar. Wanneer ek dan elke dag met gebed en Sy woord begin, verander Hy my lewe om meer soos Hy te word. Daar rus Hy my toe om Sy vredemaker te gaan wees.

Op my beskeie manier kan ek dan uitgaan gaan om Sy vredeswerk in seergemaakte gevoelens en komplekse verhoudings te doen. Soms in my eie familie of gesin of vriendekring of dalk by die werk tussen kollegas.
 
Paulus herinner daaraan dat, al probeer ons alles in ons vermoë om in vrede met ander mense te leef, dinge nie altyd sal uitwerk soos ons graag sou wou nie. (Romeine 12:18, DB). ‘n Vriendin vertel hoe sy en haar suster jare gelede na haar ma se dood ‘n uitval gehad het. Ten spyte daarvan dat sy alles in haar vermoë gedoen het om vrede te maak, het die suster alle kontak verbreek. Die vriendin het aangehou bid vir die herstel van die verhouding. Eers na 8 jaar het die suster weer kontak gemaak en is hulle verhouding herstel.

“𝘜𝘯𝘭𝘦𝘴𝘴 𝘵𝘩𝘦 𝘭𝘰𝘷𝘦 𝘰𝘧 𝘎𝘰𝘥 𝘪𝘴 𝘧𝘰𝘶𝘯𝘥 𝘪𝘯 𝘰𝘶𝘳 𝘩𝘦𝘢𝘳𝘵𝘴, 𝘢𝘭𝘭 𝘵𝘩𝘪𝘴 𝘵𝘢𝘭𝘬 𝘢𝘣𝘰𝘶𝘵 ‘𝘉𝘭𝘦𝘴𝘴𝘦𝘥 𝘢𝘳𝘦 𝘵𝘩𝘦 𝘱𝘦𝘢𝘤𝘦𝘮𝘢𝘬𝘦𝘳𝘴 𝘧𝘰𝘳 𝘵𝘩𝘦𝘺 𝘴𝘩𝘢𝘭𝘭 𝘣𝘦 𝘤𝘢𝘭𝘭𝘦𝘥 𝘵𝘩𝘦 𝘴𝘰𝘯𝘴 𝘰𝘧 𝘎𝘰𝘥’ 𝘸𝘰𝘶𝘭𝘥 𝘰𝘯𝘭𝘺 𝘣𝘦 𝘢 𝘥𝘳𝘦𝘢𝘮 𝘣𝘦𝘤𝘢𝘶𝘴𝘦 𝘪𝘵 𝘪𝘴 𝘪𝘮𝘱𝘰𝘴𝘴𝘪𝘣𝘭𝘦 𝘵𝘰 𝘢𝘱𝘱𝘭𝘺 𝘵𝘩𝘪𝘴 𝘵𝘦𝘢𝘤𝘩𝘪𝘯𝘨. 𝘈 𝘵𝘰𝘵𝘢𝘭 𝘵𝘳𝘢𝘯𝘴𝘧𝘰𝘳𝘮𝘢𝘵𝘪𝘰𝘯 𝘰𝘧 𝘰𝘶𝘳 𝘣𝘦𝘪𝘯𝘨 𝘩𝘢𝘴 𝘵𝘰 𝘵𝘢𝘬𝘦 𝘱𝘭𝘢𝘤𝘦. 𝘞𝘦 𝘯𝘦𝘦𝘥 𝘵𝘰 𝘣𝘦 𝘳𝘦𝘨𝘦𝘯𝘦𝘳𝘢𝘵𝘦𝘥 𝘣𝘺 𝘎𝘰𝘥.”
- Yves I-Bing Cheng

[Geseënd is die vredemakers deur Elmarie van die Westhuizen - klik HIER]

Sunday, 18 January 2026

Sunday, 21 December 2025

Dis die laaste naweek voor Kersfees en my se wense vir jou is ...

Mag die wind slegs jou hare deurmekaar woel, 
maar nie jou gees omkrap nie.
Mag die son jou nie skroei nie, 
maar slegs warmte skenk, ook in jou hart.
As die reën op jou val, voel geseënd
As jy guns en gawes ontvang, 
neem dit met dankbaarheid en nederigheid.
As jy vriendskap ervaar, 
koester dit.
As jy liefde ervaar, 
troetel dit.
Mag jou bekers van geloof, hoop en liefde altyd gevul bly.
Mag die geskenke en lesse wat jy van die lewe ontvang, 
groter wees as dié wat met geld gekoop kan word.
Mag jy altyd bewus wees van die kosbaarheid
en kortstondigheid van tyd.
Mag jy veilig loop en ry op die paaie waar jy gaan.
Mag jou opdraandes nie te steil wees nie, 
en mag jou 'bagasie' nie te swaar word nie.
Mag die lewe jou met n sagte hand aanraak.
Mag jy altyd 'n bewustheid, empatie en begrip hê
vir en van die omstandighede van ander.
Mag jy vroegdag opstaan en saans gaan slaap
met 'n hart vol dankbaarheid.
Mag jy die ware Christus-vrede ervaar.

