Showing posts with label Vriende. Show all posts
Showing posts with label Vriende. Show all posts

Thursday, 29 January 2026

Dink hieroor: Soos jy saai - sal jy maai

Dit is raar maar waar,
Diegene van wie jy nie hou nie,
vind jou ook naar.
Die rede hiervoor is duister.
Nogmaals besef jy dat wanneer jy suur is
en die lewe jou teister
Is vriende skaars en moeilik te vinde.
Wanneer jy kwaad is en vir almal kwel
wens hulle jy bly stil en gaan na die h*l.
Maar as jy glimlag en 'n ander deuntjie sing
Vergader vriende vir die geluk wat jy hul bring
Dit is dus raar maar waar
Diegene van wie jy hou, hou ook van jou!

[Dankie, Janeanne)

Tuesday, 20 January 2026

Mandjie Hoop: Hier is 'n pleister vir jou hart

Mag jy altyd  ...
... genoeg GEDULD hê om jou dierbaar te maak.
... genoeg VERDRIET hê om jou menslik te maak.
... genoeg HOOP hê om jou gelukkig te maak.
... genoeg TERUGSLAE hê om jou nederig te maak.
... genoeg VRIENDE hê om jou te troos.
... genoeg VERDIENSTE hê om jou gemaklik te laat lewe.
... genoeg GEESDRIF hê om jou na die dag van more te laat uitsien.
... genoeg GELOOF om jou swartgalligheid af te weer.
... genoeg WILSKRAG om elke dag ′n beter dag as gister te maak.

Friday, 4 April 2025

Goeie wense: Lewensvreugdes

Ek wens jou die vreugde van ...

* 'n Onverwagte bos blomme.
* Die reuk van reën op 'n versengende dag.
* 'n Spinnerak vol vroeë oggenddou.
* 'n Skat tussen die rommel by die vlooimark.
* 'n Heerlike lang gesels e-pos.
* Die blomparfuum van 'n yesterday today & tomorrow.
* Sonneblomlande langs die pad.    
* 'n Onverwagse aflewering van 'n verrassingspakkie.

Thursday, 27 March 2025

Dink hieroor: Kwaliteite van 'n ware vriend

Mag jy 'n ware vriend ontmoet wat ...
* vrylik praat
* regverdig adviseur 
* geredelik onderskraag
* onverskrokke onderneem
* dapper verdedig
* geduldig is en
* nie verander nie

Tuesday, 25 March 2025

Mandjie Hoop:

Waardeer jou lewe,
Waardeer jou gesondheid,
Waardeer jou geliefdes,
Waardeer jou vriende,
want al hierdie dinge wat
geld nie kan koop nie,
wys jou waar jou ware
rykdom is.
[Dankie,Ena]  

Thursday, 10 October 2024

Dink hieroor: Die waarde van vriendskap


'n Klip is genoeg om ‘n glas te breek.
Een sinnetjie is genoeg om ‘n hart te breek.
Een sekonde is genoeg om verlief te raak.
Maar een misverstand is genoeg om ‘n vriendskap te breek.
Vriendskap is ‘n pragtige reënboog tussen twee harte.
Maak seker jy werk altyd aan goeie vriendskap.
Goeie vriendskap is skaars.
Goeie vriende vergewe.
Goeie vriende help graag.
Goeie vriende is altyd daar in reën en in sonskyn.
ONTHOU VRIENDSKAP IS 'N GESKENK VAN GOD!

Tuesday, 10 September 2024

My plekkie in Sy hemelhuis

Om ouer te word is nie maklik nie. 

Jy is soveel meer broos en kwesbaar as jonger mense. Jy mis familie en vriende wat nie meer daar is nie, sommige in ouetehuise en ander reeds na die Vaderhuis. Daar is so baie wat jy nog wou doen, maar die krag, energie en tyd ontbreek - want jy word al meer bewus dat jou jare vorentoe nie meer so baie is soos “agtertoe” in die verlede nie. 

Jou liggaam raak broser en jou hart kwesbaarder. 

