.
Na die ete, was sy seun geensins skaam of in 'n verleentheid nie. Hy het hom so ongesiens as moontlik na die badkamer gevat, die broek en hemp netjies skoongemaak. Sy pa se hare gekam en sy bril weer perfek opgesit. Toe hulle uit die badkamer kom, het die hele restaurant in doodse stilte na hulle twee gestaar.
Stemme het gefluister: ''Hoe kon hy hom so verneder voor al die mense?''
''Ja, nogal in die openbaar.''
Die seun het die rekening betaal en uitgestap saam met sy pa.
Teen daardie tyd, het 'n ou man tussen die mense uitgeroep na die seun en gevra: "Jongman, dink jy nie jy het iets agtergelaat nie?"
Die seun antwoord: “Nee, Meneer, ek het nie.''
Die ou man antwoord: "Ja, jy het! Jy het 'n les vir elke seun, oud of jonk, agtergelaat en hoop vir elke vader wat vanaand in hierdie restaurant sit."
.
Gedagte: Maak nie saak hoe oud die seun se pa was nie, hy was nie skaam vir sy pa nie, hy het sy pa liefgehad soos altyd, want sy pa was nooit skaam vir hom nie. Jou ouers bly jou ouers. Maak nie saak hoe oud jou ma of pa is nie, jy moet altyd lief wees vir hulle, sonder om skaam te wees wat ander sal sê en dink. Jou pa bly jou pa, ongeag wat. Jou ma bly jou ma ongeag wat. So respekteer jou ouers, hulle is net aan ons geleen.
[Dankie vir die een wat dit aangestuur het.]