Showing posts with label Koring. Show all posts
Showing posts with label Koring. Show all posts

Thursday, 16 October 2025

Dink hieroor: Sien jy die koring ooit raak?

Baie jare terug daag daar 'n besoeker by die boer se skuur op. Die boer gee hom toe 'n sak en vra dat hy moet kyk wat in die sak is. Die besoeker sê toe dat daar kaf in die sak is. Só opsigtelik was die kaf vir hom, dat hy net dit raakgesien het. Só opsigtelik is ook die kaf in andere se lewens, maar ongelukkig word die hele sak koring misgekyk!

Is die kaf in andere se lewens nie dalk my toets nie? 

Saturday, 25 May 2024

Slaairesep: Koringslaai om te bottel

Benodigdhede:
500 ml rou stampkoring
sout en varsgemaalde swartpeper
2 groen soetrissies, ontpit en gekap (jy kan rooi en geel bysit vir kleur)
1 groot ui, fyn gekap
4 ryp tamaties, in klein blokkies gesny
150 ml sultanas (opsioneel)
1 klein pynappel, geskil en in blokkies gesny (opsioneel)

Slaaisous:
90 ml suiker
60 ml korrelmosterd
15 ml matige kerriepoeier
125 ml wit asyn
500 ml mayonnaise

Kook koring in 6 koppies water vir 30-40 minute tot sag.
Dreineer deeglik, spoel met koue water af, sit die knippie sout by en roer goed deur.
Laat afkoel.

Braai ui, tamaties, soetrissies en pynappel liggies.
Voeg koring en sultanas by.
Voeg al die bestanddele vir die sous by en geur na smaak.
Voeg die koringmengsel by die sous en kook net tot deurwarm.
Bottel warm en verseël dadelik.
​Draai bottels op hulle proppe tot koud om goed vas te suig.

Wenk:
Vervang die koring met bruin lensies vir 'n heerlike variasie op die tema.

[Dankie, Estelle, vir die instuur van die resep]