Friday 13 October 2023

Aarbeitert vir die naweek

Benodigdhede
:
1 pakkie tennisbeskuitjies/1 pakkie Nuticrust-koekies
30 ml botter - gesmelt
2 pakkies aarbeijellie
1 koppie kookwater
1 koppie kouewater
1 liter aarbeiyogurt
1 blik kondensmelk

Metode:
Maak 2 pakkies aarbeijellie aan met een koppie kookwater en 1 koppie kouewater
Meng 1 liter aarbeiyogurt daarby in saam met 1 blikkie kondensmelk. 
Maak tennisbeskuitjies fyn
Meng met gesmelte botter
Maak 'n kors van tennisbeskuitjies in gesmeerde bak
Gooi vulsel in die kors 
Sit in yskas tot gestol

[Dankie, Elmari, vir die heerlike resep]