Showing posts with label Eksamengebed. Show all posts
Showing posts with label Eksamengebed. Show all posts

Tuesday, 9 June 2026

Gebed: Vir al die leerders wat eksamen skryf

Die Here is my lewens-mentor, ek kom niks kort nie.
Hy laat my rus te midde van eksamenstres,
Hy bring my by ‘n plek van innerlike vrede,
Hy gee my nuwe krag.
Hy lei my terwyl ek leer
tot die eer van sy Naam.
Selfs al bekommer ek my dood oor eksamens en uitslae,
sal ek nie bang wees nie,
want U is by my.
In u hande is ek veilig.
U gee vir my hoop én ‘n toekoms
– Veel meer as wat ek verdien!
U ontvang my soos ‘n beste vriend:
ek word oorlaai met vriendelikheid en geskenke!
U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly
en ek sal tuis wees in die Here se teenwoordigheid
elke oomblik van my lewe.

[Aangepas uit Psalm 23 deur Anriëtte de Ridder]

Monday, 21 October 2024

Matriekgebed

Ek staan op die brug, Heer, tussen gister en môre.
Nou!
Tussen kindwees en grootwees is ek nou.
En ek weet: nog nooit het ek soveel geweet nie - 
Of so min.
Nog nooit was ek so groot nie -
En so klein.
Nog nooit was ek so honger vir die lewe -
Of so bang nie.
As juis nou ...
Here, wees U by my, langs my oor hierdie brug,
Want sonder U, Here, wil ek omdraai en vlug!
Here, help my om gister suksesvol af te sluit;
Help my om myself vir môre te slyp.
Help my fokus, Heer, help my lees.
Gee my moed en insig en krag
Vir elke vraestel ... elke eksamendag.
En in elke vak wat ek studeer, o Heer,
Laat my opnuut die wonder van U aarde, U skepping sien - 
Die Hand van die Almagtige God wat ek dien.
Maak my rustig Heer, kalm en stil;
Hou spanning en angs weg van my.
Laat my hand in U s'n bly.
Bid daarvoor in die Naam van ons Here Jesus Christus.
Amen.

[Bron: Internet]

Friday, 18 October 2024

Matrieks, die laaste hekkie van julle skoolloopbaan

Liewe Matriek

Mag die genade en die liefde van die Here soos dou op jou en jou geliefdes kom lê.

Mag daar 'n mantel op jou skouers val wat 'n teken sal wees van God se ingrype, seën en voorsiening.

Ek seën jou met 'n seën wat sal vul waar dit leeg is, wat sal herstel waar gebrokenheid is, wat sal heel wat stukkend is, wat sal oorvloei waar daar tekort is.

Mag die Here vir jou gee die begeertes van jou hart.

Die Here seën jou!
Ja, die Here seën jou.

Sterkte met die matriekeksamen. 

Ons allerbeste wense vergesel julle op hierdie laaste skof van julle skoolloopbaan. Leer hard, slaap genoeg, vertrou en kyk voortdurend op na waar jou kalmte en hulp vandaan kom. 

Mag al julle drome waar word en mag julle toekomspaaie vol vreugde en vol van Jesus se genade wees.

Klik op die boekmerk vir 'n duideliker beeld.  

[Bron van verskeie boekmerke HIER. Besoek gerus die kreatiewe webwerf.]

Monday, 9 November 2020

Eksamengebed

(Verwerking van Ps. 23)

Die Here is my herder
waarvoor sal ek bang wees?
Hy laat my die eksamenkamer
rustig binnegaan.

Hy verlig my verstand
Hy lei my in die kennis van geleerdheid
om Sy Naams ontwil.

Al kyk ek na die vraestel
en die vrae is moeilik
sal ek kalm bly,
want Hy is met my.

Die goedheid van my onderwysers
en wat hulle my geleer het,
sal vrug dra en ek sal leef
om Sy naam te loof
tot in ewigheid.

[Onbekend]

Vir elkeen wat bekommerd en bang is vir 2020 se eksamens na 'n spannende jaar.

Wednesday, 23 October 2019

Eksamengebed

Sterkte aan al ons matrieks wat vandag met eksamen begin.

Thursday, 1 November 2018

Sunday, 30 October 2016

Gebed vir matrieks...

Ek staan op die brug, Heer, 
tussen gister en môre... nou -
Tussen kindwees en grootwees is ek nou.
En ek weet -
Nog nooit het ek soveel geweet nie,
of so min...
Nog nooit was ek so groot nie,
en so klein -
Nog nooit was ek so honger vir die lewe,
of so bang, as juis nou.
Here, wees U by my,
langs my,
oor hierdie brug -
Want sonder U Here, wil ek omdraai en vlug!
Here, help my om gister suksesvol af te sluit,
Help my om myself vir môre te slyp.
Help my fokus, Heer,
help my lees -
Gee my moed en insig en krag vir elke vraestel,
elke eksamendag.
In elke vak wat ek studeer, o Heer -
Laat my opnuut die wonder van U aarde,
U skepping sien -
Die hand van die Almagtige God wat ek dien.
Maak my rustig, Heer,
kalm en stil -
Hou spanning en angs weg van my.
Laat my hand in U s`n bly.
Ek bid daarvoor in die naam van ons Here Jesus Christus.
AMEN