[Dankie, Wilna, dat jy dit met ons lesers deel.]

Thursday, 30 October 2025

Dink hieroor: Matteus 5:9

“Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.”

Die Boodskap: “Gelukkig is almal wat vrede maak tussen mense wat in vyandskap met mekaar lewe. God sal op die laaste dag voor almal sê dat hulle sy kinders is.”

Is jy ‘n vredemaker? 'n Aktiewe vredemaker? Dit is nie genoeg om net oor vrede te praat nie. Jy moet daarin glo en dit daagliks op alle terreine van die lewe uitleef. 

Moeder Teresa: “As ons geen vrede het nie, is dit omdat ons vergeet het ons behoort aan mekaar. Vrede en oorlog begin in die huis. As ons waarlik vrede wil hê, laat ons begin deur mekaar in ons eie families (en gemeente) lief te hê.” 

Tuesday, 30 September 2025

Mandjie Hoop: God is altyd by ons ...

Ons het vanoggend opgestaan met ...
* GOD se krag wat ons dra.
* GOD se mag wat ons vashou.
* GOD se hand wat ons bewaar.
* GOD se liefde wat ons omvou.
* GOD se wysheid wat ons rig.
* GOD se vrede wat ons omring.
* GOD se genade wat elke môre nuut en vars is.

Monday, 4 August 2025

Gebed: Krag vir vandag

Here, gee ons krag vir vandag,
wees ons opgeeharte genadig.
U weet hoeveel moed dit vat om oor te gee,
U weet alleen waar ons vandaan kom,
hoe swaar ons dra aan alles,
laat moed ons opgee se hand vat
sodat ons saam ‘n nuwe lewe kan begin.
Neem ons vrees en maak ons dapper
sodat ons die lewe kan leef
wat U vir ons beplan het
volgens U wil en vir U.
Help ons asseblief, Here,
niks is by U onmoontlik nie.
Maak ons hart stil
sodat ons U stem kan hoor.
Amen

Sunday, 3 August 2025

Wie is Jesus?

• Vir die juwelier is Hy die Kosbare pêrel. 
• Vir die bakker is Hy die Brood van die Lewe.
• Vir die oogarts is Hy die Stralende Oë.
• Vir die dokter is Hy die Groot Geneesheer.
• Vir die bankier is Hy die Kosbare Skat.
• Vir die tuinier is Hy die Herfsroos van Saron en die Lelie van die Velde.
• Vir die koerantman is Hy die Tyding van Groot Blydskap.
• Vir die geoloog is Hy die Ewige Rots.
• Vir die regter is Hy die Waaragtige Getuie.
• Vir die advokaat is Hy die Voorspraak.
• Vir die prisonier is Hy die Verlosser.
• Vir die dorstige is Hy die Fontein van Lewende Water.
• Vir die landbouer is Hy die Ware Wynstok.
• Vir die skaapwagter is Hy die Goeie Herder.
• Vir die sterrekundige is Hy die Blink Môrester.
• Vir die musikant is Hy die Soetste Melodie.
• Vir die kunstenaar is Hy die Lieflikheid self.
• Vir die treurende is Hy die Trooster.
• Vir die sagmoedige is Hy die Prins van Vrede.
• Vir die vermoeide is Hy die Een wat Rus gee.
• Vir die sondaar is Hy die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.
Vir elkeen van ons is Hy die Ewige Lewe!!

Monday, 16 June 2025

Gebed: ’n Ou Fransiskaanse seën

Mag die Here jou seën met ongemak oor maklike antwoorde,
halwe waarhede en oppervlakkige verhoudings
sodat jy uit die diepte van jou hart kan leef.

Mag die Here jou seën met woede oor onreg,
onderdrukking en die uitbuiting van mense
sodat jy kan werk vir geregtigheid, vryheid en vrede.

Mag die Here jou seën met trane om te stort vir mense
wat pyn, verwerping, honger en oorlog ervaar
sodat jy ’n hand kan uitreik en hulle pyn in blydskap verander.

En mag God jou seën met genoeg dwaasheid om te glo
dat jy ’n verskil in die wêreld kan maak
sodat jy dinge sal kan doen wat ander mense dink nie gedoen kan word nie.

Tuesday, 27 May 2025

Mandjie Hoop: Weet dat jou Verlosser leef

Mag jy nie teen jou omstandighede vaskyk nie,
maar opkyk en weet jou Verlosser leef.
Mag jy in God se waarheid staande bly
en deurdruk ten spyte van,
totdat Sy lig vir jou deurbreek.
Mag vertroue in jou Hemelse Vader
en die waarheid van Sy liefde
jou menswees oorneem
en vir jou vrede bring
in alles waardeur jy gaan.