Talle goedjies begin pla, soos jou balans wat nie meer is soos wat dit behoort te wees nie. Jou visie en gehoor wat al hoe meer en meer verswak. Al hoe meer medisyne kom by jou medisynelysie en jou eersehulptassie word vol goedjies wat belowe om jou energie te gee. Jy raak meer bewus van jou alleenheid - en vir sommige mense van hul eensaamheid. Jy word nie meer na plekke saamgenooi nie en jy vra ook nie self nie, omdat jy dalk al een of twee keer afgejak is. 

Dis nie meer vir jou so lekker om in jonger groepe geselskappe te wees nie, want jy word al meer bewus dat mense in die geselskap verby jou of bo-oor jou kyk - jy is maar net daar, maar nie deel van die geselskap nie. Daar word vir iemand anders in die geselskap gevra hoe dit met jou gaan, in plaas daarvan om direk die vraag aan jou te vra. Wanneer jy by ‘n geselligheid is, kry almal soms geskenkies - maar die jonger garde vergeet of dink nie dis nodig dat jy ook enetjie kry nie. 

Trane vloei soveel makliker - trane van vreugde, verlange of hartseer, maar sakdoekies daarvoor is nie nodig nie, want die Heer vee dit self af  - wanneer Hy afbuk na jou en sy arms om jou vou en in die mooiste woorde verseker van Sy Ewige Liefde vir jou. En wanneer Hy saggies uit Sy Woord met jou praat en jou vertel dat Hy 'n plekkie gereed kry vir jou in Sy Hemelhuis, weet jy dat jy niks meer nodig het as hierdie Vader van jou nie! 

En nuwe lewensenergie soos ‘n vars waterval bruis skielik in jou en jy weet jy móét vir ander híérdie storie van jou en jou Hemelvader vertel!  

[Dankie, Valerie!]

Wednesday, 21 August 2024

Dink hieroor: Die 10 gebooie wat 'n mens in jou lewe behoort te volg

1) 'n Gebed is nie soos 'n "spaarwiel" wat 'n mens slegs gebruik wanneer jy in die moeilikheid is nie; dit is jou "stuurwiel" wat jou deur jou lewe in die rigting op die regte pad stuur.
 
2) Het jy al gedink hoekom 'n voertuig so 'n groot WINDSKERM het en slegs 'n klein truspieëltjie? Omdat jou VERLEDE nie so belangrik soos jou TOEKOMS is nie. So, kyk vorentoe en beweeg aan.
 
3) Vriendskap is soos 'n BOEK. Dit neem 'n paar sekondes om 'n boek te verbrand, maar dit neem jare om dit te skryf.
 
4) Alle dinge in die lewe is TYDELIK. Wanneer dit goed gaan, geniet dit. Dit gaan nie vir ewig aanhou nie. Wanneer dit sleg gaan, moenie bekommer wees nie, want dit sal ook nie vir ewig aanhou nie.
 
5) Ou vriende is soos GOUD! Nuwe vriende is diamante! Wanneer jy 'n diamant kry, moenie die goud vergeet nie! Diamante word in goud geset.
 
6) Soms wanneer 'n mens hoop verloor, dink jy dat dit die einde is, GOD glimlag dan daar Bo en sê: "Kalmeer, my geliefde kind, dis slegs 'n draai in die pad en nie die einde van die pad nie!"
 
7) Wanneer GOD jou probleme oplos, het jy geloof in sy bekwame vermoë; wanneer GOD nie jou probleme oplos nie het HY vertroue in jou bekwaamheid.
 
8) 'n Blinde vra op 'n dag vir Paulus: "Is daar iets erger as om jou sig te verloor?" Paulus antwoord: "Ja, om jou visie in die lewe te verloor."
 
9) Wanneer jy vir ander bid, luister GOD na jou en seën hulle! Soms wanneer jy veilig en gelukkig is, onthou dat iemand anders vir jou gebid het.
 
10) Bekommernisse neem nie die moeilikhede van môre weg nie; dit neem die vrede van vandag weg.

[Dankie, Anoniem, vir hierdie gedagtes.]

Thursday, 15 August 2024

Die mooiste glimlag ...

