Showing posts with label Tertresep. Show all posts
Showing posts with label Tertresep. Show all posts

Friday, 8 December 2023

Tert vir die naweek: Pynappel-malvatert

Benodigdhede:
1 pakkie tennisbeskuitjies
1 x 410 g blik kondensmelk
125 ml suurlemoensap
20 x malvalekkers in stukkies gesny of 1 pak mini-malvalekkers
10 x glanskersies in kwarte gesny
1 x 410 g blik pynappelstukke gedreineer en sny verder in stukkies 
1 x 250 ml room
2t vanieljegeursel

Metode:
Pak tennisbeskuitjies onder in gesmeerde tertbak.
Meng kondensmelk en suurlemoensap goed.
Voeg malvalekkers, kersies en pynappel by mengsel.
Klop room styf met vanieljegeursel.
Vou room in kondensmelkmengsel .
Gooi mengsel oor die tennisbeskuitjies.
Krummel 2 beskuitjies bo-oor tert.
Sit vir 1-2 uur in yskas.

Friday, 1 December 2023

Tert vir die naweek: Grenadella yskastert

Benodigdhede:
1 blik (410 g) ingedampte melk, verkoel oornag
125 ml (½ k) strooisuiker
1 blikkie (110 g) grenadellamoes
1 boks jellie, suurlemoengeur
250 ml (1 k) kookwater
2 pakkies (200 g elk) Tennisbeskuitjies
grenadellamoes of suurlemoenskyfies vir versiering

Metode:
Klits koue melk en voeg strooisuiker stadig by.
Voeg grenadellamoes by en meng goed.
Meng die jellie met kookwater, roer tot opgelos.
Laat afkoel.
Roer jellie in by die melkmengsel.
Pak ’n laag Tennisbeskuitjies in ’n groot bak en giet van die melkmengsel oor.
Herhaal die lae en eindig met die melkmengsel.
Verkoel totdat dit goed gestoel is.
Sit dun gesnyde skyfies suurlemoen bo-op tert voor opdiening.

Friday, 24 November 2023

Tertvir die naweek: Pynappelyskastert


Benodigdhede:
1 pakkie Tennisbeskuitjies
1 blik fyn pynappel
1 pakkie suurlemoenjellie
200ml kookwater
1 blik kondensmelk
1 houer maaskaas
1 houer room

Metode:
Maak jellie aan met 200ml kookwater
Gooi oorblywende bestanddele bymekaar (behalwe room) en meng
Gooi op koekies wat uitgepak is in medium tertbak
Laat stol in yskas
Klits room styf en sit op net voordat jy bedien

Friday, 17 November 2023

Yskastert vir die naweek: Karamel-sjokolade tert

Benodigdhede
:
1 pakkie Romany koekies
2E gesmelte botter
1t karamelgeursel
1 blik karamelkondensmelk
200 g sjokolade
180 ml room
40 g botter

Metode:
Maak 1 pakkie Romany koekies fyn.
Meng koekies met 2E gesmelte botter en 1t karamelgeursel en druk vas in tertbak.
 
Vulsel:
Roer 1 blik karamelkondensmelk tot glad en skep bo-op tertkors.
Smelt saam: 200 g sjokolade, gekap, 180 ml room en 40 g botter in glasbak bo-oor warm water tot gesmelt.
Roer tot glad.
Skep bo-oor karamelkondensmelk.
Sit in yskas vir 4 ure voor bedien.
Jy kan roomrosies bo-op spuit of 'n flake krummel of van die gekrummelde Romany koekies bo-oor strooi.

Friday, 10 November 2023

Jogurttert vir die naweek

Die maklikste en vinnigste tert ooit.

Benodigdhede:
1 liter joghurt (geur van jou keuse)
1 blikkie kondensmelk
1 pakkie tennisbeskuitjies (of ander van jou keuse) 

Metode:
1 pakkie tennisbeskuitjies fyngemaak - druk in glas oondbak.
(botter is nie nodig nie)
Meng joghurt en kondensmelk saam.

Giet joghurtmengsel bo-oor.
Sit dit vir 6 minute in die mikogolfoond op hoog.
Laat dit afkoel en geniet dit! 

Friday, 3 November 2023

Peertert vir die naweek

Benodigdhede
:
1 rolkoek (in skywe gesny)
1 blik kondensmelk
125ml suurlemoensap
415g blik pere (dreineer en druk fyn)
Orley whip of 250ml vars room (styf geklop)
1 milky bar wit sjokolade gerasper

Metode:
Pak rolkoek onder in bak. 
Klop kondensmelk en suurlemoensap saam tot dik.
Smeer oor skywe, pak dan pere en dan room.
Rasper milky bar bo-oor en sit in yskas.

