Tuesday, 27 May 2025

Mandjie Hoop: Weet dat jou Verlosser leef

Mag jy nie teen jou omstandighede vaskyk nie,
maar opkyk en weet jou Verlosser leef.
Mag jy in God se waarheid staande bly
en deurdruk ten spyte van,
totdat Sy lig vir jou deurbreek.
Mag vertroue in jou Hemelse Vader
en die waarheid van Sy liefde
jou menswees oorneem
en vir jou vrede bring
in alles waardeur jy gaan.