Die mooiste glimlag verberg die grootste hartseer;
Die sagmoedigiste mense is al die ergste verneder;
Die mooiste oë het al emmers trane gestort;
Die warmste harte het al die meeste pyn gevoel;
Die stilste mense het die diepste geheime;
Die wat die gouste oordeel het die meeste geraamtes;
Die hardste lag verberg die minste selfvertroue;
Die mooiste liefde is nie selfsugtig nie;
Die mooiste sprokie is die een in jou drome;
Die beste plek om te wees is in iemand se hart;
Die gelukkigste mense is die dankbaarste;
Die beste dokters is mammas;
Die diepste plooie vertel die mooiste stories;
Die lekkerste gevoel is om verlief te wees;
Die mooiste woorde is "Ek is lief vir jou";
Die beste dinge in die lewe is gratis;
Die beste pad is die een waar jy die meeste geleer het;
Die edelste mense het die swaarste pad geloop;
Die diepste siele het op die hardste manier geleer;
Die meeste aanmoediging kom van jou beste vriende;
Die waardevolste lesse word geleer deur ons grootste seer;
Die wonderlikste geskenk is die. geskenk van Lewe;
Die onmoontlikste dinge is moontlik as ons glo;
Die grootste waarborg kry ons in ons geloof!

Tuesday, 10 October 2023

Duisend dankies, Dutoitspanners


Die funksies en aktiwiteite wat die kerk aangebied het, het so vinnig gekom en gegaan. Almal het só uitgesien daarna en nou is die blokkies afgemerk en snel die jaar ten einde. Ons dink aan die onlangse lentefunksie, die mandjiedans en ook ds. Ensie se uitreik na Malawi. Pragtige blomruikers, mooi gedekte tafels en heerlike eetgoed/etes was aan die orde van die dag. Gesindhede en die goeie samesyn was die gom wat van elke aktiwiteit 'n wenner gemaak het.

'n Groot dankie aan elkeen wat ongesiens en ongevraagd die ekstra myl geloop het om van die onderskeie funksies 'n sukses te maak.
 .  
Die kerk bid dat die saad wat in Malawi gesaai is, vrugte sal dra. Alle dank aan ons Hemelse Vader wat ons, Sy kerk, so ryklik seën, bewaar en behou.

Sunday, 7 May 2023

Die Geheim

Eendag vra die een vriend vir die ander:
"Hoe is dit moontlik dat jy altyd so gelukkig is?
Jy het soveel energie,
En ek het jou nog nooit af of moeg gesien nie ... "
Met 'n glimlag in sy oë sê hy:
"Ek ken die geheim!"
"Wat se geheim is dit?"
Hy antwoord:
"Ek sal jou alles van die geheim vertel,
Maar jy moet my belowe,
Dat jy die geheim met almal sal deel."
Na instemming sê hy: 
"Die geheim is dat ek het geleer dat daar min in my lewe is
wat ek kan doen om myself werklik gelukkig te maak.
Ek moet op God vertrou om my
gelukkig te maak en te voorsien in my behoeftes.
Wanneer 'n behoefte in my lewe ontstaan,
moet ek op God vertrou om daarin te voorsien ...
Ooreenkomstig Sy besluit.
Ek het geleer dat die meeste van die tyd
het ek nie die helfte nodig van dit wat ek wil hê nie.
Hy het my nog nooit teleurgestel nie.
Vandat ek hierdie geheim geleer het, is ek gelukkig."
Die vriend se eerste gedagte was:
"Dit is te simpel en te eenvoudig!"
Maar nadat hy sy eie lewe oordink het,
besef hy, hy het gedink 'n groter huis sal hom gelukkiger maak, maar nee, dit het nie!
'n Meer betalende werk sal hom gelukkiger maak, maar dit het nie.
Wanneer het hy besef was hy op sy gelukkigste?
Toe hy saam met sy kinders en nou saam met sy kleinkinders op die mat gesit het,
en speletjies gespeel, pizza geëet en vir hulle 'n storie gelees het.
'n Geskenk van God.
Nou weet jy dit ook!
Mens kan nie op mense vertrou om jou gelukkig te maak nie.
GOD en Sy wysheid alleen kan dit doen.
Vertrou op Hom!
Hierdie geheim word nou met elke leser gedeel.