Friday, 27 October 2023

Jogurttert vir die naweek

Benodigdhede
:
1 pak tennisbeskuitjies
30 ml botter - gesmelt
1 pak jelliepoeier (perske/pynappel/aarbei)
125ml kook water
1 blik kondensmelk
2 telepels gelatien (opgelos in warm water)
750ml gegeurde yoghurt (perske/pynappel/aarbei)
Belangrik: Sorg dat geur van jellie en yogurt dieselfde is.
250 ml room (styf geklits met bietjie suurlemoen)
60 ml suurlemoensap

Metode:
Kors: Breek tennisbeskuitjies en meng met gesmelte botter
Pak onderin 'n gesmeerde bak  
Vulsel: Los jellie in kookwater op
Roer kondensmelk en yogurt by
(Jelly hoef nie af te koel nie)
Voeg nou opgeloste gelatien by
Vou laastens die room in
Gooi vulsel in die kors en laat in yskas stol

Friday, 20 October 2023

Grenadella-yskastert vir die naweek

Benodigdhede
: (groot tert)
2 pakkies Tennisbeskuitjies
1 blik (410 g) ingedampte melk, oornag verkoel
125 ml (½ koppie) strooisuiker
1 blikkie (110 g) grenadellamoes
1 pakkie jellie (suurlemoengeur)
250 ml (1 k) kookwater
Suurlemoenskyfies (opsioneel)

Metode:
Klits die koue ingedampte melk
Voeg die suiker stadig by
Voeg die grenadellamoes by en meng
Meng die jellie en kookwater, roer tot opgelos
Laat afkoel, maar moenie dat dit stol nie.
Roer in by die melkmengsel.
Pak ’n laag Tennisbeskuitjies in ’n groot gesmeerde bak
Gooi van die melkmengsel oor
Herhaal die lae en eindig met die melkmengsel
Verkoel 3-4 ure
Sit voor met ekstra grenadellamoes of dun suurlemoenskyfies

Friday, 13 October 2023

Aarbeitert vir die naweek

Benodigdhede
:
1 pakkie tennisbeskuitjies/1 pakkie Nuticrust-koekies
30 ml botter - gesmelt
2 pakkies aarbeijellie
1 koppie kookwater
1 koppie kouewater
1 liter aarbeiyogurt
1 blik kondensmelk

Metode:
Maak 2 pakkies aarbeijellie aan met een koppie kookwater en 1 koppie kouewater
Meng 1 liter aarbeiyogurt daarby in saam met 1 blikkie kondensmelk. 
Maak tennisbeskuitjies fyn
Meng met gesmelte botter
Maak 'n kors van tennisbeskuitjies in gesmeerde bak
Gooi vulsel in die kors 
Sit in yskas tot gestol

[Dankie, Elmari, vir die heerlike resep]

Friday, 6 October 2023

Gewone vinnige yskastert vir die naweek

Benodigdhede
:
2 blikke kondensmelk
2 blikke Neslé-room
2 gewone maaskaas-houers
250 ml suurlemoensap
1 pak tennisbeskuitjies

Metode:
Meng kondensmelk, room, maaskaas en suurlemoensap saam
Pak laag tennisbeskuitjies in gesmeerde bak
Skep mengsel op tennisbeskuitjies.
Herhaal lae

Friday, 29 September 2023

Karamelsjokolade-tert vir die naweek

Benodigdhede
:
1 pakkie Choc Crust/Romany Creams 
2E gesmelte botter
1 teelepel karamelgeursel
1 blik karamel kondensmelk
200 gr sjokolade
180 ml room
40 gr botter

Metode
Maak 1 pakkie Choc Crust/Romany koekies fyn
Meng dit met 2E gesmelte botter en 1t karamelgeursel
Druk vas in tertbak

Vulsel:
Roer 1 blik karamelkondensmelk tot glad en skep bo-op tertkors
Smelt saam: 200 gr sjokolade - gekap, 180 ml room en 40 g botter in glasbak bo-oor warm water tot gesmelt
Roer tot glad
Skep bo-oor karamelkondensmelk
Sit in yskas vir ongeveer 4 ure voor bedien
Spuit roomrosies bo-op/strooi sjokoladekrummels bo-oor (opsioneel)

Friday, 22 September 2023

Anne se appelkoos-yskastert vir die naweek

Benodigdhede (Groot tert)

Kors:

1 pakkie tennis- /gemmerbeskuitjies, fyn gekrummel
30 ml botter - gesmelt

Vulsel:

60 ml suurlemoensap
1 x 385 g-blikkie kondensmelk
1 x 250 g-houer gewone, gladde maaskaas
250 ml room, styf geklop
15 ml gelatien, opgelos in ’n halwe koppie kookwater
Bolaag:
1 klein blikkie ingemaakte appelkose
1 pakkie perskejellie

Metode - kors:
Meng die koekiekrummels met botter en druk in ’n gesmeerde tertbord.
Metode - vulsel:
Klits die suurlemoensap in die kondensmelk
Voeg die maaskaas by en vou daarna die room by
Meng goed
Smelt die gelatien
Roer die gesmelte gelatien by die roommengsel in
Skep mengsel in die kors
Laat stol vir sowat 1-2 uur in yskas
Metode - bolaag:
Maak die jellie aan met 1 koppie kookwater
Voeg die sap van appelkose by
Sodra die tert gestol is, pak die appelkose bo-op met die ronde kante na bo
Skep van die jelliemengsel oor die appelkose - soveel as wat die tertbord kan neem

Friday, 15 September 2023

Koejawelyskastert vir die naweek

Benodigdhede
:

1 blik kondensmelk
1/2 k suurlemoensap
1 houer smooth cottage cheese
1 swissrol
1 groot blik koejawels
3-4 t vlapoeier
1/2 k water

Metode:
1 blik kondensmelk geklits met 1/2 k suurlemoensap
Meng 1 houer smooth cottage cheese in tot glad
Gebruik 1 swissrol vir kors - sny dun skywe en pak onder in gesmeerde bak
Sit kaasmengsel bo-op
Sit koejawelstukke bo-op mengsel
Vat koejawelstroop - verhit en roer by 3-4 t vlapoeier aangemaak met 1/2 k water by sous om te verdik Laat afkoel en gooi egalig oor koejawels
Sit in yskas om te stol

Friday, 8 September 2023

Maklike vinnige jellietert vir die naweek

Benodigdhede
:

Kors:
200g Tennisbeskuitjies
90g botter

Vulsel:
1 pakkie suurlemoenjellie
'n halwe koppie kookwater
1 blikkie ingedampte melk
1 eetlepel strooisuiker

Metode:
Breek die koekies fyn en voeg botter by 
Smeer die bak en druk koekies stewig vas

Meng jellie en kookwater en plaas eenkant dat dit kan afkoel
Klits met 'n elektriese klitser in 'n aparte bak strooisuiker en ingedampte melk saam 
Sodra mengsel lekker lig is, voeg jelliemengsel by, klein bietjies op 'n slag terwyl jy nog klits
Skep mengsel bo-op kors
Plaas in yskas vir ongeveer 4 ure

Friday, 1 September 2023

Freda se pynappeltert vir die naweek

Benodigdhede (Groot tert)
1 blik Idealmelk
1 blik kondensmelk
1 groot blik fyn pynappel
2 pakkies pynappeljellie
2 pakkies Tennisbeskuitjies

Metode
1. Sit die kondensmelk en Idealmelk die dag vantevore in die yskas.
2. Klits Idealmelk styf.
3. Maak jellie aan met 1 koppie kookwater.
4. Laat die jellie koud word en gooi die kondensmelk by die jellie en meng.
5. Gooi pynappelmoes by.
6. Meng alles met styfgeklitste idealmelk.
7. Pak boom van tertbak met beskuitjies. Gooi die helfte van mengsel in. Pak weer beskuitjies, gooi die res van mengsel oor. Krummel beskuitjies bo-oor. Sit in yskas om te stol.

(Dankie, Freda du Plessis van Bloemfontein, vir die heerlike tertresep)

Friday, 25 August 2023

Peppermint Crisp tert vir die naweek

Bestanddele:
1 pakkie tennisbeskuitjies  
1 blikkie gekookte (karamel) kondensmelk
1 boksie Orley Whip
1 blok peppermint crisp 100g

Metode:
Smeer die beskuitjies met kondensmelk.
Plaas 'n laag van die gesmeerde beskuitjies in 'n diep vierkantige bak.
Klits die Orley Whip styf en gooi 'n laag daarvan oor die beskuitjies.
Sprinkel van die gerasperde sjokolade oor.
Herhaal totdat al die bestanddele klaar is.
Plaas in die yskas vir 12-24 uur voor opdiening

['n Uitstekende manier om die week af te sluit en die die naweek te begin. Dankie, Karin, vir die hierdie maklike resep. Stuur 'n foto van jou eindresultaat.]