Sunday 22 October 2023

Dankie, Hemelse Vader ...

Sê daagliks dankie vir die geskenke wat jy uit God se hand ontvang het. Sif deur die dag se gebeure, en haal die geskenke een vir een uit.

  • Sê dankie vir God se liefde, daar waar jy liefdevol was en liefde ontvang het.
  • Sê dankie vir God se onfeilbare liefde en vergifnis en vra Hom vergifnis daar waar jy die dag minder liefdevol was. Hoor hoe God vir jou sê: “Ek weet dit, Ek was daar. Jy word vergewe, want Ek is lief vir jou.”
  • Sê dankie vir die opstandingskrag wat jou in staat gestel het om uit ’n moeilike situasie “op te staan”. 
  • Kyk saam met Christus vooruit na die volgende 24 uur en vra vir Hom om van jou ’n helder vertoonvenster vir Hom te maak.
Vader, baie dankie vir die klein dingetjies wat ons so onverdiend uit U vaderhand ontvang. Dankie vir die wyse woorde, die kringe van familie en vriende. Die samesyn van gelowiges en die wete dat U alles uniek saambind. Dankie vir al ons onvoorwaardelike liefde en vergifnis nog voor ons kon vra. Ons dien ‘n wonderlike Vader. Amen.