Showing posts with label Ensie Enslin. Show all posts
Showing posts with label Ensie Enslin. Show all posts

Sunday, 23 November 2025

Hulp benodig! Kan jy dalk help??

Kimberley SA - Ons benodig 'n baie groot tent vir ons
 Bybelskool 1-5 Desember 2025 by NG Dutoitspan. 
Enige hulp/raad?
Kontak ds. Ensie Enslin by: 079 522 9680
DANKIE!

Monday, 10 November 2025

Hulp DRINGEND benodig! Kan jy dalk help??

Kimberley SA - Ons benodig 'n baie groot tent vir ons Bybelskool  
1-5 Desember 2025 by NG Dutoitspan. 
Enige hulp/raad? 
Kontak ds. Ensie Enslin by: 079 522 9680
By voorbaat baie DANKIE!

Monday, 3 November 2025

Hulp benodig! Kan jy dalk help??


Kimberley SA - Ons benodig 'n baie groot tent vir ons Bybelskool 1-5 Desember 2025 by NG Dutoitspan. 
Enige hulp/raad? 
Kontak ds. Ensie Enslin by: 079 522 9680
BAIE DANKIE!

Sunday, 26 October 2025

Hulp benodig! Kan jy dalk help??


Kimberley SA - Ons benodig 'n baie groot tent vir ons Bybelskool 1-5 Desember 2025 by NG Dutoitspan. Enige hulp/raad? 
Kontak ds. Ensie Enslin by: 079 522 9680
DANKIE!

Thursday, 25 September 2025

Verjaardagwense

Ds. Ensie, mag die vrede van ons Hemelse Vader
altyd met jou wees.
Mag genade jou omvou.
Mag seën op jou rus
en wysheid jou lei.
Mag Sy liefde opnuut
nesskop in jou hart.

Mag hierdie spesiale dag  gevul wees met vreugde, vrede en oorvloedige seëninge.
Dankie vir jou onbaatsugtige diens en toewyding. 
Mag God jou nog vele jare van krag en wysheid skenk!

Sunday, 25 August 2024

Soli Deo Gloria!


Ds Ray Goddess is sharing God's Word this morning at NG Dutoitspan, Kimberley. After the service there will be time for prayer for healing. Soli Deo Gloria!!!

Photos: Ds. Ensie Enslin

Thursday, 8 June 2023

Nagmaal by Sally Aucamp


Die Nagmaal is ‘n fisiese teken wat ons herinner aan God se ewigdurende, onvoorwaardelike liefde vir ons. Wanneer ons die brood eet en wyn/sap drink, herinner dit ons dat Christus Sy liggaam (brood) en Sy bloed (wyn/sap) gegee het sodat ALMAL vergewe kan word en ALMAL mag deel in Sy liefde. Dis ‘n geleentheid waar ons vir ‘n oomblik nadink oor Sy lyding, maar dit is ook ‘n fees wat ons vier saam met ander, juis sodat ons kan onthou dat Jesus ons almal liefhet en dat ons mekaar ook só moet liefhê.

Ds. Ensie van Dutoitspan

Seën vir jou, Vincent!

Seën vir jou, Bobo!

Seën vir jou, Jan!

Seën vir jou, Nella!

Seën vir jou, Thuso!

Seën vir jou, Eddie!

Seën vir jou, Allen! 

Seën vir jou, Danie!

Seën vir jou, Antoinette!

Die HERE sal jou seën en jou behoed; die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.

NÚMERI 6:24-26 AFR53


Foto's en inligting: Rina Groenewald

Saturday, 7 November 2020

Lewensles

Hierdie boom staan steeds regop nadat die wind, weer, water en storms die sand onder hom weggekalwe het ... omdat sy wortels diep in die grond as fondasie vasgeanker is ... 


Wat is die fondasie waarop jou lewe gebou is? Hoe diep en stewig is jou geloofswortels in God, Sy Woord, Liefde en trou, vasgeanker? Sal jy kan staande bly ondanks die lewenstorms wat op pad is?... 

Maak nou seker ... Maak nou reg!...

Monday, 3 June 2019

Evangelie-kleurekursus 8 Mei 2019

Foto's: Elsa Minne

Nog foto's hier.

Aanbieder: Ds. Ensie Enslin



Thursday, 2 May 2019

Duidelike reëls neergelê vir Saterdag se pretdag!

Ds. Ensie: "Onthou asb. net die reëls. Enige kosse moet vooraf getoets word - net vir die  kinders se veiligheid ... En jy kan mos nie die regter in jou eie saak wees nie, dus is ek meer as bereid om hierdie moeilike & moontlik gevaarlike rol te vervul ..."

Hierdie is 'n herder wat werklik die ekstra myl in alle omstandighede loop - en dit het natuurlik niks met 'n moontlike soettand te doen nie.

Na wat verneem word, is daar op werkersdag geswoeg en sweet voor oonde en stowe! 990 mini-choc chips en 520 mini-romany creams is onder andere gebak ... Dit sal beslis op post-werkersdag verpak moet word, want die pretdag is 'n oogknip weg!!

Verder is daar ook allerlei verpakkings wat gedoen is vir die handwerktafel waar kinders self geskenkies vir Moeders- en Vadersdag sal kan maak. 'n Geskenkie waaraan tyd spandeer is en wat met liefde gemaak is, is mos ekstra spesiaal. 'n Hele klomp pretdagwerkers is besig om die laaste dinge te reël om van hierdie eerste poging 'n sukses te maak.